
Saam met Rudi in D'Aria se proelokaal.
Dis nat en koud in die Kaap toe ek op D’Aria opdaag vir my onderhoud met Rudi von Waltsleben.
Hy is ’n paar minute laat, want hy moes vroegoggend Barrydale of iewers toe vir wynsake en die een lorrie wat moes oplaai was laat en so gebeur dit dat alles in mekaar se pad kom staan.
Maar Rudi, soos ek sal agterkom, laat nie sommer toe dat goed in sy pad kom staan nie. Hy kom letterlik aangehardloop vir ons afspraak. Gefokus en gereed!
Ons verskuif na die warmer binnekant van die restaurant en soos die gesprek vorder, ontdek ek hierdie wynmaker het baie meer fasette as wat ek van weet. Amper soos die russiese Matryoshka-poppies. Net as jy dink jy het nou die laaste van die poppies uitgehaal, ontdek jy daar is nóg een!
Tydens die gesels ontdek ek Rudi von Waltsleben is nie net ’n wynmaker nie. Hy skryf en sing sy eie musiek (nog een uit die noordelike voorstede), is ’n uitstekende sjef, skryf stories en draaiboeke en het boonop ’n graad in die Regte.
Rudi het in Bellville grootgeword en aan die Hoërskool Bellville gematrikuleer. Op skool het hy aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en onder andere rugby en krieket gespeel. Hy neem ook Grafiese Kuns as vak en word gedurende sy skoolloopbaan as ‘n Santam Kinderkunswenner aangewys.
Na skool gaan hy Universiteit Stellenbosch toe om Regte te studeer. Hy gaan tuis in Dagbreek en volgens Rudi het die koshuis ’n groot invloed op sy lewe gehad. Dit was dan ook hier waar hy sê hy wyn eers regtig leer waardeer het.
Die kreatiwitiet van die wynmaakproses en sy nuutgevonde liefde vir wyn laat hom dan, terwyl hy nog besig is om regte te studeer, besluit om wynmaker te word. Maar wat Rudi begin, dit maak hy klaar. Hy voltooi sy regstudie en gaan daarna na Elsenburg waar hy hom as wynmaker bekwaam.
Na Elsenburg konsulteer hy vir vir sewe plase in die Paarl waar Nico Vermeulen ’n groot invloed op hom het.
As gevolg van Rudi se pa Johan se verbintenis met die plaas, is Rudi van jongs af met D’Aria gemoeid. Gedurende vakansies het hy wingerd geplant en orals uitgehelp. Aanvanklik het D’Aria net druiwe aan kelders gelewer, maar op aanvraag van die restaurant het daar ’n behoefte na die plaas se eie wyn ontstaan.
Die kelder was dan ook Rudi se idee en van 2007 is hy permanent as wynmaker op D’Aria. Interessant om daarop te let die D’Aria-wyne, as gevolg van Rudi se liefde vir musiek, name het wat met musiek gekoppel is.
Om meer van die mens, Rudi von Waltsleben, te wete te kom het ek hom die volgende vrae gevra:
• Waarom het jy ‘n wynmaker geword?
Ek is nie ’n resepmens nie en daarom het die kreatiwiteit van wynmaak my aangetrek. Soos gesê, ek het eers Regte geswot, maar terwyl ek op Stellenbosch was het ek regtig wyn leer waardeer. Ek het toe besluit om te gaan wyn maak, maar het eers my regskursus voltooi en toe Elsenburg toe gegaan.
• Wat is die beste wyn wat jy ooit gemaak het?
Die D’Aria Songbird 2010. (Winemakers Choice Diamond Award 2011)
• Wat is die beste wyn wat jy gedrink het?
’n Pinot Noir uit Burgundy. Kan die naam nie meer onthou nie en ’n Chardonnay van Peter Michael uit die Napa Vallei.
• As jy nie ‘n wynmaker geword het nie, wat dan anders?
Musikant. Ek skryf musiek en sing self. My tweede CD verskyn binnekort.
• Wat is onafgehandel op jou bucket list?
F1-resies in Monaco; fietstoer deur Viëtnam en Kambodja en salm vang bo in Noorweë.
• Troeteldier(e)
Geen troelteldiere op die oomblik nie.
• Gewildste TV-program
Ek kyk nie eintlik TV nie. Om die waarheid te sê ek besit nie een nie.
• Watter liedjie sing jy in die kelder/stort/kar?
Alles behalwe my eie musiek.
• Jou lewensmotto?
’n Mens is instaat om alles te doen wat jy wil. My Oupa was vir my ’n voorbeeld hiervan. ’n Mens ken eintlik nie jou limiet nie en wat jy wil doen, dit kan jy.
• Wat dink jy van bokswyn?
Daar is niks fout daarmee nie. Dit dra maklik.
• Watter wyn drink jy as jy nie jou eie drink nie?
’n MCC van Chabivin.
• In watter kultivar het Jesus die water by die troue in die Nuwe Testament verander?
Shiraz. So ‘n groot, vol ronde een.
• Tent of hotel?
Tent
• Hoe ontspan jy?
Braai vleis en luister na musiek. Ek maak ook graag kos. Ek dink ek kook vir ontspanning!
In die proeglas:
Songbird Sauvignon Blanc
Vintage: 2011
Varieties: 100% Sauvignon blanc
Region: Durbanville, Western Cape
Yield: 6 ton per ha
Age: 11 years
Analysis: Alc 14% by vol
Vinification: The grapes are picked by hand and placed into small lug boxes. At the cellar, berries are again sorted by hand before going into the press. After pressing, the juice spends about 24 hours on the skins. Most is then transferred into 1 000-litre stainless steel tanks for fermentation, while a small amount (about five percent) goes into the barrel. After three months on the lees, a selection is made from the various tanks and blended with the barrel-fermented component.
Description: A complex Sauvignon blanc, combining aromas and flavours of green pepper, asparagus and goosberries with tropical fruit and hints of grapefruit on the finish. The palate is full, yet elegant.
Food: A serious food wine calling for white meats, from fish and shellfish to chicken and pork. Ideal with vegetarian dishes as well.
www.dariawinery.co.za
(021) 801 6772
Ek soek jou in my wynglas, ek soek jou in my dop. Jy loop hier rond in my kop. – Dozi
Wine makes every meal an occasion, every table more elegant, every day more civilized. – Andre Simon
Compromises are for relationships, not wine. – Sir Robert Scott Caywood

Die kelder op D'Aria.

Proelokaal

Rudi besig met 'n optrede.