‘n Man moet ‘n way hê.

Sakkie Kotze

Sakkie Kotze

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Faithveiling en die genooides se beursies staan wyd oop vir dié goeie saak.

Beyers veil op en vertel stories. Tussen al dié, is daar veral een wat by my vassteek.

Die staaltjie oor Sakkie Kotze se sêgoed. Sakkie die wynmaker van Le Bonheur. Sakkie wat ook reeds sy plek om die Here se langtafel ingeneen het.

Sakkie het glo die manier gehad om te sê: ’n man moet ’n way hê.

Amper asof ’n man/mens sonder ’n way, maar vaal en oninteressant is. Amper identiteitsloos.

Hierdie woorde van Sakkie het my onwillekeurig oor my eie way laat wonder (skielik sing Frank Sinatra saggies in die agtergrond I did it my way…

Het ek ’n way? En as ek een het, waarheen gaan hierdie way van my?

Is dit net my way wat tel en te hel met jou way?

Is dit my way wat maak dat ek die pad byster raak en weerlose mense in Parys afmaai?

Is dit my way om my beursie so vol as moontlik te kry en dan my waarde en sekuriteit daaraan te meet?

En so kan ek aangaan, maar vanoggend lees ek van Fransie (Francois Lourens) se way:

Aan die einde van Fransie se lewe hier op aarde gaan dit nie oor hoeveel hy gehad het nie, maar hoeveel hy gegee het. Nie hoeveel hy gespaar het nie, maar hoeveel hy opgeoffer het en opreg lief gehad het. Al wat hy saam gevat het, is dit wat hy op aarde weggegee het. Fransie het die fees van die lewe met ander gedeel. Mag hy nou die Hemelse fees beleef. (1956 – 2015)

Ek glimlag so half tussen die nat in my oë en sien vir Sakkie en Fransie (en seker Frank ook) om die langtafel met ’n glas Le Bonheur cabernet in die hand en hulle sing:

For what is a man, what has he got? If not himself, then he has naught.

Cheers!

Sakkie was reg.

’n Man móét ’n way hê!

 

Be yourself; everyone else is already taken. – Oscar Wilde

We know what we are, but not what we may be. – William Shakespeare

Don’t let the noise of other’s opinions drown out your own inner voice. – Steve Jobs

Foto: Winetimes.co.za

(Visited 190 times, 1 visits today)

, , , ,

6 Responses to ‘n Man moet ‘n way hê.

  1. Hannes November, Wednesday 25 2015 at 3:56 pm #

    Dankie mnr Truter. Jy was my skoolhoof, way back in 1997, en ek het toe al aandagtig Maandagoggende geluister met Saal. Ek luister en leer nogsteeds. Hou so vol!

    • Rian Truter November, Wednesday 25 2015 at 4:14 pm #

      Dankie, Hannes! Goed om van jou te hoor! Glo dit gaan goed met jou en dankie vir die lees!

  2. erich November, Wednesday 25 2015 at 7:46 pm #

    Love dit Rian…..

  3. Dan van Zyl November, Thursday 26 2015 at 3:51 pm #

    My way is leef en laat leef. ‘n Vriend se huis is nooit te ver nie!

Leave a Reply