# 1
Rian – Dis Saterdagmiddag. Maar jy het my so inspireer dat ek nog steeds by my werk is!
Vriend jy het ‘n unieke gawe!
Johan Engelbrecht
SKOOLHOOF: LAERSKOOL WELGEMOED, BELLVILLE
# 2
Hallo Rian – Ek was Saterdag by jou praatjie in Oos-Londen. Dit was amazing! Ek het soveel gelag; kon glad voel hoe die anti-oksidante in my bloedstroom vrygestel word en my immuniteit skyrocket. Dankie daarvoor.
Erica Steyn
#3
Beste Rian – Baie dankie vir jou Piesangs & Jellietots deur die jaar. Ek noem dit graag Rian-lekkerstories/gedagtes/waarhede/ervarings/grappies/Bybelstories … noem dit wat jy wil. Dit is inspirerend.
Ek geniet dit baie – lag baie keer so hardop dat my sekretaresses seker gewonder het of ek mal is! Wat my egter die meeste opval, is dat jy ‘n mens laat dink!
Andre Verhoog
SKOOLHOOF: LAERSKOOL NOORD-EIND, PAARL
#4
In my loopbaan van 35 jaar het ek talle sprekers in ‘n verskeidenheid van velde gehoor. Rian het my oortuig dat hy in ’n klas van sy eie is. Daar sal ver gesoek moet word na sy gelyke as spreker. Geen leierskap-of inhuldigingskamp kan eintlik sonder hom aangebied word nie, want die nuwe leier verdien om hom te hoor. Sy humor en vermoë om praatjies saam te stel, maak dat gehore herhaardelik na hom wil luister. Ek gun elke gehoor in Suid-Afrika, hetsy skool of korporatief, die geleentheid om na die fenomenale man te luister.
Burger Lindique
ADJUNKHOOF: H/S WATERKLOOF, PRETORIA
#5
Piesangs & Jellietots se inhoud is baie interessant. Lekker leesstof, opvoedkundig en ook op ‘n ligter noot. Slagspreuke en aktuele sake vind baie byval. Moenie ophou skryf nie. Ons geniet dit oor ‘n honderd!! Sappig buite om met hart aan die binne kant.
Barbara van der Walt
SEKRETARIS SAOU: OOS-KAAP
#6
One in a million; Sonder gelyke; Lighuiswagter-op-hoë-rotse-oor-baie-jare; Uitblakerbek-van-hoop-in-harte; Blymoedbloedpomper; Geesasem-er; Vuuraansteker-Grootstompbrander by die vriendenagte.
Claude Möller
MOTIVEERDER EN SPREKER
# 7
Ek het weereens besef… Jy mag maar ‘n sessie doen. Jy’t ‘n gawe! Jou aanbieding was puik!
Erich Cloete
Skoolhoof: Laerskool Westerlig, Pretoria
# 8
Beste Rian Truter – My Captain, O My Captain! Sal ons ooit jou slotwoorde daar bo op die stoel vergeet, na jou indrukwekkende motiveringstoespraak op 12 Januarie!
Die Kaapse Suidooster het jou hier by ons ingewaai; jy het ons van jou eerste sin afgeboei. Laat dink, laat lag, laat introspeksie doen, laat wonder… en laat besef: ons kan op water loop in die kwaaiste storm; ons kan in ‘n garage begin en in die ruimte eindig; ons kan met een been die resies voltooi.
Baie dankie, Rian, vir jou inspirasie. Mag jy nog duisende mense laat besef waartoe hulle in staat is.
Dr. Jac Fourie
SKOOLHOOF: HS NOORDHEUWEL, KRUGERSDORP
# 9
Hallo Rian
Hoop dit gaan sommer great met jou.
Ek wil net graag sê BAIE dankie vir die awesome praatje by Boishaai laas Donderdag!
Dink jy is awesome en ek wens daar was baie meer mense by die praatjie! Jy moet weer kom chat en jou wisdom kom deel!
Baie dankie en sterkte met jou besige weke wat voorlê – Jy het beslis ’n gawe gekry om enige boodskap oor te dra en mense te inspireer!
May the force be with you !!!! 😉
Hilge Marais
Klein Boishaai Ouer
#10
Greetings Rian
I don’t know how you do it but you always manage to inspire. The Morgrove staff were energised by your session over the weekend. Thank you Rian, Education needs your passion, expertise and energy. Regards.
Allyson Brenner
DEPUTY PRINCIPAL: MORGROVE PRIMARY PORT ELIZABERTH
#11
Beste Rian
Dis alweer 2 weke later, maar ek wil jou graag inlig oor die impak van jou praatjie. By my eie bewaarskool het ek almal wat die sessie bygewoon het, geleentheid gegee om terugvoering te gee by ons ouervergadering. Elke enkele een wat bygewoon het (10 van hulle) het elkeen iets anders gedeel wat hulle daar geleer het. Ek was verstom oor die insig en hoe hulle die inligting teruggetrek het na hul eie vermoë of onvermoë van ouer wees. Die kersie op die koek was hoe die res van die ouers wat nie daar was nie, spontaan begin getuig het van dinge waarmee hulle sukkel en een het selfs verskoning gevra vir die onderwysers oor haar houding teenoor hulle en hoe sy afbreek en nie opbou nie. En so kan ek aangaan en aangaan…. Ek vertrou dat hierdie verskil nie stop by ons ouers nie, maar dat die kinders se lewens so positief geraak word.
Die terugvoering vanaf die res van ons lede wat teenwoordig was, is ongelooflik positief – almal is net spyt dit was so gou verby en getuig op ‘n daaglikse vlak oor hoe hierdie inligting mense se menswees aangeraak het.
Weer eens baie, baie dankie dat jy jou spesiale gawe met ons kom deel het met plaaswerkers hier in die Koue Bokkeveld! Dit was voorwaar nie die laaste sien nie!
Mareé Lambrechts
Personeel- & Dienstebestuurder : Koelfontein Landgoed (Edms)Bpk