Missie of Visie?

Foto: Graur Codrin

Al gewonder oor wat is missie en wat is visie? Klink dan amper dieselfde!

Dalk gevoel jy moet onnosel wees omdat dit voel of net jy nie verstaan nie. Dit lyk dan, as jy na al die instemmende kopknikke om jou kyk, of almal op dieselfde bladsy is. Net jy nie …

Wees verseker jy is nie alleen nie. Baie van die kopknikke is soos die hondjie in die Cortina se agterruit. Dit knik maar onwillekeurig kop. Verstaan of te not.

Dewald de Kock van die Stellenbosch Gemeente het in sy aanbieding by ‘n onlangse onderwyskongres, KDA Great Escape, hul visie met die afgevaardigdes gedeel. Ek dink dit is so relevant en toepaslik, dat ek dit graag hier aanhaal:

  • Haal diep asem.
  • Beleef ‘n groter storie.
  • Skep luistertyd.
  • Leef omgekrap.

Hierdie is mos nou iets waarvoor ek ook my kop kan knik!

Om oor na te dink:

  • Make your life a mission – not an intermission.  – Arnold Glasgow
  • The only thing worse than being blind is having sight but no vision. – Helen Keller
(Visited 5,684 times, 3 visits today)

,

2 Responses to Missie of Visie?

  1. Brian Mobilia July, Thursday 14 2011 at 2:34 pm #

    I just wanted to comment and say that I really enjoyed reading your blog post here. It was very informative and I also digg the way you write! Keep it up and I’ll be back to read more in the future

    • Rian Truter July, Saturday 16 2011 at 2:58 pm #

      Thank’s for the positive feedback! … and for reading P&J

Leave a Reply