‘n Teenmiddel teen Chaos : 12 Reëls

Op ’n vriend se aanbeveling het ek Jordan Peterson se boek, 12 Rules for Life, gelees en gedink dié reëls van hom is iets wat almal goed kan gebruik.  Veral ouers en onderwysers.

Sy subtitel vir die boek is An Antidote to Chaos.

En dit was nog voor Covid-19 en die staat van inperking.  Intussen het ons wêreldjie egter vinnig verander!  

Miskien sou Peterson, as hy van die virus geweet het, ook die volgende drie bygevoeg het:

  • Was jou hande gereeld.
  • Bly by die huis.
  • Handhaaf fisieke distansiëring.

Maar dalk is die twaalf reëls in hierdie uitdagende tye nou meer van toepassing as ooit. En ’n GPS vir die dag wat ons weer aan die ander kant uitkom.

Ek het die reëls in Afrikaans vertaal. Hoekom, hoor ek jou vra? Sommer net… Ek het mos nou die tyd!

By sommige is die Afrikaans vir my net meer in die kol as die oorspronklike.  Kies maar die taal waarvan jy hou.

Ek het ook nie die reëls verklaar nie, want jou eie belewing en menswees sal hulle vir jou inkleur.  Sou jy Peterson se verklaring vir elke reël wil weet; lees gerus die boek.

12 REËLS

#1 : Kop op; skouers terug.

       Stand up straight with your shoulders back.

#2 : Behandel jouself asof jy iemand is waarvoor jy verantwoordelik is.

       Treat yourself like someone you are responsible for helping.

#3 : Maak vriende met mense wat die beste vir jou wil hê.

       Make friends with people who want the best for you.

#4 : Meet jouself aan wie jy gister was en nie aan wat iemand anders vandag is nie.

       Compare yourself to who you were yesterday, not to who someone else is today.

#5 :  Moenie toelaat dat jou kinders iets doen wat gaan maak dat jy nie van hulle gaan hou nie.

        Do not let your children do anything that makes you dislike them.

#6.   Maak eers jou eie huis aan die kant voor jy die wêreld kritiseer.

        Set your house in perfect order before you criticise the world.

#7.   Soek na wat waardevol is en nie na wat slegs die oomblik bevredig nie.

        Pursue what is meaningful (not what is expedient).

#8.  Praat die waarheid en bly weg van leuens.

       Tell the truth – or, at least, don’t lie.

#9.  Aanvaar dat die persoon na wie jy luister, iets weet wat jy nie weet nie.

     Assume that the person you are listening to might know something you don’t.

#10. Wees uiters noukeurig in wat jy sê. 

        Be precise in your speech.

#11. Moenie kinders pla as hulle skateboard nie.

        Do not bother children when they are skateboarding.

#12. Streel ’n kat as jy een op straat raakloop.

        Pet a cat when you encounter one on the street.

Miskien moet ek hierdie aan ons agbare ministers Cele, Mbalula en Zulu stuur? Dalk sal hulle dan met beter begrip en insig met die huidige staat van inperking omgaan.

Maar wie sal weet. Ons vandag is beslis nie ons gister nie.

 

Learn the rules like a pro, so you can break them like an artist. – Pablo Picasso

The young man knows the rules, but the old man knows the exceptions. – Oliver Wendell Holmes, Sr.

There is no more important rule of conduct in the world than this: attach yourself as much as you can to people who are abler than you and yet not so very different that you cannot understand them. – Georg Christoph Lichtenberg

(Visited 239 times, 1 visits today)

, , , ,

14 Responses to ‘n Teenmiddel teen Chaos : 12 Reëls

  1. August Engelbrecht April, Thursday 2 2020 at 9:40 am #

    Skitterend! Rian. Jy bly maar ‘n Yster. Mooi bly

    • Rian Truter April, Thursday 2 2020 at 10:04 am #

      Dankie, August! Waardeer jou lees. Mooi en veilig bly my maat.

  2. Louise Rheeder April, Thursday 2 2020 at 2:42 pm #

    Baie goed saamgevat, dankie, Rian! Bly jy het die ‘tyd’ gekry om dit te doen!

  3. Francois April, Thursday 2 2020 at 3:12 pm #

    Ek luister graag na Dr Peterson se podcast. Hy was die afgelope tyd verskriklik siek. Maar hy is tans besig om die volgende boek te skryf.

    • Rian Truter April, Thursday 2 2020 at 5:22 pm #

      Het so verneem. Sal ook bietjie na sy podcast luister. Dankie Francois.

  4. Stoney April, Thursday 2 2020 at 5:58 pm #

    Dankie Rian! Goed opgesom!

  5. Jeanette April, Thursday 2 2020 at 8:05 pm #

    Weereens verby treffend! Dankie Rian.

    • Rian Truter April, Friday 3 2020 at 10:34 am #

      Jeanette, dankie vir die lees. Mooi en veilig loop!

  6. Martina April, Friday 3 2020 at 1:37 pm #

    Ek is allergies vir katte. Wat kan ek streel?

    • Rian Truter April, Friday 3 2020 at 5:12 pm #

      Martina, selfde hier! Maar in die boek sê hy dit kan enige dier wees. Of dalk mens? Dankie vir die lees.

  7. Mariëhetta Pool April, Wednesday 8 2020 at 1:29 pm #

    Rian, jy is en bly ‘n ongelooflike inspirasie vir my.

    • Rian Truter April, Thursday 9 2020 at 9:47 am #

      Dankie, Mariëhetta! Waardeer! Mooi en veilig loop.

Leave a Reply