As jy vandag met mense oor die onderwys praat, frons hulle onwillekeurig. Dit is nou net nadat hulle hul so vinnig moontlik uit die voete gemaak het!
Almal is dit egter eens dat sake nie te rooskleurig lyk nie. Van prof Jonathan tot swanger Sannie, wat nou reeds wroeg oor na watter laerskool sy hulle kind na toe moet stuur.
Almal het ‘n verklaring vir die onderwysmoeras waarin ons ons bevind. Dit is die regering se skuld dat dinge nou só lyk in die onderwys. Gerieflikheidshalwe word vergeet dat dié probleem reg oor die wêreld bestaan. Die verandering van die kurrikulum moet die skuld kry en dan praat ons nie eens van swak en lui onderwysers nie!
Die koppe knik, soos die hondjie in die Cortina se agterruit, instemmend saam.
Maar niemand het regtig ’n sinvolle oplossing nie.
Niemand sê hardop soos Seth Godin dat large-scale education was not developed to motivate kids or to create scholars. It was invented to churn out adults who worked well within the system. Scale was more important than quality, just as it was for most industrialists.
En as jy hierdie feit vir hulle uitlig, knik die koppe nog meer verwoed saam. Die hondjie in die Cortina begin soos die energizer hasie lyk.
Maar niemand doen iets hieraan nie. Môre gaan onderwysers weer terug klas toe en doen dieselfde as al die jare tevore. Ouers stuur steeds hulle kinders na skole wat dieselfde prosesse as 150 jaar gelede volg. En niemand staan vir ’n oomblik stil en bevraagteken wat besig is om te gebeur nie!
Hoe kan enige iemand dan verwag dat onderwys moet beter word?
Gelukkig is daar twee stemme wat opgaan en pleit dat mense dringend en indringend na onderwys moet kyk. Voor dit heeltemal te laat is.
Hulle is Seth Godin en sir Ken Robinson.
Seth Godin het pas ‘n 30 000 woord manifes die lig laat sien waarin hy die rol en die doel met/van skole onder die vergrootglas plaas.
The economy has changed, probably forever.
School hasn’t.
School was invented to create a constant stream of compliant factory workers to the growing businesses of the 1900s. It continues to do an excellent job at achieving this goal, but it’s not a goal we need to achieve any longer.
In this 30,000 word manifesto, I imagine a different set of goals and start (I hope) a discussion about how we can reach them. One thing is certain: if we keep doing what we’ve been doing, we’re going to keep getting what we’ve been getting.
Our kids are too important to sacrifice to the status quo.
Gaan lees asseblief wat hy te sê het by www.squidoo.com/stop-stealing-dreams Die hele dokument, eintlik ’n e-boek, kan gratis en verniet afgelaai word.
Sir Ken Robinson sê op sy beurt in Changing Education Paradigms ook soos Godin dat ons steeds besig is om dieselfde metodiek, soos net na die industriële rewolusie, in ons skole te volg en toe te pas. Die wêreld het verander, maar ons gebruik steeds ‘n onderwyssisteem wat 150 jaar gelede toepaslik was!
It used to be simple: the teacher was the cop, the lecturer, the source of answers, and the gatekeeper to resources. All rolled into one.
The internet is making the role of the gatekeeper unimportant. Redundant. Even wasteful.
If there’s information that can be written down, widespread digital access now means that just about anyone can look it up. We don’t need a human being standing next to us to lecture us on how to find the square root of a number or sharpen an axe.
What we need is someone to persuade us that we want to learn these things, and someone to push us or encourage us or create a space where we want to learn to do them better. (S.Godin)
Gaan laai asseblief Seth se manifes af. Lees dit en gee dit vir skoolhoofde, onderwysers en ouers.
En begin vrae vra oor waarmee ons in ons skole besig is.
Insanity: doing the same thing over and over again and expecting different results. – Albert Einstein
Nothing in the world is more dangerous than sincere ignorance and conscientious stupidity. – Dr. Martin Luther King, Jr.
The difference between school and life? In school, you’re taught a lesson and then given a test. In life, you’re given a test that teaches you a lesson. – Tom Bodett
Daar sal altyd ‘n balans moet wees tussen goeie onderrig wat lewensvaardighede en kwaliteite insluit (Skills, Knowlegde, Attitude, Values)en ‘n oog hou op die veranderende wêreld waarin ons leef.
Dit is vir die sisteem eenvoudig te moeilik/duur/onmoontlik om elke jaar/maand/week opgedateerde kurrikula (lees: inhoud) daar te stel vir nasionale gebruik.
Moet ons dan almal tuisskolers word sodat elke kind se potensiaal binne sy omgewing verwesenlik kan word? Gelukkig nie!!! Ek is steeds van mening dat goeie onderwysers die brug kan span tussen voorgeskrewe kurrikula, leerdervermoëns en -behoeftes, en markvereistes.
Weereens lê die sleutel by OPLEIDING!!
Kom ons gee ons leerders op skool reeds die geleentheid om te leer dink, probleemoplossings in te oefen, navorsing te doen en te interpreteer – in die proses sal ons sal volwasse landsburgers kweek wat kan aanpas by enige nuwe tegnologie/idees/vaardighede, dit kan interpreteer binne hul lewensraamwerk en -funksionering en diensooreenkomstig kan implementeer.
Ons is almal lifelong learners…..
Stem saam. Laat ons kinders leer dink ipv memoriseer!
Dankie vir die 2 baie waardevolle bronne Rian….ek sal verseker by Seth se manifes begin.
Baie stof tot nadenke by Seth. Geniet!
Rian, hoe lyk dit met Seth Godin by die Great Escape? Dankie vir hierdie aansporing tot ‘dink’.Interessant: ons skool se leuse is:’Dink en Doen'(Cogito et Conficio).Probeer hard om by die ‘dink te kom!
Groete.
Chris, wat praat jy. Miskien moet ons vlg jaar soek na ‘n borg om hom of Ken Robinson na die kongres te bring.
Baie dankie vir die post. Ek is self hierdie week gekonfronteer met hierdie einste saak in ‘n akademiese artikel.
Elzette, ek stem mens. Ek dink daar moet gekyk word na onderwys opleidingsinstansies. En gaan maak seker dat hulle wel die “tools” het om onderwys te verander wanneer hulle in die hoofstroom opgeneem word. Dis ongelukkig nie so maklik nie. Daar is verskriklik baie onnies in skole wat net eenvoudig nie WIL verander nie. As daardie jong onderwyser/esse in hul nuwe skool arriveer, word hulle gekonfronteer met ou en afgeleefde metodes van skoolgee. Dit sal slegs ‘n goeie skoolhoof, departementshoof, graadhoof ens. neem om hierdie verandering te laat plaasvind.
Daar is net te veel onnies wie te gemaklik is in hul “comfort zones”. Dis eintlik baie hartseer.
Go, Nina go! Elke mens wat hieroor dink, is ‘n stap in die regte rigting.
Rian, jy het my regtig aan die dink laat sit met hierdie artikel. Ek het bietjie gaan kyk wat Maslow sê van onderwys en sy siening daarvan. Hy het die volgende gesê:
“The chief goal of the ideal college, in other words, would be the discovery of identity and with it the discovery of vocation. The growing person should learn things that are important to him in a relaxed atmosphere, and he will then be motivated by his won needs and not those of others.” – Abraham Lincoln
Maar my vraag is hoe kan ‘n onderwyser die bogenoemde regkry? Ontspanne atmosfeer…dis nie te moeilik nie. Maar hoe kry mens dit reg om kinders meer te leer van hulself en hulle self-motivering te leer as daar nie gebruik mag word van gestandardiseerde toetse nie. As dit in die skool weggeneem word, gaan hierdie selfde kinders nie eendag sukkel om aan te pas in ‘n tersiêre inrigting nie?
Nina! Goeie vraag. Alles begin in die skool. Dis daar waar bv kreatiwiteit aangeleer moet word. Te laat as ‘n universiteit dit moet doen. Skole moet kinders ook meer self laat ontdek. Niemand help of spoonfeed op universiteit nie. Lekker bespreking die!