Malala Yousafzai – Staan op en laat jou stem hoor!

booksnotbullets-share-584x302

Ongelooflik om te dink dit is die laaste maand van 2015!

Bostaande sin is natuurlik die cliché wat oor hierdie dae gereeld gebruik word, maar dit bly egter net skrikwekkend waar die tyd heen verdwyn het! En dit is hierdie onverantwoordbare, verdwene tyd wat my aan die einde van hierdie jaar ietwat ongemaklik maak.

Daarom sommer dadelik my eerste voorneme vir 2016: moenie dat jy wonder oor wat van die tyd geword het nie, weet wat jy daarmee gedoen het!

Ek het gister na die film He named me Malala gaan kyk. En wat ’n belewenis, want ek was nog altyd ’n reuse-aanhanger van hierdie ouwêreldse, wyse meisie!

Almal wat wonder oor tyd, sy/haar doel en visie op aarde moet hierna gaan kyk. En moet asseblief nou net nie weer dink dit is iets wat later gedoen kan word nie. Doen dit nou!

Malala Yousafzai se verhaal is aangrypend en inspirerend. Ouers, grootouers en veral onderwysers móét dié fliek gaan kyk. En haar boek I am Malala lees. Jy gaan nie onaangeraak deur hierdie proses kom nie; dit kan ek jou belowe.

Ek gaan nie hier die storie van Malala vertel nie; dit kan jy self gaan kyk of lees. Ek wil net ’n paar van haar wyshede aan die einde van 2015 met jou deel.

I don’t want to be remembered as the girl who was shot. I want to be remembered as the girl who stood up.

We realise the importance of our voices only when we are silenced.

One child, one teacher, one book, one pen can change the world.

I raise up my voice – not so I can shout, but so that those without voice can be heard.

When the whole world is silent, even one voice becomes powerful.

Ten slotte wil ek jou bedank dat jy hierdie jaar Piesangs & Jellietots gelees het. Dankie vir almal wat kommentaar lewer. Ek waardeer dit geweldig. (Daar is ’n praatborrel regs bo die post waarop jy kan kliek om saam te praat.)

Ek wil vir jou en jou geliefdes ’n baie geseënde Kersfees toebid. Mag jy Jesus se genade en liefde in elke senuweepunt van jou wese ervaar en beleef.

’n Voorspoedige 2016 wil ek ook vir jou toewens, maar met minder geesdrif as my Kersfeeswens aan jou. Ek wil jou eintlik ’n ietwat ongemaklike 2016 toewens sodat jy rusteloos en kriewelrig kan raak oor:
– Armoede in ons land en oor die hele wêreld!
– Misdaad en korrupsie!
– Oninspirerende onderwys en beleide!
– Hopelose en visielose leierskap!
– Gebrek aan rolmodelle!

Kom ons besluit om soos Malala in die nuwe jaar op te staan en te sê: Tot hier toe en nie verder nie!

Mooi loop en vrede.

(Visited 161 times, 1 visits today)

, , , , , ,

8 Responses to Malala Yousafzai – Staan op en laat jou stem hoor!

  1. Chris Viljoen December, Thursday 3 2015 at 12:30 pm #

    Dankie Riaan. Ons het baie Malala’s nodig in ons onderwysdepartemente. Beste wense vir jou en jou familie oor die Kersgety.

    • Rian Truter December, Thursday 3 2015 at 12:58 pm #

      Dankie, Chris! Mooi loop!

  2. Neiel December, Thursday 3 2015 at 4:14 pm #

    Dankie Riaan vir jou inspirasie deur die jaar. Geseënde Kersfees vir jou en jou familie.

    • Rian Truter December, Thursday 3 2015 at 4:59 pm #

      Groot vreugde! Mooi loop in NN! Geniet die rus.

  3. Erik Moller December, Friday 4 2015 at 4:13 pm #

    Nou ja, vir jou ook ‘n wonderlike tyd van afskakel en opcharge saam met jou geliefdes toegewens. ‘n Spesiale dankie vir die onderwyslewens en harte wat jy aangeraak het.

  4. Cari December, Saturday 5 2015 at 8:55 pm #

    Love you

Leave a Reply