Archive | Life

Maan toe of moer toe?

 
 
 

One small step for man ...

 

Hierdie post is ‘n opsomming van my aanbieding met dieselfde titel. Mense het al gevra waar hulle ‘n DVD van die aanbieding kan koop (verbeel jou!) of hulle wil dit vir hulle kind/man/bure gaan vertel, maar kan nie alles onthou nie. Hier is dit nou. (Sonder die prentjies) Jammer vir die lank wag.

Wanneer laas het jy na die maan gekyk en gewonder hoe dit sou wees om daarop te kan loop?

Vandat Neil Armstrong en sy makkers hul voete daarop gesit het, is dit of die maan sy magiese aantreklikheid vir baie mense verloor het.  Ons was mos al daar!  Hoeveel onse is daar in jou pond? vra ek.

Ek loop daagliks mense raak wat net nie meer maan toe wil gaan nie. Nie letterlik of figuurlik nie.  Hulle het net nie meer die begeerte om daardie amper onbereikbare iets aan te pak nie.  Hulle drome maak hulle ook nie meer bang nie, want ek dink hulle droom nie meer nie!  Dalk was hulle al ook dáár …

Daar is ook dié wat sê dat hulle te oud is.  Te oud om nog dinge te wil doen.  Om nog te droom om by die maan uit te kom. Al is dit net eendag.

Ander sê weer dit is die misdaad en korrupsie in Suid-Afrika wat hulle van die maan weghou.  Of dit is die swak elektrisiteitsvoorsiening en die politici wat hulle self ten koste van ons arme drommels verryk, wat in hulle pad maan toe staan. 

Maar daar is tog nog baie, ongeag ouderdom, wat sê: vat my maan toe! 

Die saak is eintlik heel eenvoudig. Wil jy, of wil jy nie? Maklik. Dit is net ’n simpel keuse. JK Rowling vat dit mooi saam as sy sê: it’s our choices that show what we truly are, far more than our ability.  Of in Afrikaans gesê: Maan toe of moer toe!

Vir dié wat kies om nie maan toe te wil gaan nie, die maklike keuse,  is dit moer toe.  Vir die ander wat die moeiliker keuse maak, is dit maan toe.  Sonder enige belofte dat jy wel daar gaan kom.  Maar ten minste gaan jy probeer.

En dit is vir hulle wat ek ’n space case gepak het om daar uit te kom.

In hierdie tassie het ek 10 goed gesit wat jy op pad na die maan nodig gaan hê.  Ek noem hulle in geen orde van noodsaaklikheid nie en gee ook net ‘n kort beskrywing waarvoor dit gebruik kan word:

1.  Kompas: Hierdie apparaat simboliseer visie. Of jy nou maan of winkel toe gaan, jy moet weet hoe jy daar gaan kom en wat jy daar gaan maak.  Ook só in die lewe.  Hellen Keller sê: The only thing worse than being blind is having sight but no vision.

2.  Blikkie Redbull: Passie, passie en nog ‘n keer passie!  Jon Bon Jovi het gesê passion, not pedigree will win in the end.  En hoe reg is hy nie! As jy die maan wil haal, gaan jy meer as net ‘n teelepel passie nodig hê.

3.  ‘n Glas: ’n Mens kan tog nie op jou reis na die maan die heeltyd uit ’n tandepastabuis wil eet nie!  Veral nie wyn drink nie! Maar eintlik is die glas net daar om jou, as die reis moeilik raak, te herinner dat jy moet onthou dat jou glas half vol is.  Nie half leeg nie.  Die glas is die simbool van optimisme.  Jy gaan die maan net haal as jy optimisties is.

4.   Pakkie Vetkryte: Nie net een nie. Al die kleure van die reënboog! Om maan toe te gaan sal jy soms kreatief moet wees.  Om dié rede die kryte. Jy kan nie vir juffrou Rottenmeier van jou graad 1-klas blameer dat sy jou kreatiwiteit opgefoeter het nie.  Kreatiwiteit het niks met jou kleinspierkoördinasie, of hoe mooi jy tussen die lyne kan inkleur, te make nie.  Dit het alles te doen met hoe uit-die-boks jy kan dink.

5.  Skaal: Die skaal is nie net om mee te weeg nie, maar om jou te herinner dat ’n mens balans nodig het om suksesvol te wees. Almal ken die ou spreekwoord all work and no play makes Jack a dull boy, maar baie min pas dit suksesvol in hulle lewe toe.  Jy sal baie uitgebrande wrakke op pad maan toe sien.

6.  Twitterrekening: As jy die maan wil haal, sal jy al die nuwe tegnologie tot jou beskikking moet gebruik om daar te kom.  Van tweet tot Facebook.  Daar is nie meer enige verskonings nie.  Of gebruik jy nog ’n telraam?

7.  Maatband: Meet om te weet!  ‘n Ou gesegde, maar baie is te bang om te weet. Jy moet jou reis, en dit waarmee jy besig is, gereeld evalueer.  Of jy nou daarvan hou of nie.  Dit is die enigste manier om te weet hoe naby of ver jy van die maan is.

8. Supermanbadge: Daar is bewerings dat Superman hom daar iewers in die ruimte bevind en ons wil liefs nie in sy verkeerde boekies beland nie.  Daarom die badge.  Jy wil wys jy is hom goedgesind en kom in vrede. Maar eintlik is die badge daar om jou te herinner dat jy iets besonders aanpak.  Amper so heroïes soos ’n heldedaad van einste Superman. Verbeel jou jy is Superman en jy gaan soos ’n superheld begin optree.

9.  Wonderbra: Behalwe dat jy dié kledingstuk as ’n noodwaaierband of masker kan gebruik, is dit eintlik daar vir die ondersteuning! Op jou reis gaan jy ondersteuning van jou medereisigers nodig hê.  Let dus mooi op na wie klim saam met jou in die ruimtetuig.

10.  Koerant: Koerante het stories.  Deesdae nie te opbeurend nie, maar soms kom daar stories soos die van Larry Walters verby.  Larry se storie kom sê vir jou dat as jy maan toe wil gaan, sal dit ’n roeping moet wees en nie ’n job nie.

Nou moet jy besluit.  Maan toe of …

Jy kan, soos hulle in ’n destydse suikerrietadvertensie gesing het, bly soos jy is, of jy kan wegbreek …

Bly soos jy is, en moer toe is jou voorland!

Breek weg en die moontlikheid is daar dat jy die maan kan haal. Of dalk nie.  Wat maak dit saak?  Ten minste het jy probeer.  En dit is eintlik die probeer wat die meeste saak maak.

Geronimo!

Life is not a journey to the grave with the intention of arriving safely in one pretty and well preserved piece, but to skid in broadside, thoroughly used up, worn out and defiantly shouting GERONIMO!   – Bill McKenna

When once you have tasted flight, you will forever walk the earth with your eyes turned skyward, for there you have been, and there you will always long to return. – Unknown

A man is not old until regrets take the place of dreams. – John Barrymore

The best thing in every noble dream is the dreamer… – Moncure Conway

Image: Evgeni Dinev/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading

Wat die hoep-hoep my geleer het!

My hoep-hoep

Ek het ‘n hoep-hoep wat die afgelope twee jaar in my garage se dak kom nes maak.  Reg op die hoek.  Elke nou en dan sien ek hom (haar) onder die dakteël inkruip.  En dan voel ek lekker, want ek het my eie hoep-hoep! Die klein hoepie het ek nog nie te siene gekry nie, maar ek wag in spanning!

’n Geheel en al ander spanning as laas Sondag se rugby.  Want, sê ek vir myself, dit is mos maar wat almal al ’n jaar of twee lank voorspel het gaan gebeur. Maar as dié voorspellings waar word, dan bly dit steeds nie lekker nie.  Die hoop het dan net weer begin opvlam dat ’n wonderwerk saam met Peter tog dalk nie onmoontlik is nie.

Terug by my hoep-hoep. Sy tuismaak in my dak (en die rugby) het my laat dink aan iets wat Dee Hock eens op ‘n tyd gesê het: The problem is never to get new innovative thoughts into your mind, but how to get the old ones out! En hoe waar is dit nie!

Soms kom ons so ontvanklik vir nuwe idees voor en sien onsself as vrydenkend, maar in die praktyk gaan ons voort en doen presies dit wat ons nog altyd gedoen het. Ek dink ons merk meestal vir onsself die oopkopboksie af as ons moet kies tussen dít of die  verkrampboksie.  Maar in praktyk oordonder ons ou manier van doen so baie kere die nuwe idees wat ons wil doen of selfs net wil probeer.

Kry nou net ’n idee!  Miskien moet ek êrens ’n opname van die wedstryd in die hande kry en met ‘n oop gemoed bekyk? Bekyk sonder dat my Vlak 2-afrigtingsertifikaat die manne in groen en die skeidsregter beoordeel. Miskien moet ek my nie te veel verknies oor die feit dat Peter baie leë beloftes maak nie, want hy is mos eintlik ’n spreker van formaat.  Baie flinker met die die mond as met die afrigting!

Terwyl ek dan nou so radikaal wil raak.  Miskien moet ek sommer vriend Vincent Koekemoer oornooi om saam met my na die wedstryd se kykweer te kom kyk.  En daarna kan ons saam braai. En terwyl ek nooi; wat van Steve en Julius?

Al wat my van my nuwe flinkdink-idee bekommer, is dat hierdie mense gewoonlik nie alleen kom kuier as jy hulle nooi nie.  Amper soos familie, want as jy hulle nooi, kom al die aangeplaktes saam.  Dit kan amper soos ’n Mighty Men saamtrek word!  En waar parkeer die busse?  En wat daarvan as my hoep-hoep skrik en besluit om te voertsek as gevolg van al die gebraai en gedansery terwyl ons na die wedstryd kyk?

Nee wat, los maar!  Dit sal in elk geval nie werk nie.  En terwyl my nuwe gedagtes terug koers kry êrens heen en my oues hulle hande soos nat vlieë van lekkerkry vryf, mis ek uit op ’n moerse braai en vriende wat ek nooit sal ken nie.

My hoep-hoep kom sit op die geut en sing: Hoep-hoep hoep-hoep… hoera vir die jollie bobbejaan!

Verbeel ek my of koggel die bleddie voël my?

Every mind is a room packed with archaic furniture. – Dee Hock

Ideas are like wandering sons.  They show up when you least expect them.  – Bern Williams

Old beliefs die hard even when demonstrably false. – EO Wilson

        

Continue Reading

Slow down you move to fast!

Gesien in Laerskool Kenmare (Krugersdorp) se gang.

Na ’n besoek Londen was ek opnuut bewus hoe klein die wêreld regtig is en hoe klein jou eie wêreld kan word as jy jou nie gedurig blootstel aan nuwe en ander dinge nie.

Terwyl ek my een oggend saam met die skare van een moltrein na die ander haas, en hoop dat ek nie weer in my linkeroor iemand kry wat oopmond kougom kou nie (Het hulle nie ouers gehad wat hulle die basiese maniere geleer het nie?), hoor ek verder in die tonnel die bekende woorde van Simon en Garfunkel se Feeling Groovy tussen die mensbenoudheid na my toe aankom…

Slow down you move to fast

You’ve got to make the morning last

Just kicking down the cobblestones

Looking for fun and feeling groovy…

At the SSAT/iNet Conference, Richard Reeves of Demos, told heads to beware of the hurry sickness.  In his speech he referred to the hurry sickness that afflicts many people in leadership positions.

He mentioned that the lifts company Otis found that in the last decade the time people were prepared to wait in a stationary lift before pressing the door close button had reduced from four to two seconds.

When he quizzed the audience about their own behaviour, it was clear that many of them habitually pressed this button – yet, he pointed out, ‘you must know that half the time it is not connected to anything: it’s a placebo.  Here we have the cream of the profession knowingly engaging in an action you know to be futile.’

A show of hands also demonstrated that a high proportion of the school leaders also habitually did other tasks while brushing their teeth, another sign of hurry sickness, according to Mr Reeves.

‘Please attend to your own wellbeing,’ he exhorted the audience. ‘You matter. You have to have the time, energy and space to engage with your colleagues. If you are under that much pressure, you may be busy but you won’t succeed. Don’t press that button. Give yourself some time.’

Laat al hierdie vir ons ‘n wakkerwordoomblik word.

Kom ons slow down ’n bietjie.  Kom ons kom tot stilstand om die rose te ruik, want dit was ook Simon en Garfunkel wat die volgende geskryf het: The words of the prophets are written on the subway walls…

 

There is more to life than increasing its speed. – Mohandas K Ghandi

Slow down and enjoy life. It’s not only the scenery you miss by going to fast – you also miss the sense of where you are going and why. – Eddie Cantor

 For fast-acting relief, try slowing down. – Lily Tomlin

Continue Reading

Man must know his/her limitations!

There is a saying that a man must know his limitations.  But after watching one of our new Lady Rugga’s on TV this weekend, I realised this saying is also applicable to women!  Especially women who want to set foot on a rugby field.

I know that I am venturing on dangerous fields for I am already smelling the sent of women libbers burning their bras.  But girls, just hang on to those matches for a second or two.  Maybe you might still agree with me?

Ek het nie ‘n pyn met die feit dat vrouens wil rugby speel of wil uitsaai nie.  Dis mos ’n vry land.  Ek het ook nie ’n probleem met die Bulls se Babes of met die vrouens wat as fisioterapeute vir ’n span aangestel word nie.  As ek Victor of  Bakkies was, sou ek ook liewer my hampees deur een van hulle gevryf wil hê …

Maar wat my amper ewe veel teen die mure uitdryf as my naamgenoot (die nuusleser) se hiperkorrekte uitspraak van inheemse name, is vrouens wat as skeidsregters, of liewer assistent-skeidsregters, optree.  Het hulle nie iets anders om op ’n Saterdagmiddag te doen nie?  Is daar nie êrens ’n klomp vrouens wat wil rugby speel vir wie hulle die fluitjie kan blaas nie?

Ja, ek weet Suid-Afrika moet meer vrouens in alle posisies aanstel, maar beteken dit ons moet nou só ver gaan? Gaan die Curriebekereindstryd volgende jaar dalk deur mev. Jeanette Kaplan hanteer word? Êrens is daar ’n baie goeie man wat as gevolg van hierdie simpel gedagte werklik op die spreekwoordelike kantlyn gaan staan.

Om alles te kroon, lyk hierdie vroueskeidsregters (vir my) nog boonop baie komieklik.  ’n Judronrugbybroek vlei nie eens ’n man nie.

’n Vrou nog minder! 

 

Woman’s Liberation is just a lot of foolishness. It’s the men who are discriminated against. They can’t bear children. And no one’s likely to do anything about that. – Golda Meir

Macho doesn’t prove mucho. – Zsa Zsa Gabor

If they can put one man on the moon why can’t they put them all there? – Chocolate Waters

Image: jscreationzs/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading

How to plan for success

It seems to me that in our daily existence we tend to focus on losing, rather than winning. As if our brain and body are genetically programmed to protect us from the disappointment when things don’t work out the way we would like it to.

And to strengthen this losing feeling, things like insurance, medical aids and similar products don’t do much to keep the flame of optimism burning high in the human spirit.  To the contrary; you have to be insured against fire, theft, earthquakes and life in general.

Het jy genoeg dekking indien jy ongeskik raak?  Eers gedink die man praat van beskerming teen onbeskofte mense en toe later besef dit is rolstoel- en soortgelyke sake! En het jy geweet dat jy amper nooit genoeg geld gespaar sal hê om te kan aftree nie!

Ons is met papier teen alles wat verkeerd kan loop gepantser.  Onaantasbaar en sogenaamd veilig.  Tot daardie ondenkbare oomblik as jy die Lotto wen!  Wat dan?

Waar is die ballonne en sjampanje (die ware jakob; nie wyn met koolsuurgas nie) dan?  Gaan jy van jou polisse vreugdefakkels maak en ‘n glas melk skink om jou miljoenêrskap te vier?

Kom ons besluit vandag om saam met dít wat verkeerd kan loop, ook ’n bietjie meer te beplan vir wanneer dinge met ons reg loop. Kom ons maak aanspraak op die regmerkies van die lewe.

Gaan koop dadelik ’n ordentlike bottel met borrels vir daardie oomblik wat dalk net om die hoek vir jou wag …

Image: digitalart

 

We tend to live up to our expextations. – Earl Nightingale

The best thing about the future is that it only comes one day at a time. – Abraham Lincoln

What we see depends mainly on what we look for. – John Lubbock

 

Continue Reading

For he’s a jolly good Fellow!

Ons bloed is Groen! Hier kom die Bokke!

Dit lyk my ons Minister van Sport, die agbare Fikile Mbalula, het ook Dale Carnegie se boek How to win friends and influence people gelees?

Klaarblyklik het daar sedert ek die boek gelees het ‘n hoofstuk bygekom.  Naamlik: Hoe om in Afrikaans te vloek en vriende te maak.

Dat Afrikaans ‘n kragtige taal is, dit weet almal van ons wat dit van kindsbeen praat.  En dat daar seker min tale in die wêreld is wat by Afrikaans kan kers vashou as dit by vloekwoorde kom!

Die heer Fikile het dit ook seker gesnap, want waarom anders sal hy ons Springbokke opdrag gee om hulle te moer?  En hulle te bliksem?

Miskien wou hy hulle met Kill the Kiwi aanhits, maar het hom bedink en gedog die plakaat wat hy in die skare sien, was deel van sy toespraak. Of dalk het die jolige atmosfeer hom terug geneem na sy dae as ANC Jeugliga-voorsitter.  Dit was nou voor onse Julius M.

Die skare was egter in hulle noppies, want hier praat die agbare minister, wat meegehelp het dat hulle geliefde bok nou ‘n laaste staanplek op die trui se mou gekry het, húlle taal.  En boonop sterk woorde.  Woorde wat hulle verstaan. For he’s a jolly good fellow …

Ek dink arme Bakkies Botha was totaal verward.  Wat moet hy nou doen? Hulle bliksem of uitlos?

Ek hoop Minister Fikile gaan opdraf as ons manne sy opdrag letterlik opneem en ons met 13 man moet speel.  Want dit wil lyk dat as hy praat, luister hulle.

Die minister moes dieselfde woordeskat tydens personeelsessies gebruik het, want na die SA Sporttoekennings in Sun City vanjaar, het sy personeel blykbaar ‘n hotelkamer wat R60 000 per nag kos se versiering eiehandig verander. Maar hulle sê dis kwaadwillige liegstories.

Ek hoop dit was Minister Mbalula se laaste spanpraatjie aan enige sportspan – behalwe aan ons boksers.  Hulle het dit nodig, want hulle word gewoonlik net gemoer.

Ek wil aanbeveel dat die minister die betrokke hoofstuk weer, maar met meer aandag, gaan deurlees. Êrens mis hy ‘n belangrike sinsnede.  Die een wat sê dat die mooiste woorde in ‘n vreemde taal asseblief en dankie is.

Om in enige taal die vloek- en kragwoorde te gebruik, maak van vreemdelinge nog nie jou vriende nie.  Hulle wonder eerder oor jou.

Ons land en kinders het rolmodelle nodig.  Mense vir wie ons ons nie hoef te skaam nie. Mense soos Nelson Mandela wat die hele Suid-Afrika verenig het sonder om enige negatiewe woord te uiter.  Hy wat die Springbokke en hul ondersteuners tot die wen van die Web Ellistrofee gemotiveer het deur net hul geliefde groen trui te dra.

Daar is oorgenoeg mense in ons land wat wil moer en bliksem, maar ek dog dit is presies van hulle wat ons ontslae wil raak. Ons is eerder op soek na mense wat bereid is om die ander wang te draai. Suid-Afrikaners wat mekaar se hande wil vat in plaas van hul hande vir mekaar vuis te maak.

Skuus, meneer die Minister! Ek weet rugby is ‘n kontaksport, en volgens Div nie ballet nie, maar ons wil nie alles moer en bliksem nie. Ons het genoeg daarvan gehad. Kyk hoe lyk ons pragtige land van al die gemoer en gebliksem!

For he’s a jolly good fellow … maar ons sê nie almal só nie!

Alle praat in hierdie treurige, bitter, bont, begrafnisland is politiek – of dit nou fluisterpraat, kakpraat, wind- of spoeg- of sáámpraat is. – Breyten Breytenbach

The most terrifying words in the English language is: I’m from the goverment and I’m here to help. – Ronald Reagan

Continue Reading

Lesse uit die Siekeboeg

My pa saam met my en Beyers

Ek het so pas Mitch Albom se boek Have a Little Faith klaar gelees. Sy besoeke aan sy rabbi het my opnuut aan my besoeke aan my oorlede pa in die siekeboeg laat dink. Hier volg my gewaarwordige:

Ek kan nie sê dat die besoeke aan my pa in die siekeboeg van die aftree-oord, die opwindendste oomblikke van my week nie is nie.

Enige mens wat sê dat siekte, swaarkry en hulpeloosheid hom opgewonde maak, lewe beslis nie; hy voer slegs ‘n bestaan.  Net soos die omies in my pa se kamer in die siekeboeg.

’n Bestaan in ’n wêreld van hulle eie.  ’n Wêreld waar alles wat jy eens was deur tyd van jou afgestroop is tot waar jy nou deur vreemde mense gebad en gevoer word.  Waar jy nie meer weet wat jy het, wie jy is en hoe laat dit is nie.  Waar alles wat eens baie belangrik was, nou tot ’n ronde nul vervaag het.

Maar dit is tydens hierdie keel-toetrek-besoeke, want dit is asof die gordyn van môre vir my so ’n bietjie eenkant toe geskuif word, dat ek opnuut besef dat die lewe kort en kosbaar is. 

Dit is dan dat ek weet hoe bevoorreg en geseënd ek is.  En meer as alles, dat ek hopeloos te swaar dra aan aardse dinge.  Dat ek moet afgooi en begin ligter leef.  Met eenvoud en oorgawe leef, want dalk sal ek dan met groter dankbaarheid omgaan met dit wat ek so alledaags en as ’n gegewe reg beskou.

Phillip Yancey vertel in sy boek Where is God when it Hurts? dat Bruno Bettelheim sê die konsentrasiekampe van die Tweede Wêreldoorlog het die gevangenes die volgende lewenslesse geleer: Our experience did not teach us that life is meaningless, that the world of the living is but a whorehouse, that one ought to live by the body’s crude claims, disregarding the compulsions of culture.  It taught us that, miserable though the world we live in may be, the difference between it and the concentration camps is as great as that between night and day, hell and salvation, death and life.  It taught us that there is meaning to life, difficult though that meaning may be to fathom – a much deeper meaning than we have thought possible before we became survivors.

En dit is wat my pa en sy kamerade in die siekeboeg geword het: survivors!  Mense wat met elke bietjie krag bly vasklou aan die lewe.

Hoekom? Waarom? Watter sin is daar om so te lewe?  Dit is tog nie regtig lewe as jy só swaar kry nie.  Hoe kan enige iemand sulke lyding met die lewe verwar?

Monika Hellwig, ’n Rooms Katolieke non, het in haar skrywes die voordele van armwees besing.  Yancy het op sy beurt gegaan en ook diegene wat swaarkry by haar armes gevoeg:

  • Those who suffer rest their security not on things, which often cannot be enjoyed and may soon be taken away, but rather on people.
  • Those who suffer have no exaggerated sense of their own importance, and no exaggerated need of privacy. Suffering humbles the proud.
  • Those who suffer expect little from competition and much from cooperation.
  • Suffering helps us distinguish between necessities and luxuries.
  • Suffering teaches patience, often a kind of dogged patience born of acknowledged dependence.
  • Suffering teaches the difference between valid fears and exaggerated fears.
  • To suffering people, the gospel sounds like good news and not like a threat or a scolding.  It offers hope and comfort.

As ek later by die voordeur van die siekeboeg uitstap en my oë opslaan na Tafelberg in die verte, dan weet ek dat die lewe aan hulle behoort wat huil, want hulle sal lag en rondspring van vreugde, want “aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”. (Matt. 5 en Luk. 6)

Dan weet ek waarom hulle almal nog so verbete vasklou aan die lewe.  Daar is tóg sin in die lewe.  Dalk nie meer vir hulle nie, maar vir my wat elke keer met ligter tred uit daardie siekekamer stap.

Soos die geluid van my skoensole op die blink vloer, hoor ek die  meester in Kung Fu Panda aan die oorgewig beertjie sê: You are too concerned about what was and what will be.  There is a saying: Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today is a gift.  That is why it is called the “present”.

Een lewe, leef dit!

 Die sin van die lewe lê in die sinmaak van die lewe. – Willie van der Merwe

 

I walked a mile with Pleasure;

She chatted all the way;

But left me none the wiser

For all she had to say.

I walked a mile with Sorrow,

And ne’er a word said she;

But, oh! The things I learned from her,

When sorrow walked with me.

      Robert Browning Hamilton

  

Continue Reading

Pot-holes se moses!

Almal ken die uitdrukking, hy ly aan klein-mannetjie-sindroom. 

Maar hoe meer ek my op ons voorstedelike paaie bevind, hoe meer oortuig is ek dat ons hierdie uitdrukking moet verander.  Die klein mannetjie moet vervang word met klein karretjie, want jy moet nie net op jou hoede wees vir gate in die pad nie, maar ook vir klein karretjies.

Net toe die klein 50cc piskriekmotorfietsie, met daai senutergende uitlaatgeluid soos ’n weed eater op steroids van die toneel verdwyn, en ek dink nou het ek vrede, maak die klein karretjie sy buiging.

Die een kleiner en meer ekonomies as die ander.  Die een groener en gesonder vir die samelewing as die ander. Almal met sulke kort naampies om by hulle statuur te pas.

Alles goed en wel, maar blykbaar het die verkoopsman gerieflikheidshalwe vergeet om een baie belangrike feit onder sy koper se aandag te bring: Hierdie is ’n klein karretjie!  Nie ’n formule I-prototipe nie!  Daar is net twee silinders.  Ry versigtig.

Wie blits by jou oor die sperstreep verby? ’n Taxi? Nee, kyk weer.  Dit is ’n klein karretjie!

Wie weet nie dat ’n mens stadiger as 120 km per uur mag bestuur nie? ’n Klein karretjie!

Wie het ’n klanksiteem wat elke taxibestuurder begeer? Reg geraai. Die klein karretjie!

En nou wil hulle my bakkie met een of ander groentaks kom belas!  Wat dan van die klein karretjie?

Ek wil sê: Gee my enige dag die klein mannetjie, maar kry asseblief die klein karretjie van ons paaie af.

Many a small thing has been made large by the right kind of advertising. – Mark Twain

I play the harmonica. The only way I can play is if I get my car going really fast, and stick it out the window. – Steven Wright

Have you heard about the Irishman who reversed into a car boot sale and sold the engine? – Frank Carson

Skets: Liana Erlank

 

Continue Reading

Ashley Kaimowitz – For the love of our Children

Die vraag waarmee ek deesdae worstel, is hoe kry ons mense om meer te gee as wat hulle wil hê?  Om in plaas van hand uitsteek om te ontvang, hand uit die mou steek om iets te doen. ‘n Moeilike ene, hoor ek jou sê.

Miskien is die antwoord: Van kleins af?

Ek weet maar al te goed daar is individue wat prysenswaardige dinge doen, maar dit voel of die meeste mense net besig is om bymekaar te maak in plaas daarvan om weg te gee.  Nie dat daar fundamenteel iets mee verkeerd is om vir jouself te sorg nie, maar om om te sien na ander wat minder as jy het, bly tog ’n kardinale verantwoordelikheid van elke mens.

Ek sê nou die dag vir ‘n klomp matrieks op hul matriekkamp dat dit vir my lyk of ’n mens eers iets moet verloor voor jy iets uitsonderliks begin doen.

Want dit is mense soos Nick Vujicic, Hein Wagner, Natalie du Toit en Jessica Cox wat dinge laat gebeur.  Dit is hulle wat sonder sig, arms en bene die hoogste berge klim en die vinnigste voertuie trotseer om ander te help.

 

Ashley behind the camera.

En iemand soos Ashley Kaimowitz…  Hier volg ’n uittreksel van haar aangrypende verhaal soos vertel deur Carte Blanche:

Summer in Cape Town six years ago… and for 19-year-old Ashley Kaimowitz, the world was her oyster. Popular, talented and full of hope for the future, she was about to go to film school in Australia on a scholarship.

Then came the news that every parent dreads…

Ashley was killed by a drunk driver while driving to her home in Sea Point.

Losing a daughter and a sister was devastating.  But beyond their grief, Ashley had left a legacy which would reach into other people’s lives for years to come.

Three years earlier, when she was 16, Ashley had been on a school trip to Khayelitsha organized by the local Rotary club. The school girls had met with community leader, Nocawe Mankayi, who had responded to a desperate need for help in her abuse-ridden area.

On the day the school girls arrived to visit the centre, Nocawe had been helping a little girl who had been brutally raped. She relayed the story to them, moving Ashley and her fellow pupils to tears.

Nocawe: You know they were all crying. And there was this particular child, who was Ashley, who said: Today, I’m taking a decision in terms of curbing the abuse of children in Khayelitsha.

Despite no film experience, Ashley was determined to raise awareness of the situation by making a documentary.  She raised a thousand rand, rallied her friends together and took to the streets of Khayelitsha with camera in hand.

She called her documentary Uthando labantwana – For the love of our children.

During October 2005 Carte Blanch picked up on Ashley’s story. She knew Nocawe needed to raise funds for a new centre.  Nocawe’s dream was to build a proper counseling center, with a safe house, a clinic and counseling rooms.

Support poured in from Carte Blanche viewers.

In April 2008 the Nonceba Family Counselling Centre was opened.  That October, it was dedicated to the memory of Ashley Kaimowitz.

Kom ons leer ons kinders, en al die kinders aan ons sorg toevertrou, dat dit beter is om te gee as om te ontvang.  Dat dit nóg beter is om jou hande in nat sement te druk om ’n huis te bou as om net jou geld in die bussie te gooi.  Dat dit die beste is om sonder iets klaar te kom omdat jy iets vir iemand anders gegee het wat dit nodiger as jy het.

Uthando labantwana!

I have found that among its other benefits, giving liberates the soul of the giver. – Maya Angelou 

I hate the giving of the hand unless the whole man accompanies it. – Ralph Waldo Emerson 

Generosity is not giving me that which I need more than you do, but it is giving me that which you need more than I do. – Khalil Gibran

Photo: Steven Yafa

Continue Reading

‘n Oggend by Home Affairs

As staatsdepartemente na idiome vernoem moet word, sal Binnelandse Sake die naam Departement van Job se Geduld kry.

Ek moes hulle onlangs besoek om my paspoort te hernu. Bygesê; sal enige regdenkende mens hulle sommer sonder rede gaan besoek?

Ná gruwelstories oor hoe lank ek gaan wag, en van mense wat as vermis opgegee is in hul poging om ’n ID te bekom, is ek gepantser met voorafvoltooide vorms en alles wat ek dalk kon nodig kry Binnelandse Sake toe.

Om presies twintig oor nege stap ek deur die deure van Binnelandse Sake.  Hul Engelse naam, Home Affairs, beskryf vir my eintlik beter wat tussen daardie mure gebeur.  Nie dat dit enigsins huislik is nie; Nataniël sal dadelik ’n binneshuise versierder vir die plek wil opkommandeer. 

Dat dit ’n affair is, is baie nader aan die waarheid.

’n Mens kan hierdie hele oefening op twee maniere benader.  Eerstens kan jy dit filosofies benader en ’n wilsbesluit neem dat jy jou nie sommer gaan laat ontstel nie. Of jy kan jou vooraf so opwerk oor alles wat gaan/kan gebeur dat jy jou humeur binne die eerste 30 sekondes verloor.  Iets wat nie moeilik is om by Home Affairs reg te kry nie.

Ek is met die nommer-een-benadering daar in.  In die ry ingeval en my nommer gekry. Eerste skok. Nommer 584!

Kalm bly. Daar is nét 583 mense met vorms voor jou. Onthou vir Esme en Jan:  Elke donker wolk het ’n silwer randjie!

Ná ’n bietjie positiewe selfmotivering sak ek tussen ’n diverse Suid-Afrika op ’n bank neer. Korreksie: harde bank neer.

Die oom langs my grinnik simpatiek toe hy my nommer sien. Ek voel asof ek na die nommers van verlede naweek se lottotrekking kyk. Weer nie my nommers nie!

Die oom sê: Wiet djy dat hulle djou ’n rand vra om die toilit te gebruik?

Ek sê: Nee, maar dit is seker om al die rondlopers en bosslapers uit te hou.

Hy sê: Ma dis waarom securitie mos da is! Wie dink djy kry die geld?

Ek sê dat ek nie weet nie, maar dat al die R1-besoeke nogal ’n klomp geld op ’n dag vir iemand kan inbring.

Hy sê: Die plek is oek nie meer soes in die ou dae nie. Toe was dit bieter …

Ek sê: Wat het dan verander?

Hy sê: Hulle sorg nou net vir hulle se mense en hy trek so met sy vinger oor sy wang om te wys wie dan nou eintlik die skuldiges is.

Hy sê: Ek wonne wat hulle sal maak as iemand met ’n swak blaas nou die toilit ’n klomp keer moet besoek en hy hettie geld nie?  Gaan hy somme da voor hulle laat los?

Ek sê: Ja, amper soos die wet van Transvaal!

Hy sê: Hie moet ’n man Djob se geduld hê.

Ek sê: … en Salomo se wysheid!

Skielik hoor ek ’n stem roep dat nommer 584 na toonbank drie moet kom.

Twee uur en 40 minute later loop ek by Binnelandse Sake uit. Gescan, gevingerafdruk, gediversifiseer en hopelik met ’n nuwe paspoort êrens in die onverstaanbare sisteme en prosesse van Home Affairs.

Wat gaan hulle maak as hy sommer daar voor hulle laat los?

Wie sal weet?

 

Bureaucracy is the art of making the possible impossible. – Javier Pascual Salcedo

I bought a doughnut and they gave me a receipt for the doughnut … I don’t need a receipt for the doughnut. I give you money and you give me the doughnut, end of transaction. We don’t need to bring ink and paper into this. I can’t imagine a scenario that I would have to prove that I bought a doughnut. To some skeptical friend, don’t even act that I didn’t get that doughnut. I’ve got the documentation right here … It’s in my file at home … Under “D” – Mitch Hedberg

Image: africa/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading