Boomklim in die Onderwys

Vra enige ma of haar kinders dieselfde geaardheid het en sy sal sonder om te huiwer sê dat hulle verskil. Nogal baie! Soms so baie dat sy nie kan glo hulle is almal háár kinders nie!

Wakker ouers probeer dan ook om hierdie verskille te akkommodeer. Jannie word toegelaat om die branders te tem terwyl Daan weer sy talente op die saksofoon kan uitkerm. Elkeen soos hy geveer is.

Maar dit is as hulle skool toe gaan, dat die spreekwoordelike kam te voorskyn kom. Dit is dan wanneer die surfer en die saksofoonspeler oor presies dieselfde kam geskeer word. Veral wat die akademie betref.

As ek die spotprentjie, die ene waar die onderwyser vir die diere sê om die boom te klim, wys dan lok dit gewoonlik ‘n gegiggel en self ‘n hardop gelag by onderwysers uit.  Want wie is dan nou so simpel om net een toets vir die verskillende diere te gee?

Hoe gaan goudvis in die eerste plek uit sy bak kom? Wat nog te sê van boomklim! Om dan nog nie eens van Wagter te praat nie. Al wat hy met die boom gaan doen, is om sy been daarteen te lig!

Die ironie van dié toets is dat Bobbejaan dit gaan geniet! En boonop gaan hy baie goed vaar. Besonder goed. So goed dat hy selfs as begaaf bestempel gaan word.

Elke dag kom ons kinders met totaal verskillende vermoëns, agtergronde, talente, belangstellings, swak en sterk punte skool toe. Maar ons verwag dan van almal om dieselfde te wees? Almal kry dieselfde taak: Klim die boom!

Maar dit is wat die sillabus van ons verwag, hoor ek jou sê. Ek verstaan, want ek was self ook daar, maar probeer verdomp net ’n slag iets anders! Of gee ’n verskeidenheid toetse dat Goudvis en Rakkertjie Rob ook soms soos wenners kan voel. En kyk ’n slag hoe Bobbejaan spartel om kop bo water te hou as hy moet swem.

Ek weet dit is nie altyd maklik of selfs moontlik nie, maar hierdie een resep vir almal is nie besig om ons kinders vir die regte lewe voor te berei nie.

Nog beter (of vir party dalk erger) kom ons beloon ’n slag almal wat net probeer om die boom te klim.

Want in die regte lewe is dit eintlik hierdie aanhou-probeer-ten-spyte-van-wat-eienskap wat base by hulle werknemers soek.

Seth Godin verwys onlangs na die uitmergelende Iditarod honde-sleeresies in Alaska en die toekenning van die Rooi Lantern.

Een van die pragtige gebruike van dié resies is dat die persoon wat laaste die wedren voltooi, die gesogte Rooi Lantern as toekenning vir sy vasbyt en deursettingsvermoë ontvang. Al steek hy letterlik, soos in 1973, die eindstreep twaalf dae na die wenner oor.

Seth skryf verder: Failing to finish earns you nothing, of course. But for the one who sticks it out, who arrives hours late, there’s the respect that comes from finding the strength to make it, even when all seems helpless.

Most parents (and most bosses) agree that this sort of dedication is a huge asset in life. And yet, as we head back for another year of school, I can’t help but notice that school do nothing at all to encourage it.

The director of the school play puts the same kids in leading roles year after year. After all, the reasoning goes, we need to have to reward the best performers, just like they do in real life.

But school isn’t real life. School is about learning how to succeed in real life.

Hierdie boomklimtoetsery laat my deesdae, as ek na skole se prestasieborde in die saal of hul gange kyk, diep dink. Wie was die  Dux-leerder? Bobbejaan of Kraai?

En as ek vra wat het van Goudvis geword, dan sug hulle…

Jy sal nou nie glo nie, maar ons het alles probeer om hom in die boom te kry.

Ekstra klasse, remedieering, maar niks wou help nie!

Goudvis het tot ons spyt skool vroeg verlaat.

Hy wou die heeltyd net swem…

Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid. – Albert Einstein

Intelligence is the ability to adapt to change. – Stephen Hawking

I think kids should have a mentor and a role model, but they shouldn’t take one person’s opinion to be what we call final assessment or judgment about how life is supposed to be. – Sean Paul

Image: Imgur

(Visited 854 times, 1 visits today)

, , , , ,

16 Responses to Boomklim in die Onderwys

  1. Marius September, Tuesday 10 2013 at 6:42 pm #

    Dankie Riaan!
    So waar. Ons het almal groen koring op die lande en hierdie is so vantoepassing!

    • Rian Truter September, Wednesday 11 2013 at 7:39 am #

      Dankie vir die kommentaar en lees van P&J, mARIUS! Mooi loop!

  2. Mona September, Tuesday 10 2013 at 7:33 pm #

    Ek wens die onderwys grootkoppe wil dit kop…… Vandat ek begin onderwys gee het, HAAT ek prysuitdelings geleenthede. Die talentvolle kind word nog boon-op beloon ook….. Hy het dit alreeds baie makliker omdat hy in die intellektuele baan van die lewe kan “swem”. In Korea is ons vertel begin hulle al in graad 4 differensieer met die gevolg dat jy dan al sekere oudjies kry wat in n tegniese rigting in begelei word. En nou kry jy n gelukkige kind wat nie met jou intellektuele reuse HOEF mee te ding nie! En n gelukkige kind is gewoonlik n gelukkige volwassene. Ek wou nog my lewe lank geswem het en nou word ek gedwing om boom te klim…. Jou spotprentjie spreek harder as baie ensiklopedieë…….

    • Rian Truter September, Wednesday 11 2013 at 7:40 am #

      Dankie vir die kommentaar, Mona! As ons net wil, sal ons dalk kan… Groete!

  3. Pierre Potgieter September, Wednesday 11 2013 at 10:02 am #

    Rian
    Baie dankie, gese soos ‘n ware OPVOEDER. Wens so ons het denkers soos jy in die Nasionale kantoor. Ons moet maar ook in ons skole meer empaties wees teenoor sekere leerders.

    Sterkte

    Pierre

    • Rian Truter September, Wednesday 11 2013 at 1:45 pm #

      Dankie, Pierre! Waardeer jou kommentaar. Mooi loop!

  4. Eben September, Wednesday 11 2013 at 3:13 pm #

    Baie waar Riaan Jy het nie altyd n A simbool nodig om n sukses van jou Lewe te maak nie n Goie belans van Geloof ,harde werk en deursettings vermoe en pret
    kan you ver bring in die Lewe
    Groetnis
    eben

    • Rian Truter September, Wednesday 11 2013 at 6:25 pm #

      Baie raak saamgevat, Eben. Ek dink dat ‘n A al te veel kinders hul agterent laat sien het, in plaas daavan dat dit hulle ‘n skop op hul agterent gegee het! Mooi loop!

  5. Marlise September, Wednesday 11 2013 at 8:32 pm #

    Moet hierdie een druk,raam en elke nuwe skooljaar saam met ‘n klein bank klimmertjie skool toe stuur.

    • Rian Truter September, Wednesday 11 2013 at 10:01 pm #

      Net so! Ons sal oor hulle skouers loer…

  6. Nina September, Thursday 12 2013 at 6:49 pm #

    Ek praat net vir Grondslagfase opvoeders, want van die res se assessering weet ek min. Ek het al BAIE Grondslagfase juffrouens teëgekom wat hierdie bogenoemde gedifferensieerde assessering wil toepas, maar die geweldige hoeveelheid admin gee nie vir ‘n Graad 1-juffrou ruimte om vir die swemmertjie en die saksofoonspeler op ‘n geïndividualiseerde wyse te toets nie. Hierdie euwel begin al by Graad R, waar die departement baie assessering op papier wil hê. Nie alle kinders presteer op papier nie…

    Baie goeie artikel. Stem 100% saam. Moes al menigte kere vir ‘n (normale) besige seuntjie agter ‘n bank maak sit, sodat ‘n alewige assesseringstakie ingevul kan word…al weet ek vir ‘n feit dat daardie selfde besige seuntjie stof skop in die res van die kinders se oë wanneer dieselfde werk verbaal weergegee moet word.

    Skies, ek skryf lank…voel nét so sterk hieroor!!!!!!

    • Rian Truter September, Friday 13 2013 at 7:52 am #

      Dankie, Nina! Die verdomde admin en burokrate is maar gewoonlik die vlieg in die salf. Gelukkig is daar mense soos jy wat sterk oor die saak voel en in die dag tot dag situasie iets daaraan sal doen. Sterkte en mooi loop!

  7. Jannie van der Westhuizen September, Sunday 15 2013 at 5:20 pm #

    Hallo Rian. Nou praat jy in die psigiater se kraal!

    • Rian Truter September, Monday 16 2013 at 2:00 pm #

      Gedink jy sal hiermee kan saam leef! Mooi loop in CAW!

  8. Pierro Louw September, Monday 16 2013 at 1:56 pm #

    Deesdae se Gr.7’s glo definitief in “failing to finish earns you nothing”, want in my Wiskunde-klas, waar ek weet almal is nie kenners nie, ken hulle nie meer die woordjie “PROBEER” nie!! Verskillende metodes word gewys en verduidelik, nie eers self ontdek nie, want dit is moeite, wiskundige reëls word gegee en bespreek (soos die oplos van vergelykings)en wanneer dit by die oefening deur die uitvoer van huiswerk kom, is sommige te lui om self te dink! Hoekom? Selfrespek bestaan nie meer daar om net te probeer nie, soos gesien in die aanhaling: “But for the one who sticks it out, who arrives hours late, there’s the respect that comes from finding the strength to make it!!”

    Dankie vir jou pitkos!
    Groete

    • Rian Truter September, Monday 16 2013 at 2:02 pm #

      Pierro, dalk kry ons kinders alles net te gou en te maklik? Miskien moet ons die mammies en pappies weer terug stuur skool toe? Mooi loop!

Leave a Reply to Pierre Potgieter Click here to cancel reply.