Besoek ons Facebook Blad

Laai die aansoekvorm vir 2024 hier af

Kopskuif Summit
is dié onderwyskongres wat verskillend is, en ’n groot verskil maak.  ’n Verskil in onderwysers en kinders se lewens.

Die Summit word elke jaar op Stellenbosch aangebied en bywoning van Kopskuif Summit word vir alle skole, onderwysers en onderwyskundiges in Suid-Afrika, aanbeveel.

Enige persoon wat met onderwys gemoeid is, sal baat deur hierdie konferensie by te woon. Ons soek afgevaardigdes wat hul denkwyses uitgedaag en verskuif wil hê.  Met ander woorde almal wat energie vir die volgende uitdaging soek!

Bywoning is nie beperk tot enige posvlak of posisie nie.  Die gekose onderwerpe is geskik vir onderwysers, beheerliggame en onderwysowerhede. Ons beveel egter aan dat afgevaardigdes Engels en Afrikaans moet kan verstaan, aangesien ons aanbieders hul aanbieding in die taal van hul keuse doen.

Boonop bied die Summit ’n ideale geleentheid vir spanbou en om uitskieteronderwysers te beloon.

Summit 2024 : 31 Mei – 2 Junie

Getuigskrifte vir Kopskuif Summit:

1. Beste Rian – 1 000 Dankies weer eens vir ‘n ongelooflike Summit.  Ek hou by my besluit dat Summit beslis die beste konferensie in RSA is.
Martin Gomes (Skoolhoof: LS Parow-Noord) Summit 2017

2. Elke jaar het ons die diep voorreg om die SUMMIT by te woon en het ons nie woorde om ons dank en verwondering oor te dra nie. Jy het die vermoë om ‘n interessante klomp sprekers bymekaar te kry, wat ons skud met nuwe idees, met hartroerende ervarings, met aardskuddende idees en deursettingsvermoë, wat ‘n onuitwisbare indruk op ons psige maak.  Ons kan nie anders as om na hierdie jaar se SUMMIT lewensveranderend op te tree nie.  Ons sal nie die spel net laat aangaan nie, ons kan nie anders nie, verander sal ons net moet, om reg te laat geskied aan dit wat jy in ons belê het.DANKIE!  DANKIE!  DANKIE!  Dit was weereens betowerend. Wilna van Rooyen (Hoof: Voorskool Leeuwenhof Akademie) Summit 2018

3. Dankie julle! Dit was weer eens ’n belewenis om die naweek saam met soveel geesdriftige opvoeders, aanbieders, gassprekers, borge en hotelpersoneel te spandeer. Waar’s jy game? Send me! Dala wat jy moet! Sandra Le Roux Reyneke (Paarl Boys Primary) Summit 2018

4. Hallo almal. Daar is nie woorde om die Summit 2019 te beskryf nie. Wat kan ek sê, WOW. Die was my 1ste een en glo ook nie dis my laaste een nie. Dankie vir almal wat dit vir ons moontlik gemaak het. Dit was n ongelooflike ervaring. Dit het my nie net as onderwyseres geraak nie, maar my as mens. WOW WOW WOW AMAZING. Elmarie van der Merwe (Laerskool Goudkop) Summit 2019

5. Baie dankie vir ‘n wonderlike Summit 2019.  Again, I feel that my soul has been fed and I am ready for the rest of the year. Aside from the speakers, the food, die ‘party’;  the best part of the Summit was the interaction with my colleagues. What an amazing experience! Thank you for your passion and commitment – you are inspirational! We are ready to book for Summit 2020. Sandy Smith (Principal : Kenridge Primary) Summit 2019

6. Weereens net dankie vir ‘n ongelooflike inspirerende naweek.  Soos Lizelle vanoggend vir die personeel sê – ‘n mens moet ten minste een keer die Summit bywoon en dan wil  jy dit nooit weer mis nie.  Ons as onderwysers is so geneig om onsself tweede te plaas en die naweek het my baie laat dink.  Dankie dat jy ons weer daarvan bewus maak hoe belangrik dit is om na onsself  te kyk sodat dit ook kan deurvloei na die kinders toe.  Natasha le Grange (Alberton High School) Summit 2019

‘n Fotobeeld van Summit 2023:

Summit #7 is gereed om te begin en die afwagting loop hoog.

Wilhelm de Wet with his presentation called: What’s in your hands! The inspiring story of the Jakes Gerwel school in Bonnievale.

Dié foto van Johan Vos van HS Swellendam sê alles van Summit: pret, lag, nadink, huil en dankbaarheid vir dit wat ons het.

Part of Summit is our great Sponsors like PNA and Copytype. Donovan Beck from Copytype is trying to WOW the audience during the Battle of the Brands.

Laerskool Stellenbosch wys hulle is gereed vir die Sparkle van die Basecamp Welcome Dinner!

Me and Mr Green rocked Summiters during the Friday night’s Welcome Dinner!

Alwyn Uys het Sondag kom wys enige iets is moontlik as jy bereid is om jóú eie Everest aan te durf!

Eversdal Primary : on your marks, get set and ready to rock in true Summit style!

Die span van HS DF Malan saam met Grant Lottering na sy besielende aanbieding, Riding Life, Sondag by Summit.

Die Summitspan wat die magic laat gebeur.

(Visited 5,187 times, 1 visits today)