Tag Archives | Effort

Maak jou olifant los!

Hoe baie keer hoor jy dat iemand nie iets kan doen nie. 

Nie dat hulle nie instaat is om dit te doen nie, want liggaamlik en verstandelik is hulle meer as kapabel om dit te kan doen.  Hulle het hulself eintlik net self ontmagtig om die taak suksesvol af te handel.  Selfs om net te probeer om dit aan te pak.

In die meeste gevalle is dit volwassenes wat só reageer.  Dit is hulle wat nie kan dans nie, nie kan valskermspring nie, wat nie met oorgawe kan sing nie … 

In skrille kontras met die kleintjies, wat sonder enige twyfel in hul eie  vermoëns, op die verhoog spring om hulle sangtalent aan die hele wêreld te openbaar.  Altyd met ’n groot applous as beloning.

Wat het dan gebeur dat ons só geword het? 

Is dit iets wat saam met die ouderdom gekom het, of is dit soos Nataniël in een van sy gedigte skryf dat ons bang grootgemaak is?  Of het ons saam met die grootword vergeet dat ons tot baie meer instaat is?

Ek dink dit is iets wat êrens tussen te klein wees om te weet en grootwees en weet, in ons brein lêplek kom kry het.  Amper ’n soort pleister teen moontlike seerkry of dalk ’n geestelike staightjacket.

Ken Blanchard noem hierdie verskynsel assumed constraints en hy illustreer dit met die skitterenede voorbeeld van ‘n sirkusolifant.

Daar word vertel dat as die sirkusolifant nog baie klein is, hy met ’n meneer van ’n ketting om die voet en ’n baie dik ysterpaal vasgemaak word.  Hoe hard hy ookal stoei om los te kom; niks help nie.  Die ketting en paal is net sterker as hierdie olifantjie se jeugdige krag.

Dit is ironies dat hoe groter die olifant word, die ketting nie groter of dikker word nie.  Inteendeel; die ketting bly dieselfde.  Al wat regtig gebeur, is dat die olifant opgehou het om te probeer loskom. 

Hy het nou al so baie keer sonder sukses probeer om homself los te ruk, dat hy begin glo dat dit onmoontlik is om die paal uit die grond te pluk.  Hy het nou al begin aanvaar dat hierdie ketting en paal deel van sy lewe geword het.

Die kenners beweer dan ook dat as hierdie olifant volwasse is en ’n paar ton weeg, dat hy met ’n baie dun toutjie en ’n verskoning vir ’n paaltjie vasgemaak kan word.  Hierdie olifant het lankal oorgegee, want hy aanvaar dat hy nie gaan loskom nie. 

Wat die tragiese van hierdie olifant se lewe is, is dat hy elke dag die wonderlikste toertjies binne die tent doen.  Elke dag laat hy mense na hul asem snak met sy uitsondelike talent en vernuf.

Maar as die applous in sy groot ore stil geraak het, staan hy weer vasgemaak aan ’n paal met ’n ketting om sy voet.  Êrens op ’n verlate dorpsveld.

In baie van ons se lewens is daar ook iets wat ons, soos die ketting aan die olifant se voet, weerhou om te doen wat ons regtig wil doen.  Ons het al begin aanvaar dat ons dit nie kan doen nie of dat dit net nooit gaan gebeur nie.  Ons het ophou spartel en aanvaar nou maar net dat ons oud is, of nie kan sing nie, of nie kan skilder nie of nie …

Ek wil jou vandag uitdaag om ’n slag weer aan daardie ketting te gaan pluk.  Miskien verras jy jouself deur agter te kom die ketting is al tot niet geroes… of baie dunner as wat jy ooit gedink het!

 

If you think you can do a thing or think you can’t do a thing, you’re right. – Henry Ford

Soos wat jy dink so is jy.  Soos dit wat jy jou kan verbeel, so kan jy word. – Anoniem

There are no constraints on the human mind, no walls around the human spirit, no barriers to our progress except those we ourselves erect. – Ronald Reagan

Know your limits. Also know how to break them. – Geraint Starker

Image: Castillo Dominici/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading

Maan toe of moer toe?

 
 
 

One small step for man ...

 

Hierdie post is ‘n opsomming van my aanbieding met dieselfde titel. Mense het al gevra waar hulle ‘n DVD van die aanbieding kan koop (verbeel jou!) of hulle wil dit vir hulle kind/man/bure gaan vertel, maar kan nie alles onthou nie. Hier is dit nou. (Sonder die prentjies) Jammer vir die lank wag.

Wanneer laas het jy na die maan gekyk en gewonder hoe dit sou wees om daarop te kan loop?

Vandat Neil Armstrong en sy makkers hul voete daarop gesit het, is dit of die maan sy magiese aantreklikheid vir baie mense verloor het.  Ons was mos al daar!  Hoeveel onse is daar in jou pond? vra ek.

Ek loop daagliks mense raak wat net nie meer maan toe wil gaan nie. Nie letterlik of figuurlik nie.  Hulle het net nie meer die begeerte om daardie amper onbereikbare iets aan te pak nie.  Hulle drome maak hulle ook nie meer bang nie, want ek dink hulle droom nie meer nie!  Dalk was hulle al ook dáár …

Daar is ook dié wat sê dat hulle te oud is.  Te oud om nog dinge te wil doen.  Om nog te droom om by die maan uit te kom. Al is dit net eendag.

Ander sê weer dit is die misdaad en korrupsie in Suid-Afrika wat hulle van die maan weghou.  Of dit is die swak elektrisiteitsvoorsiening en die politici wat hulle self ten koste van ons arme drommels verryk, wat in hulle pad maan toe staan. 

Maar daar is tog nog baie, ongeag ouderdom, wat sê: vat my maan toe! 

Die saak is eintlik heel eenvoudig. Wil jy, of wil jy nie? Maklik. Dit is net ’n simpel keuse. JK Rowling vat dit mooi saam as sy sê: it’s our choices that show what we truly are, far more than our ability.  Of in Afrikaans gesê: Maan toe of moer toe!

Vir dié wat kies om nie maan toe te wil gaan nie, die maklike keuse,  is dit moer toe.  Vir die ander wat die moeiliker keuse maak, is dit maan toe.  Sonder enige belofte dat jy wel daar gaan kom.  Maar ten minste gaan jy probeer.

En dit is vir hulle wat ek ’n space case gepak het om daar uit te kom.

In hierdie tassie het ek 10 goed gesit wat jy op pad na die maan nodig gaan hê.  Ek noem hulle in geen orde van noodsaaklikheid nie en gee ook net ‘n kort beskrywing waarvoor dit gebruik kan word:

1.  Kompas: Hierdie apparaat simboliseer visie. Of jy nou maan of winkel toe gaan, jy moet weet hoe jy daar gaan kom en wat jy daar gaan maak.  Ook só in die lewe.  Hellen Keller sê: The only thing worse than being blind is having sight but no vision.

2.  Blikkie Redbull: Passie, passie en nog ‘n keer passie!  Jon Bon Jovi het gesê passion, not pedigree will win in the end.  En hoe reg is hy nie! As jy die maan wil haal, gaan jy meer as net ‘n teelepel passie nodig hê.

3.  ‘n Glas: ’n Mens kan tog nie op jou reis na die maan die heeltyd uit ’n tandepastabuis wil eet nie!  Veral nie wyn drink nie! Maar eintlik is die glas net daar om jou, as die reis moeilik raak, te herinner dat jy moet onthou dat jou glas half vol is.  Nie half leeg nie.  Die glas is die simbool van optimisme.  Jy gaan die maan net haal as jy optimisties is.

4.   Pakkie Vetkryte: Nie net een nie. Al die kleure van die reënboog! Om maan toe te gaan sal jy soms kreatief moet wees.  Om dié rede die kryte. Jy kan nie vir juffrou Rottenmeier van jou graad 1-klas blameer dat sy jou kreatiwiteit opgefoeter het nie.  Kreatiwiteit het niks met jou kleinspierkoördinasie, of hoe mooi jy tussen die lyne kan inkleur, te make nie.  Dit het alles te doen met hoe uit-die-boks jy kan dink.

5.  Skaal: Die skaal is nie net om mee te weeg nie, maar om jou te herinner dat ’n mens balans nodig het om suksesvol te wees. Almal ken die ou spreekwoord all work and no play makes Jack a dull boy, maar baie min pas dit suksesvol in hulle lewe toe.  Jy sal baie uitgebrande wrakke op pad maan toe sien.

6.  Twitterrekening: As jy die maan wil haal, sal jy al die nuwe tegnologie tot jou beskikking moet gebruik om daar te kom.  Van tweet tot Facebook.  Daar is nie meer enige verskonings nie.  Of gebruik jy nog ’n telraam?

7.  Maatband: Meet om te weet!  ‘n Ou gesegde, maar baie is te bang om te weet. Jy moet jou reis, en dit waarmee jy besig is, gereeld evalueer.  Of jy nou daarvan hou of nie.  Dit is die enigste manier om te weet hoe naby of ver jy van die maan is.

8. Supermanbadge: Daar is bewerings dat Superman hom daar iewers in die ruimte bevind en ons wil liefs nie in sy verkeerde boekies beland nie.  Daarom die badge.  Jy wil wys jy is hom goedgesind en kom in vrede. Maar eintlik is die badge daar om jou te herinner dat jy iets besonders aanpak.  Amper so heroïes soos ’n heldedaad van einste Superman. Verbeel jou jy is Superman en jy gaan soos ’n superheld begin optree.

9.  Wonderbra: Behalwe dat jy dié kledingstuk as ’n noodwaaierband of masker kan gebruik, is dit eintlik daar vir die ondersteuning! Op jou reis gaan jy ondersteuning van jou medereisigers nodig hê.  Let dus mooi op na wie klim saam met jou in die ruimtetuig.

10.  Koerant: Koerante het stories.  Deesdae nie te opbeurend nie, maar soms kom daar stories soos die van Larry Walters verby.  Larry se storie kom sê vir jou dat as jy maan toe wil gaan, sal dit ’n roeping moet wees en nie ’n job nie.

Nou moet jy besluit.  Maan toe of …

Jy kan, soos hulle in ’n destydse suikerrietadvertensie gesing het, bly soos jy is, of jy kan wegbreek …

Bly soos jy is, en moer toe is jou voorland!

Breek weg en die moontlikheid is daar dat jy die maan kan haal. Of dalk nie.  Wat maak dit saak?  Ten minste het jy probeer.  En dit is eintlik die probeer wat die meeste saak maak.

Geronimo!

Life is not a journey to the grave with the intention of arriving safely in one pretty and well preserved piece, but to skid in broadside, thoroughly used up, worn out and defiantly shouting GERONIMO!   – Bill McKenna

When once you have tasted flight, you will forever walk the earth with your eyes turned skyward, for there you have been, and there you will always long to return. – Unknown

A man is not old until regrets take the place of dreams. – John Barrymore

The best thing in every noble dream is the dreamer… – Moncure Conway

Image: Evgeni Dinev/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading

Slow down you move to fast!

Gesien in Laerskool Kenmare (Krugersdorp) se gang.

Na ’n besoek Londen was ek opnuut bewus hoe klein die wêreld regtig is en hoe klein jou eie wêreld kan word as jy jou nie gedurig blootstel aan nuwe en ander dinge nie.

Terwyl ek my een oggend saam met die skare van een moltrein na die ander haas, en hoop dat ek nie weer in my linkeroor iemand kry wat oopmond kougom kou nie (Het hulle nie ouers gehad wat hulle die basiese maniere geleer het nie?), hoor ek verder in die tonnel die bekende woorde van Simon en Garfunkel se Feeling Groovy tussen die mensbenoudheid na my toe aankom…

Slow down you move to fast

You’ve got to make the morning last

Just kicking down the cobblestones

Looking for fun and feeling groovy…

At the SSAT/iNet Conference, Richard Reeves of Demos, told heads to beware of the hurry sickness.  In his speech he referred to the hurry sickness that afflicts many people in leadership positions.

He mentioned that the lifts company Otis found that in the last decade the time people were prepared to wait in a stationary lift before pressing the door close button had reduced from four to two seconds.

When he quizzed the audience about their own behaviour, it was clear that many of them habitually pressed this button – yet, he pointed out, ‘you must know that half the time it is not connected to anything: it’s a placebo.  Here we have the cream of the profession knowingly engaging in an action you know to be futile.’

A show of hands also demonstrated that a high proportion of the school leaders also habitually did other tasks while brushing their teeth, another sign of hurry sickness, according to Mr Reeves.

‘Please attend to your own wellbeing,’ he exhorted the audience. ‘You matter. You have to have the time, energy and space to engage with your colleagues. If you are under that much pressure, you may be busy but you won’t succeed. Don’t press that button. Give yourself some time.’

Laat al hierdie vir ons ‘n wakkerwordoomblik word.

Kom ons slow down ’n bietjie.  Kom ons kom tot stilstand om die rose te ruik, want dit was ook Simon en Garfunkel wat die volgende geskryf het: The words of the prophets are written on the subway walls…

 

There is more to life than increasing its speed. – Mohandas K Ghandi

Slow down and enjoy life. It’s not only the scenery you miss by going to fast – you also miss the sense of where you are going and why. – Eddie Cantor

 For fast-acting relief, try slowing down. – Lily Tomlin

Continue Reading

Perceptions

Daar bestaan ‘n persepsie onder sportliefhebbers dat die Proteas chokers is.  En dalk ook die Stormers, want hulle kom só naby, maar net nie tot by die beker nie.

Immediately I hear you say but it’s only someone’s perception. When you do this you unfortunately dismiss the other person’s perception and in reality that perception is their reality at that moment in time.  Perceptions can only be altered when an individual is provided with new reliable information that compels them to change their perception.

All this got me thinking about schools and businesses that struggles daily with how their customers perceive them.  You can ignore these perceptions or you can take a brave step back and look at your organisation through your customers’ eyes.  Which ever way you choose, remember that perception is so powerful that it can make or break you!

Hoe dan nou gemaak met hierdie choker necklace wat ons manne saamsleep?  As ek Graeme was, sou ek minder verskonings maak en meer probeer uitvind waarom die mense dink ek en my span op kritieke oomblikke nie die wa deur die drif kan trek nie.  Omdat ek graag sal wil hê die mense tuis moet op Vrydae ondersteunershemde dra, sal ek probeer uitvind waarom hulle dink dat ons chokers is.  Die naakte waarheid is dat hulle persepsie die enigste is wat regtig saak maak.

A customer or supporter’s perception of you or your company, team or family evolves from a variety of sources:

  • Their experience with you in the past
  • Their experiences with others that offer what you offer
  • The actual experiences of their friends, family, colleagues and acquaintances with you or your competition
  • Their interpretation of the experiences of their friends, family, colleagues and acquaintances
  • Their interpretation of what your policies and procedures actually are
  • Their opinion of what your policies and procedures should be
  • Their translation of what you have told them (The Training Bank).

Believe it or not, it’s a person’s perception that affects his behaviour. Each person uses past experience and processes current communication in making decisions and acting accordingly.  Expectations are developed regarding a situation, service or product.

In order to influence a change in someone’s perception, eventually in the hope of affecting his/her behaviour, you first need to have a clear understanding of that perception.  What does the person believe is true?  Once you know that, you can work to influence change in thinking.

Of jy nou ‘n skool bestuur, produkte verkoop of ‘n krieketspan aanvoer, dit gaan nie help om stroomop te swem nie.  ‘n Sinvoller oplossing is om uit te vind wat jou ondersteuner/kliënt se persepsie van jou is.  Méér nog, om te begryp dat hulle persepsie vir hulle die enigste werklikheid is.  En dit is met hierdie werklikheid, reg of verkeerd, waarmee jy moet handel. Miskien moet die woord eerder wees, onderhandel?

As jy verstaan waar persepsies vandaan kom en wat hulle ‘n werklikheid maak, kan jy hulle volgende keer oor die grens moker.  Maar as jy dieselfde persepsies ignoreer of as onbenullig afmaak, mag jy paniekerig raak en op die kritieke tydstip been voor paaltjie betrap word.

Image: Ambro

Continue Reading

Harde Werk

Dit is eksamentyd en ek glo baie onderwysers het die afgelope weke aan sy/haar leerders gesê dat as hulle deur die kwartaal hard gewerk het, behoort hulle die eksamen te slaag.

Maar dit wil vir my al meer lyk of kinders dink hulle móét slaag.  Sonder om te veel moeite van hul kant te doen. Asof dit iemand anders se verantwoordelikheid is om sukses te waarborg.

Dit het tyd geword dat ons opnuut ons kinders leer dat harde werk nog nooit iemand skade gedoen het nie.  As harde werk nie weer ’n aanvaarde norm gaan word nie, wag daar vorentoe donker en droewe tye vir hulle! En vir ons!

Linda Darling-Hammond skryf in haar boek, The Flat World and Education, die volgende: Some states predict the number of prison beds they will need in a decade based on 3rd grade reading scores.

Skokkend!  Lees weer wat sy sê sodat die volle waarheid van hierdie feit kan insink.

Darling-Hammond verwys uit die aard van die saak natuurlik na die VSA!  Maar wat dan van die Republiek van Suid-Afrika?  As die TIMSS–verslae ’n rigtingwyser is, wil ek voorspel dat ons die titel van bandietland binnekort by Australië gaan oorneem. Of het ons al?

Tensy … ons mense opnuut die waarde van harde werk besef!

Seth Godin wrote in his blog (3/6/2011) that if you’re going to work … work hard.

That way, you’ll have something to show for it.

The biggest waste is to do that thing you call work, but to interrupt it, compromise it, cheat it and still call it work.

In the same amount of time you can expend twice the effort and get far more exchange.

The lyrics of the Crosby, Stills, Nash and Young song, Teach your children, seem to pop involuntarily into my head:

Teach your children well…

And feed them on your dreams, the one they picked, the one you’re known by.

Ten slotte (‘n eksamenwysheid):

Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander.

Photo: Michal Marcol

Continue Reading