Bye 2011… Yebo 2012!

Nog ‘n einde van ‘n jaar! Hoe het dit gebeur?

Ek is seker dat as jy oor jou skouer loer, jy verstom sal staan oor alles wat hierdie jaar gebeur het.  Die meeste daarvan voel reeds onwerklik en soos iets uit die argief.  Die tsunami in Japan, die aardbewing in Christchurch, prins William se troue en Osama bin Laden se dood.

Daar is egter ook gebeure wat voel of ek dit nooit sal vergeet nie.  Dinge soos Pieter de Villiers se wyshede, Bryce Lawrence, Julius en die uitroei van ons kosbare renosters en perlemoen!

En ons het nog nie eens by sake wat aan ons eie nerf raak, uitgekom nie! Die dinge wat die proppe laat skiet het en dié wat diep groewe uit ons bestaan gekerf het.

Oral hoor ek dat mense ’n beter en voorspoediger jaar as vanjaar begeer. Amper soos Koos Kombuis se Almal wil ’n huisie by die see hê…

Self hoop ek glad nie op ‘n beter 2012 nie, want ek glo ek en my huis het 2011 tot die droesem geleef! As jy dit nie gedoen het nie, het jy net jouself te blameer!

Ek sien wel uit na ’n opwindende nuwe jaar.  Een wat my kneukels wit gaan laat uitslaan van al die vasklou.  Ene wat my gaan laat gil: Geronimo! Ek leef!

’n Geseënde Kersfees en ’n baie opwindende nuwe jaar vir alle Piesangs & Jellietots-lesers. Dankie vir julle ondersteuning die afgelope paar maande vandat P&J die lig gesien het. Bly by my, want daar wag ‘n klompie verrassings in die nuwe jaar!

Jacob Rheeder, my goeie vriend daar uit die Oos-Kaap, sluit hierdie laaste post van 2011 met dié wyse woorde af:

Die gedagte aan kersvakansie gee jou hart net so ‘n ekstra klop, doef-drrroeof-doef, want baie wyk uit see toe of iewers lekker, soos selfs om by die huis te bly. Vir baie van ons met die prentjie-nommerplate begin daar eersdaags ‘n gestoeiery om by daardie spesiale plekkie uit te kom, ja, met die kar gepak tot teen die dak. Maar om die eerste draai raak jy kriewelrig, want dinge loop nie teen jou spoed nie. Of jy sit by die oorvol Wimpy langs die see en die diens is nie na jou wense nie. Die engelse praat van “silly season”, klink waar, want dis asof ons in hierdie 3 weke die hoender wil ruk, mal gaan en handuitruk, ons is op vakansie en bogger die res.

Hêhê, dis waar 1 Tes 5:15 ons rieme bietjie vir ons intrek. Kom ons verander die ek en ons na julle, ja, kom ons kyk bietjie in hierdie dae hoe ons dit vir ander lekker kan maak. Boeta, hulle lieg vir jou, jou hande gaan nie afval as jy skottelgoed was nie en Ousus, jy weet dit nie, maar jy kán lekker ontbyt maak. Maak jou bed op, koop lekkers vir die familie se kinders en sê dankie vir die een wat jou vuilgoed kom wegry. Ander mense sien net so uit na die vakansie soos ek en jy.

 

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. – Joh 3:16

En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê. – Luk 2:10-12

May your right hand in the New Year always be stretched out in friendship, never in want. – Irish proverb

 

Image: Ideago/FreeDigitalPhotos

 

(Visited 122 times, 1 visits today)

,

9 Responses to Bye 2011… Yebo 2012!

  1. Cari December, Sunday 18 2011 at 8:06 pm #

    Baie mooi! Kan nie wag vr ons see vakansie nie!

  2. Jo-Mare December, Monday 19 2011 at 12:46 pm #

    2011 was defnitief ‘n jaar om te onthou!!

    • Rian Truter December, Monday 19 2011 at 7:42 pm #

      2012 hou nog meer belofte in! Voorspoed en Geronimo!

  3. Altus Tolken December, Monday 19 2011 at 1:18 pm #

    Hi Rian.

    Baie dankie vir die jaar se getroue blogs met interessante en komiese inhoud waar jy telke male die spyker op sy kop geslaan het. Voorspoed vir jou en jou familie vir die toekoms en mag die liefde van Jeshua julle omvou.

    Blessings

    Altus & Co.

    • Rian Truter December, Monday 19 2011 at 7:43 pm #

      Dankie, Altus! Geronimo vir 2012!

  4. Ian December, Wednesday 21 2011 at 1:59 pm #

    Beste Rian

    Geseënde Kersfees aan jou, Elsa en jul familie. Alles van die beste vir 2012!

    Seënwense

    Die Brande

    • Rian Truter December, Wednesday 21 2011 at 6:55 pm #

      Dankie Ian! Selfde aan daardie kant vir die Brande. Ons moet erens in 2012 by mekaar uitkom! Mooi loop!

  5. Este February, Thursday 23 2012 at 11:36 am #

    Ek kry nou eers kans om weer lekker deur die blogs te lees, kan nie wag om die res van 2012 s’n te lees nie:)

Leave a Reply