Verlede week was ek die amptelike meet and greeter vir ’n funksie.
Omdat daar uitstallers en onderwysers teenwoordig was, moes ek uitvind wie is wie. En omdat my instink na jare in die tuig nog redelik akkuraat is (of so het ek gedink), kon ek die onderwysers met min moeite identifiseer.
Met die oorgrote meerderheid was my voorgevoel in die kol, maar ’n paar keer het ek die toets liederlik gedop!
Om te sien of my vermoede reg is, het ek dan aan hulle gevra of hulle onderwysers is.
Die meeste het die vraag positief beantwoord en sommer vrywilliglik bygevoeg watter skool hulle verteenwoordig.
Maar drie keer was die antwoord : Ek is die hoof! (Menende die skoolhoof.)
Jammer Meneer/Mevrou! Ek is ontsettend jammer dat ek nie u titel kon raaksien nie!
Allemagtig! Wat is dit met sommige mense en titels?
Van wanneer is skoolhoofde dan nie meer onderwysers nie? Of is, om nét ’n onderwyser te wees, benede dié uitverkore betiteldes?
Sondagaand, tydens die US Woordfees, luister ons na Koos van der Merwe en hy sing Bob Dylan:
Mama, take this badge off of me
I can’t use it anymore
It’s gettin’ dark, too dark to see
I feel I’m knockin’ on heaven’s door.
En ek besef; dit is nét heavens door wat die badge van sommige mense sal kan stroop.
Sela.
I don’t want to be a VIP. I want to be a LIP, a Less Important Person. – Mamata Banerjee
I can’t help feeling that I am not a very important person, and being treated like one gives me strange feelings. – Sally Rooney
I didn’t wake up one morning and become some important person. – Linda Sarsour
Dankie dat jy ons voete altyd weer op moeder aarde laat land!!!! Well spoken, dankie vir jou!
John Reyneke
Dankie vir die lees, John! Mooi loop!
Ai Riaan, ek word 60 en haar dit as mense my voorstel as die Skoolhoof. Ek is ook net mens!
Well done, Russell!
Ja Rian, sulke ouens is baiekeer die skool se hoofpyn!!
Stem! Dankie vir die lees, Erik!
Lees nog steeds als Rian. Geniet tans opnuut weer Bob Dylan op You Tube. Dankie vir die ” Tell it like it is”.
Dankie, Chris! Mooi loop!
Hoe minder, hoe meer. Bestaan daar so ‘n gesegde? Dit klink in elk geval of dit hiervoor werk. Stem 600% saam, Rian.
Mooi gesegde! Of dit bestaan of nie, Sandra! Dankie vir die ondersteuning. Mooi loop!
Ons moet leer die titel behoort aan die pos, nie aan jou as persoon nie! In die pos dienende, word jou tasse vir jou gedra, more, dra hulle die nuwe ou se tasse!
Net soos jy daar sê, Stoney! Dankie!
Amper so erg as om jouself voor te stel as Mevrou Dominee, of Mevrou Advokaat.
Laat jou werk getuig, nie jou woorde nie.
Ek geniet dit om mense se reaksie te sien as hul my titel eers heelwat later agter kom.
Ek is nie my titel nie.
Net soos jy daar sê, Francois! Dankie vir die lees. Mooi loop!