Tag Archives | World Rhino Day

World Rhino Day

Saterdag is Wêreld Renosterdag.   

Gee die poachers ’n slag ‘n bloedneus!

Wat kan jy doen?

• Moenie ophou praat nie! Vertel mense wat aan ons renosters gedoen word.

• Maak mense bewus van die feit dat daar Saterdag ’n jaarlikse internasionale Renosterdag gevier word.

• Doen asseblief net iets.  Koop ’n armbandjie, T-hemp of skenk geld aan ’n instansie wat probeer op die poachers ’n bloedneus te gee.

Moenie dat Ellie Wiesel (oorlewende van WO II se konsentrasiekampe) se woorde, indifference is always the friend of the enemy, van my en jou gesê kan word nie!

Continue Reading

Red jou renoster!

Ek het myne!

 

Genoeg gepraat; dis tyd vir uithaal en wys!

Ons klets gemaklik saam oor die renosters wat voor die voet doodgemaak en oor die perlemoen wat gestroop word. En ons lyk beswaard, maar doen niks daaraan nie.

Toegegee; ons kan nie almal ’n poacher inhol en hom aan ’n boom of bamboes vasketting nie! Maar ons hoef nie eens so drasties te raak nie. Daar ís ander maniere.

Op 22 September is dit World Rhino Day en reg oor die wêreld is mense besig om hiervoor te beplan.  Sangers en orkeste gaan optree; mense gaan stap of draf en selfs sjef Reuben gaan in die One & Only ’n driegang Red die Renoster-spyskaart aanbied.

Wat doen jy?

Nog ’n dag! Nog iets om te red, hoor ek jou brom

Miskien moet ek net gou weer jou geheue verfris.

Gedurende 2007 het stropers 13 renosters afgemaai. Verlede jaar het dié syfer tot ’n skokkende 448 aangegroei. En ons staan vanjaar reeds by 204 renosters wat die spit afgebyt het.

Vier van die vyf renosterspesies sal gedurende ons leeftyd uitsterf as ek en jy nie nou begin om iets daadwerkliks aan hierdie stropery te doen nie. Ons kleinkinders gaan net ’n renoster in ’n boek, of op ‘n  iPad kan sien, as ek en jy nie nou ophou praat en iets laat gebeur nie.

Wat kan ek doen? hoor ek jou vra.

Kom ons begin klein.  Koop vir jou ’n renosterarmband wat sê dat jou hart vir hierdie saak op die regte plek sit. Die armband is van wit, swart en rooi kraletjies gemaak wat met ‘n kokosneutsaad van mekaar geskei word. (Dit behoort by die meeste van jou uitrustings te pas!) Die swart en wit kraletjies simboliseer die wit en swart renosters, terwyl die rooi kraletjies hul tragiese lot bekla. Die kokosneutsaad vertel weer van die renoster se kleur en sy taai uiterlike.

Nou waar kry ek so ’n armband? En wat gaan dit my kos?

Gaan na Rhino Force se webtuiste en bestel vir jou een. Of loop sommer by jou naaste Exclusive Books in en koop een. Nee, sommer ’n paar en gee dit weg, want dit kos net R30 stuk!

My wens is dat elkeen wat met kinders werk so ’n armbandjie sal dra.  Elke onderwyser, jeugwerker, prediker, oupa en pa. Want as die kinders gaan vra wat is dié armband wat jy dra, kan jy die storie van ons renosters aan hulle vertel.

Mofmannetjie met ‘n bangle

Nee, renostermannetjie met dié bangle!

 

Ons is die wagters op die mure, maar halfpad aan die slaap. – Koos Kombuis

The tragedy is that rhino horn is made of keratin, the same stuff that makes up human hair and nails. It has no medicinal value, you might as well eat your fingernails. – Mark Jones, Executive Director, Humane Society International

Unless we practice conservation, those who come after us will have to pay the price of misery, degradation, and failure for the progress and prosperity of our day. – Gifford Pinchot

www.worldrhinoday.org

www.rhinoforce.co.za

www.rhinoconservation.org

 

Continue Reading