Tag Archives | Seth Godin

Waar kry jy die meeste vis?

Andrew, my energieke koerantverkopervriend, vra my nou die dag: Wa kry djy die meeste vis, laanie?

Onmiddellik is ek op my hoede, want ’n verkeerde antwoord gaan my onnosel laat lyk. ’n Verkeerde antwoord kan my ’n goue ster kos en die hoek-van-die-straat-flinkdinktrein laat verpas.

My gegradueerde brein laat alle sinapse gelyk snap, crackle en pop (NASA sou jaloers wees!) en my antwoord word half versigtig op die tafel gesit: Seker in die see…

Nei, laanie! Tussen die kop ennie stert, da kry djy die meeste vis!

Natuurlik! Logies; waar anders?

En toe laat Andrew my wonder. Waarom soek ons altyd die antwoord by die kop? Hoekom jaag ons gedurig van die kop na die stert en mis die meeste vis in die middel?

Miskien is dit omdat ons kultuur, gemeenskap en skole ons só programmeer. Of dalk word ons gebreinspoel dat net die kop saak maak. Net dié met die goue sterre tel. Die name op die erebord in die saal is die uitverkorenes. Dit is hulle, en nét hulle, wat êrens gaan kom in die lewe.

Ek dink elke dag meer en meer die antwoord lê êrens in die middel… Soos Andrew sê. Of  dalk soos Boerneef gedig het:

Tussen die katel en die koppenent /Ennie katel se voetenent/Daar lê die begin/En daar lê die einde/Die begin vannie ding/Ennie end vannie ding… (Palissandryne)

Ken Robinson slaan vir my die spyker op die kop as hy die volgende oor skole te sê het: Schools have a narrow view of ability, school systems usually promote a very wide view of disability.

Die vraag ontstaan nou hoe ons te werk moet gaan dat skole ’n groter begrip vir elke kind se moontlike ability ontwikkel?

Eerstens moet onderwysers (en ouers) meer van elke kind verwag. Beslis meer as net dit wat die kurrikulum voorskryf. Hierdie verwagting moet egter realisties wees, want ’n verwagting wat nie aan die werklikheid gekoppel is nie, is net valse hoop. Maar daarteenoor is verwagtinge wat te klein is, ook weer sonde.  Sulke verwagtinge  mis die meeste van die vis in die middel.

Ons is vandag op soek na volwassenes wat kinders diep sal laat delf tussen die kop en die stert.  Na waar hul die meeste vis sal kry. Rolmodelle wat ons kinders sal laat ontdek waartoe hulle werklik in staat is.  En hulle dan sal lei om dié te potentiaal te verwesenlik. Of dit nou by die kop, middel of stert is!

Seth Godin sê op sy beurt: The mirror we hold up to the person next to us is one of the most important pictures she will ever see.

Nou, meer as ooit te vore, is dit nodig dat ouers en onderwysers dié spieël so sal hou dat kinders die volgende sal sien:

  1. Elke mens is intelligent en uniek. Maar nie almal is op dieselfde manier intelligent nie.
  2. Almal is kreatief, want ons word met hierdie eienskap gebore.
  3. Jy is verantwoordelik vir jou lewe. Aanvaar dié verantwoordelikheid.
  4. Leef met liefde.

Meer nog; dat dit nie net die goue ster en die eerste span is wat tel nie, want Andrew, Boerneef, Ken en Seth het gesê jy kry die meeste vis in die middel.

Miskien sal ons dan ophou om van die een punt na die ander te jaag. Van die A-klas na die eerste span na die goue ster. Ophou glo die geluk lê vir ons aan die einde van die reënboog en wag, want as ons dít glo, gaan ons die mooiste kleure van die reënboog in die middel glad nie raaksien nie!

 

Free the child’s potential, and you will transform him into the world. – Maria Montessori.

I was never top of the class at school, but my classmates must have seen potential in me, because my nickname was “Einstein”. – Stephen Hawking

Focus on your potential instead of your limitations. – Alan Loy McGinn

 

Image courtesy of duron123 at FreeDigitalPhotos.net

Continue Reading

Die primêre doel met skool.

Die vernuftigheid waarmee ons regering van die dag dit regkry om die aandag van hul eie onbevoegtheid af weg te lei, hou nie op om my te verstom nie.

Soms geld dit amper selfs aan briljantheid!

Kyk nou net weer met hierdie hele kwessie van Christelike godsdiens in skole.

Terwyl die hele Suid-Afrika antwoorde oor Nkandla, en vele ander brandende kwessies by ons president soek, word die aandag afgetrek deur te gaan krap aan ’n plek wat uiters sensitief vir die meeste Suid-Afrikaners is.

Wat hierdie debat egter weer onder die vergrootglas plaas, is die vraag oor wat die eintlike doel en funksie van ’n skool is.  Is dit om ’n sekere ideologie te verkondig, om bloot te onderrig of selfs ook op te voed?

Seth Godin gooi aan die begin van die nuwe Amerikaanse skooljaar, sonder dat hy eens van ons debat kennis dra, sy stuiwer in die armbeurs met ’n blog getitel The wasteful fraud of sorting for youth meritocracy.

Gaan lees dit gerus (klik net op die titel).  Hy vra vrae wat ’n mens laat dink!

 

Since belief determines behaviour, doesn’t it make sense that we should be teaching ethical, moral values in every home and school in America? – Zig Ziglar.

School is a building that has four walls – with tomorrow inside. – Lon Watters

The things that have been most valuable to me I did not learn in school. – Will Smith


 

Continue Reading

Boomklim in die Onderwys

Vra enige ma of haar kinders dieselfde geaardheid het en sy sal sonder om te huiwer sê dat hulle verskil. Nogal baie! Soms so baie dat sy nie kan glo hulle is almal háár kinders nie!

Wakker ouers probeer dan ook om hierdie verskille te akkommodeer. Jannie word toegelaat om die branders te tem terwyl Daan weer sy talente op die saksofoon kan uitkerm. Elkeen soos hy geveer is.

Maar dit is as hulle skool toe gaan, dat die spreekwoordelike kam te voorskyn kom. Dit is dan wanneer die surfer en die saksofoonspeler oor presies dieselfde kam geskeer word. Veral wat die akademie betref.

As ek die spotprentjie, die ene waar die onderwyser vir die diere sê om die boom te klim, wys dan lok dit gewoonlik ‘n gegiggel en self ‘n hardop gelag by onderwysers uit.  Want wie is dan nou so simpel om net een toets vir die verskillende diere te gee?

Hoe gaan goudvis in die eerste plek uit sy bak kom? Wat nog te sê van boomklim! Om dan nog nie eens van Wagter te praat nie. Al wat hy met die boom gaan doen, is om sy been daarteen te lig!

Die ironie van dié toets is dat Bobbejaan dit gaan geniet! En boonop gaan hy baie goed vaar. Besonder goed. So goed dat hy selfs as begaaf bestempel gaan word.

Elke dag kom ons kinders met totaal verskillende vermoëns, agtergronde, talente, belangstellings, swak en sterk punte skool toe. Maar ons verwag dan van almal om dieselfde te wees? Almal kry dieselfde taak: Klim die boom!

Maar dit is wat die sillabus van ons verwag, hoor ek jou sê. Ek verstaan, want ek was self ook daar, maar probeer verdomp net ’n slag iets anders! Of gee ’n verskeidenheid toetse dat Goudvis en Rakkertjie Rob ook soms soos wenners kan voel. En kyk ’n slag hoe Bobbejaan spartel om kop bo water te hou as hy moet swem.

Ek weet dit is nie altyd maklik of selfs moontlik nie, maar hierdie een resep vir almal is nie besig om ons kinders vir die regte lewe voor te berei nie.

Nog beter (of vir party dalk erger) kom ons beloon ’n slag almal wat net probeer om die boom te klim.

Want in die regte lewe is dit eintlik hierdie aanhou-probeer-ten-spyte-van-wat-eienskap wat base by hulle werknemers soek.

Seth Godin verwys onlangs na die uitmergelende Iditarod honde-sleeresies in Alaska en die toekenning van die Rooi Lantern.

Een van die pragtige gebruike van dié resies is dat die persoon wat laaste die wedren voltooi, die gesogte Rooi Lantern as toekenning vir sy vasbyt en deursettingsvermoë ontvang. Al steek hy letterlik, soos in 1973, die eindstreep twaalf dae na die wenner oor.

Seth skryf verder: Failing to finish earns you nothing, of course. But for the one who sticks it out, who arrives hours late, there’s the respect that comes from finding the strength to make it, even when all seems helpless.

Most parents (and most bosses) agree that this sort of dedication is a huge asset in life. And yet, as we head back for another year of school, I can’t help but notice that school do nothing at all to encourage it.

The director of the school play puts the same kids in leading roles year after year. After all, the reasoning goes, we need to have to reward the best performers, just like they do in real life.

But school isn’t real life. School is about learning how to succeed in real life.

Hierdie boomklimtoetsery laat my deesdae, as ek na skole se prestasieborde in die saal of hul gange kyk, diep dink. Wie was die  Dux-leerder? Bobbejaan of Kraai?

En as ek vra wat het van Goudvis geword, dan sug hulle…

Jy sal nou nie glo nie, maar ons het alles probeer om hom in die boom te kry.

Ekstra klasse, remedieering, maar niks wou help nie!

Goudvis het tot ons spyt skool vroeg verlaat.

Hy wou die heeltyd net swem…

Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid. – Albert Einstein

Intelligence is the ability to adapt to change. – Stephen Hawking

I think kids should have a mentor and a role model, but they shouldn’t take one person’s opinion to be what we call final assessment or judgment about how life is supposed to be. – Sean Paul

Image: Imgur

Continue Reading

Motte het nie ore nie

Die eenvoudigste speelgoed lyk my bly nog maar die interessantste. Veral as dit nog lewendig is!

Nou die middag speel ek en Luca met ’n  mot. Ek vang die mot en laat hom dan weer uit die tronk van my bakhand ontvlug. Luca gril en gil van senuweeagtigheid en plesier. As ek dink dis nou genoeg, want die mot is besig om in stof te verander, dan skree hy: Nog, Oupa! Nog!

Uiteindelik ontsnap die mot en gaan kruip êrens tussen die struike, waar ons hom nie weer kan kry nie, weg. Ek verwonder my aan Luca se rooi wangetjies en besef net weer hoe kosbaar die lewe is. En êrens in my onderbewussyn klink Annesu de Vos se woorde uit haar gedig Pilatus op:

jy

kan my nie hoor nie

want motte het nie ore nie

nie ore nie

’n mot het nie

’n oor nie

En skielik besef ek daar is nog so baie wat ek vir my kleinkinders moet leer…

Leer dat hulle vir alles wat asem haal, respek moet hê. Selfs vir ’n mot, want alles wat asem het, is ’n skepping van God.

En saam met die respek moet hulle ook liefhê.

Seth Godin skryf dat liefde vir iets eers na die respek kom: Respect is insufficient by itself, though. Respect doesn’t get the heart to race, respect doesn’t often lead to waiting in line or gushing about an idea to someone else. No, those things come from falling in love, from the ineffable and magic switch that gets flipped when we are touched by something on an emotional level.

Maar my kleinkinders het ore. Ore om te hoor wat Oupa oor die lewe vir hulle wil sê.

Oupa moet dit nét sê …

Ek wil hê jy moet saam sing as die musiek begin speel. En dans in die somer se reën. En soek vir die reënboog langs die pad, my skat. – Karin Zoid

The truest form of love is how you behave toward someone, not how you feel about them. – Steve Hall

The man who sat on the ground in his tipi, thinking of life and its meaning, accepting the kinship of all creatures and knowing unity with all things, was drawing into his being the true heart of civilization. – Chief Luther Standing Bear

Foto: Christian Meyn/FreeDigitalPhotos.net

Continue Reading

Is skool ‘n dinosourus?

As jy vandag met mense oor die onderwys praat, frons hulle onwillekeurig. Dit is nou net nadat hulle hul so vinnig moontlik uit die voete gemaak het!

Almal is dit egter eens dat sake nie te rooskleurig lyk nie. Van prof Jonathan tot swanger Sannie, wat nou reeds wroeg oor na watter laerskool sy hulle kind na toe moet stuur.

Almal het ‘n verklaring vir die onderwysmoeras waarin ons ons bevind. Dit is die regering se skuld dat dinge nou só lyk in die onderwys. Gerieflikheidshalwe word vergeet dat dié probleem reg oor die wêreld bestaan. Die verandering van die kurrikulum moet die skuld kry en dan praat ons nie eens van swak en lui onderwysers nie!

Die koppe knik, soos die hondjie in die Cortina se agterruit, instemmend saam.

Maar niemand het regtig ’n sinvolle oplossing nie. 

Niemand sê hardop soos Seth Godin dat large-scale education was not developed to motivate kids or to create scholars. It was invented to churn out adults who worked well within the system. Scale was more important than quality, just as it was for most industrialists.

En as jy hierdie feit vir hulle uitlig, knik die koppe nog meer verwoed saam.  Die hondjie in die Cortina begin soos die energizer hasie lyk.

Maar niemand doen iets hieraan nie. Môre gaan onderwysers weer terug klas toe en doen dieselfde as al die jare tevore. Ouers stuur steeds hulle kinders na skole wat dieselfde prosesse as 150 jaar gelede volg. En niemand staan vir ’n oomblik stil en bevraagteken wat besig is om te gebeur nie!

Hoe kan enige iemand dan verwag dat onderwys moet beter word?

Gelukkig is daar twee stemme wat opgaan en pleit dat mense dringend en indringend na onderwys moet kyk. Voor dit heeltemal te laat is.

Hulle is Seth Godin en sir Ken Robinson.

Seth Godin het pas ‘n 30 000 woord manifes die lig laat sien waarin hy die rol en die doel met/van skole onder die vergrootglas plaas.

The economy has changed, probably forever.
School hasn’t.
School was invented to create a constant stream of compliant factory workers to the growing businesses of the 1900s. It continues to do an excellent job at achieving this goal, but it’s not a goal we need to achieve any longer.
In this 30,000 word manifesto, I imagine a different set of goals and start (I hope) a discussion about how we can reach them. One thing is certain: if we keep doing what we’ve been doing, we’re going to keep getting what we’ve been getting.
Our kids are too important to sacrifice to the status quo.

Gaan lees asseblief wat hy te sê het by www.squidoo.com/stop-stealing-dreams  Die hele dokument, eintlik ’n e-boek, kan gratis en verniet afgelaai word.

Sir Ken Robinson sê op sy beurt in Changing Education Paradigms ook soos Godin dat ons steeds besig is om dieselfde metodiek, soos net na die industriële rewolusie, in ons skole te volg en toe te pas.  Die wêreld het verander, maar ons gebruik steeds ‘n onderwyssisteem wat 150 jaar gelede toepaslik was!

It used to be simple: the teacher was the cop, the lecturer, the source of answers, and the gatekeeper to resources. All rolled into one.

The internet is making the role of the gatekeeper unimportant. Redundant. Even wasteful.

If there’s information that can be written down, widespread digital access now means that just about anyone can look it up. We don’t need a human being standing next to us to lecture us on how to find the square root of a number or sharpen an axe.

What we need is someone to persuade us that we want to learn these things, and someone to push us or encourage us or create a space where we want to learn to do them better. (S.Godin)

Gaan laai asseblief Seth se manifes af.  Lees dit en gee dit vir skoolhoofde, onderwysers en ouers.

En begin vrae vra oor waarmee ons in ons skole besig is.

Insanity: doing the same thing over and over again and expecting different results. – Albert Einstein

Nothing in the world is more dangerous than sincere ignorance and conscientious stupidity. – Dr. Martin Luther King, Jr.

The difference between school and life? In school, you’re taught a lesson and then given a test. In life, you’re given a test that teaches you a lesson. – Tom Bodett

 

Continue Reading

Kamp Staaldraad by die werk

 ’n Mens kan by almal iets leer. 

Selfs by die swakste en onkapabelste base.

Loutere snert! was my eerste reaksie as jong onderwyser op hierdie stelling. Eers later het ek besef jy leer by dié mense wat om nié te doen nie!

Gedurende die week vertel iemand my van sy kind wat so onsensitief deur ‘n baas behandel word. Amper onmenslik.

’n Mens sou nou dink dat ek teen hierdie tyd begrip vir base moet hê, maar as dit my kind was, sou ek dié baas ’n paar spreekwoordelike taai klappe gaan gee het!

Nie net omdat dit my kind sou wees nie, maar omdat iemand wat die baasbadge dra darem die 101-kursus van hoe om met mense te werk, moes geslaag het. Dit is darem die minimum vereiste wat van enige baas verwag kan word.

Maar helaas, miskien in ’n volmaakte wêreld!

In ’n wêreldwye navorsingstudie deur Towers Watson is daar bevind dat minder as 30% van werkers voel dat hulle base opreg in hulle persoonlike welstand belangstel. In ander navorsing oor hierdie onderwerp is bevind dat werknemers wat gedurig deur hul base gekritiseer word ‘n 30% groter kans op hartsiektes het as die gelukkiges wat ’n baas het wat na hulle luister en wie hulle af en toe ’n bietjie lof toeswaai.

En dit is nie net komplimente wat saak maak nie.  Dis meer as dit.

Werknemers wil weet dat hy/sy as persoon waardeer word.  Dat dit wat hulle by die werk doen, waardeer word en dat dit bydra tot die groot geheel. En dat hul poging(s) raakgesien word.

Nou hoekom sukkel base dan so met hierdie eenvoudige vaardigheid?

Volgens Tony Schwartz is dit omdat ons nie die taal van positiewe emosies by die werkplek vlot kan praat nie. Heartfelt appreciation is a muscle we’ve not spent time building, or felt encouraged to build.

We’re more experienced at expressing negative emotions – reactively and defensively, and often without recognizing their corrosive impact on others until much later, if we do at all.

Nou as die baas nie omgee vir ander nie, waarom sal die werkers dan? Of omgee vir die maatskappy, skool of gesin? En voor ons kan sê Ghernobyl is ons kniediep in toksiese, emosionele afval.

Seth Godin meen dat omgee nie geld kos nie. Dit verg net inspanning. (miskien is dit die bestuur van die sogenaamde bottomline wat baie base se omgee stomp maak?)

Caring, it turns out, is a competitive advantage, and one that takes effort, not money.

Like most things that are worth doing, it’s not so easy at first and the one who cares isn’t going to get a standing ovation from those that are merely phoning in. I think it’s this lack of early positive feedback that makes caring in service businesses so rare.

As my kind vanjaar moes begin werk, sou ek gehoop het hy kry ‘n baas wat omgee en verstaan.  Omdat hy/sy omgee, sou my kind as gevolg van sy /haar eerlike omgee gemotiveerd wees. Hy sou geborge voel en daarom sou hy vry kon wees om sy beste te lewer. En baie meer te gee as wat die salaristjek groot is.

Ek laat die laaste woord aan Leo Buscaglia oor:

Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around.

Wil base dan nie ook goeie base vir hul eie kinders hê nie?

Wonder net?

The trouble with the world is that the stupid are so confident while the intelligent are full of doubt. – Bertrand Russell

The best leaders talk with people, not at them. – Susan Scott

Compassion is not religious business, it is human business, it is not luxury, it is essential for our own peace and mental stability, it is essential for human survival. – Dalai Lama

Image: Michelle Meiklejohn/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading

Maybe the right school is the wrong one?

Ek sien die Nasionale Onderwys Departement is met ’n veldtog besig waarin hulle ouers aanmoedig om hulle kinders betyds vir volgende jaar by skole in te skryf. As die ouers dit dan nie voor ’n gegewe datum doen nie, behou die departement hul die reg voor om die kind by ’n skool van hulle keuse te plaas.

Hierdie einste kampanje het my laat wonder of ons ooit regtig weet wat die regte skool vir ons kind is?

Wat laat ‘n ouer besluit dat so-en-so die regte skool vir sy kosbaarste besitting is? Waarop berus hierdie uiters belangrike keuse?

Is dit die netjies geklede leerders op straat?  Die goeie sportspanne? Die uitstekende uitslae aan die einde van die jaar?  Is dit die naaste skool aan die huis?  Of kan dit dalk die image van die skool wees?

Wat baie mense egter nie besef nie, is dat die regte skool dalk die verkeerde skool vir jou kind kan wees! Miskien moet ek sê, vir óns kinders kan wees.  Vir die kinders van Suid-Afrika kan wees.  Vir die kinders wat hierdie land in die toekoms moet lei.

Seth Godin vra in een van sy artikels, Back to (the wrong) school, ’n klompie ongemaklike vrae rondom ons verstaan van wat onderwys en onderig is en moet wees.  Hy verwys na die Amerikaanse onderwysstelsel, maar ek glo dié diskoers is ook op ons van toepassing.

 Large-scale education was never about teaching kids or creating scholars. It was invented to churn out adults who worked well within the system.

Of course it worked. Several generations of productive, fully employed workers followed. But now?

Nobel-prize winning economist Michael Spence makes this really clear: there are tradable jobs (making things that could be made somewhere else, like building cars, designing chairs and answering the phone) and non-tradable jobs (like mowing the lawn or cooking burgers). Is there any question that the first kind of job is worth keeping in our economy?

If you do a job where someone tells you exactly what to do, they will find someone cheaper than you to do it. And yet our schools are churning out kids who are stuck looking for jobs where the boss tells them exactly what to do.

Do you see the disconnect here? Every year, we churn out millions of workers who are trained to do 1925 labour.

The bargain (take kids out of work so we can teach them to become better factory workers) has sent us on a race to the bottom. Some argue we ought to become the cheaper, easier country for sourcing cheap, complaint workers who do what they’re told. We will lose that race whether we win it or not. The bottom is not a good place to be, even if you’re capable of getting there.

As we get ready for the 93rd year of universal public education, here’s the question every parent and taxpayer needs to wrestle with: Are we going to applaud, push or even permit our schools (including most of the private ones) to continue the safe but ultimately doomed strategy of churning out predictable, testable and mediocre factory-workers?

As long as we embrace (or even accept) standardized testing, fear of science, little attempt at teaching leadership and most of all, the bureaucratic imperative to turn education into a factory itself, we’re in big trouble.

The post-industrial revolution is here. Do you care enough to teach your kids to take advantage of it?

Die feit dat ons kinders almal in skole ‘n sitplek moet kry, is baie belangrik.  Maar vir my is dit baie belangriker dat dít wat ons kinders op daardie sitplek dóén, aandag kry.

Dringende aandag …

In the Western tradition, we have focused on teaching as a skill and forgotten what Socrates knew: teaching is a gift, learning is a skill. – Peter Drucker

A man can learn a lot if he listens, and if I didn’t learn anything else I was learning how much I didn’t know. – Louis L’Amour

As our society gets more complex and our people get more complacent, the role of the jester is more vital than ever before. Please stop sitting around. We need you to make a ruckus. – Seth Godin (Linchpin)

Image: photostock/FreeDigitalPhotos.net

Continue Reading

Does installing fear help the medicine go down?

Which is the better motivator, the promise of rewards or the threat of punishment?

Iemand, eers gedink dit is ’n leier maar later het ek al hoe meer tot die besef gekom dat dit dalk ’n slagoffer is, vra bostaande vraag nou die dag op ’n internetforum.

Die regte antwoord is ewe belangrik vir leiers en volgelinge, want ek is daarvan oortuig dat alle leiers ook een of ander tyd met hierdie kwessie worstel. Veral as jy onder druk verkeer om ‘n taak af te handel of om jou verkoopspan die gegewe mylpaal te laat bereik.

Some leaders believe that when they engage in installing fear into their subordinates, they are doing their job. That if you make the potential bad apples afraid, they will not turn into real bad apples and secondly, that if something does go wrong you can say that at least you were trying.

Seth Godin believes that fear can be used as a tactic, but it’s almost never the end goal of the exercise. The problem with using it as a tactic is that it’s so easy to do; organisations almost always forget the real point of the exercise.

The key to making fear work is to be realistic with the consequences. Nicole Sforza, from Incentive Magazine, recommends that the consequences have meaning and that you follow through with them. There must be a clear explanation of what is expected and once that is laid out and agreed to, fear must only be used when expectations is not met.

The opposite side to motivation by fear is that it leaves subordinates more drained than before. A student wrote in a college term paper that wanting to achieve a goal just to avoid losing what we have, is not a goal that can motivate for a long period.  It does not offer any promise of forward motion or accomplishment.

Uit eie ondervinding het ek geleer dat mense verskillend reageer op die motivering-deur-vrees-taktiek. Diegene wat moet skrik, skrik glad nie.  Hulle dink dat dit vir die ander mense bedoel is en dat hulle punt- in-die-wind is.  Diegene wat reeds voldoen aan die vereistes, en vir wie hierdie taktiek nie bedoel is nie,  skrik hulle in ’n ander bloedgroep in en begin verwoed pille kou en onwillekeurige spiertrekkings openbaar.

Om ’n suksesvolle organisasie of selfs ’n gesonde gesin te bou, is motivering deur vrees of straf nie die gewenste hulpmiddel nie.  Vrees is ’n emosie en in ’n atmosfeer waar vrees heers, gaan mense net nie hulle optimale funksioneringsvlak bereik nie.

Mark Dowd skryf in die Guardian: … guilt and fear are very limited in their appeal and, more often than not, only induce a great desire to turn away and carry on as before.

It’s important to remember that motivation by fear is by far the easiest way to motivate. But it still verges upon intimidation. Motivation by fear always results in inner anger against the person using the fear tactics.

Wat is dan die oplossing?

Dowd glo dat mense gelei moet word om eienaarskap vir iets te aanvaar.  Of dit nou ’n projek, aardverwarming of die jaarlikse gesinsvakansie is, almal moet inkoop daarin.  Hy noem dit the notion of stewardship.

Hy glo ook dat die opregtheid en voorbeeld van ’n leier die beste uit volgelinge haal.

Dalk is die antwoord heel eenvoudiger as wat ons wil dink? 

Die antwoord is miskien in die bekende spreekwoord woorde wek, maar voorbeelde trek te vinde?

Example is not the main thing in influencing others, it is the only thing. – Albert Schweitzer

The key to successful leadership is influence, not authority. – Kenneth Blanchard

Leadership: the art of getting someone else to do something you want done because he wants to do it. – Dwight D. Eisenhower

Image: Pixomar (FreeDigitalImages)

Continue Reading