Motte het nie ore nie

Die eenvoudigste speelgoed lyk my bly nog maar die interessantste. Veral as dit nog lewendig is!

Nou die middag speel ek en Luca met ’n  mot. Ek vang die mot en laat hom dan weer uit die tronk van my bakhand ontvlug. Luca gril en gil van senuweeagtigheid en plesier. As ek dink dis nou genoeg, want die mot is besig om in stof te verander, dan skree hy: Nog, Oupa! Nog!

Uiteindelik ontsnap die mot en gaan kruip êrens tussen die struike, waar ons hom nie weer kan kry nie, weg. Ek verwonder my aan Luca se rooi wangetjies en besef net weer hoe kosbaar die lewe is. En êrens in my onderbewussyn klink Annesu de Vos se woorde uit haar gedig Pilatus op:

jy

kan my nie hoor nie

want motte het nie ore nie

nie ore nie

’n mot het nie

’n oor nie

En skielik besef ek daar is nog so baie wat ek vir my kleinkinders moet leer…

Leer dat hulle vir alles wat asem haal, respek moet hê. Selfs vir ’n mot, want alles wat asem het, is ’n skepping van God.

En saam met die respek moet hulle ook liefhê.

Seth Godin skryf dat liefde vir iets eers na die respek kom: Respect is insufficient by itself, though. Respect doesn’t get the heart to race, respect doesn’t often lead to waiting in line or gushing about an idea to someone else. No, those things come from falling in love, from the ineffable and magic switch that gets flipped when we are touched by something on an emotional level.

Maar my kleinkinders het ore. Ore om te hoor wat Oupa oor die lewe vir hulle wil sê.

Oupa moet dit nét sê …

Ek wil hê jy moet saam sing as die musiek begin speel. En dans in die somer se reën. En soek vir die reënboog langs die pad, my skat. – Karin Zoid

The truest form of love is how you behave toward someone, not how you feel about them. – Steve Hall

The man who sat on the ground in his tipi, thinking of life and its meaning, accepting the kinship of all creatures and knowing unity with all things, was drawing into his being the true heart of civilization. – Chief Luther Standing Bear

Foto: Christian Meyn/FreeDigitalPhotos.net

(Visited 455 times, 1 visits today)

, , , , , , ,

10 Responses to Motte het nie ore nie

  1. cari July, Tuesday 2 2013 at 5:27 pm #

    Dit was priceless…

  2. Rian Truter July, Tuesday 2 2013 at 9:19 pm #

    Dankie!

  3. Hobbie July, Wednesday 3 2013 at 5:32 am #

    Dis ‘n onbeskryflike voorreg om kleinkinders te hê.

  4. magda basson July, Wednesday 3 2013 at 8:39 am #

    Daar is niks kosbaarder in die lewe as kleinkinders nie! Hulle is so dierbaar ek sê altyd vir my kleindogter “Ek druk jou sommer dood” bedoel vol liefde en vrede.
    En ons leer elke dag by hulle hoe ons moet lewe.

    • Rian Truter July, Wednesday 3 2013 at 2:40 pm #

      Jy is so reg, Magda. Ons kry eintlik deur hulle ‘n tweede kans!

  5. Liana July, Wednesday 3 2013 at 5:22 pm #

    Kosbaar!! Ons verantwoordelikheid hou nooit op nie – wat ‘n voorreg om deel van ons kleinkinders se lewens te wees!

  6. Neville Wepener July, Thursday 4 2013 at 8:16 am #

    Treffend Rian! Baie waar: “Leer dat hulle vir alles wat asem haal, respek moet hê. Selfs vir ’n mot, want alles wat asem het, is ’n skepping van God.”

    Net weer eens ‘n bewys dat ons nie die aarde van ons voorouers ge-erf het nie, maar dat ons dit by ons kinders leen.

    • Rian Truter July, Thursday 4 2013 at 4:49 pm #

      Raak gevat, Neville! Hou van die idee dat ons die aarde by ons kinders leen. Mooi loop en dankie vir die lees van P&J!

Leave a Reply