It’s a strange, strange world we live in master Jack…
Of die Four Jacks and a Jill in 1968 ooit besef het hoe profeties hierdie woorde sou word, betwyfel ek.
En net toe ons dink Covid en al sy tentakels is die toppunt van tragedie, wys van ons medeSuid-Afrikaners ons hoe sake oornag van erg na erger kan eskaleer.
Ek is die eerste een wat erken Afrika is ’n tawwe kontinent, maar selfs ek het nie in my wildste drome gedink mense sal oop en bloot, in die lens van van ’n nasionale TV-kamera, ’n winkelsentrum plunder en beroof nie!
Nie eens rot en kaal steel nie, want ek glo dat elke rot betyds die pad gevat het… Eerder tot op die fondasie afbreek!
Wat nog erger was, was om kinders tussen die volwassens te sien wat meedoen aan hierdie skreiende anargisme.
Die spreekwoord It takes a village to raise a child het onwillekeurig in my gedagtes opgekom.
En ek wonder wat het in hierdie dorpie skeefgeloop?
Wie was hulle rolmodelle? Politici, gemeenskapleiers, ouers, grootouers, bure, onderwysers…
Watter waardes is aan hulle voorgehou? Die vyf op die plakkate in die skoolgange strook definitief nie met dit wat hulle by die leiers van die dorp en land waargeneem het nie.
Dalk is dit ’n onderwysstelsel wat geen waarborg op werk verskaf nie?
Was dit sistemiese armoede of honger wat hulle hiertoe gedryf het?
Of is hulle bloot in die suigstroom van die dorp opgeslurp en in hierdie chaos uitgespoeg?
Maar die ergste nog; is hierdie nuwe normaal hulle morele kompas vir die res van hulle lewe?
As bogenoemde vraag waar sou wees; behoed hulle, ons en die land waarvan hulle dorpie ’n deel is.
The essence of community, its heart and soul, is the non-monetary exchange of value; things we do and share because we care for others, and for the good of the place. – Dee Hock
Parents must lead by example. Don’t use the cliche; do as I say and not as I do. We are our children’s first and most important role models. – Lee Haney
Parents are the ultimate role models for children. Every word, movement and action has an effect. No other person or outside force has a greater influence on a child than the parent. – Bob Keeshan
Uitstekend, soos altyd MAAR so verskriklik tragies! Het ons dan nie genoeg wat reeds gedoen moet word om nou nog met dit ook te moet deel nie? “En ek wonder wat het in hierdie dorpie skeefgeloop?”
Dankie, Danie! Jy praat só reg. Daar is so baie wat gedoen moet word en dan nog dit ook! Maar ek glo ons sal dit ook kan wen! Mooi en veilig bly!
Dankie Rian,
Hierdie sg verset was alles polities gemotiveerd. Ek hoop regtig die sg leiers word geidentifiseer en vervolg. Kinders en jong mense is maklik oortuigbaar en volg die voorbeeld van die massas. Daar is n hele paar redes oor hoekom die destabilisering gebeur het, van ekonomiese redes tot gebrek aan politieke leierskap. Vir my persoonlik is een van die belangrikste redes; mislukte skole wat vir die meerderheid van jong mense geen kans op oorlewing bied in die lewe nie. Hef aan Suid Afrika, hier lê nog baie harde werk voor op alle terreine!
Dankie, Stoney! Ons bid vir wysheid en kalmte.
Dankie dat jy saamvat hoe ons voel, Rian.
Dankie vir die lees en saampraat, Sandra!