Tag Archives | Remarkable

Uiteindelik! ‘n Steakhouse met Styl.

Ek vang ‘n groot gly aan restourant- en kosresensies wat vir my in die fynste detail alles wil vertel.

Van die wurmgehapte, organiese slaaiblare wat agter die linkerwiel van die ou trekker gepluk word tot die hoofsjef se kleinkind met die kroephoesie laat in die nag.

Al wat ek eintlik wil weet, is die plek OK?

En The Hussar Grill in Stellenbosch is OK.  Inteendeel, dit is baie meer as OK.  Dit is besonder OK.  Só OK dat ek genoodsaak voel om iets daaroor te skryf.

 
 
 

Saam met die WOW-mense van Hussar Grill in Stellenbosch.

 

The Hussar Grill is definitief ‘n besoek werd.  En moenie dink jy kan net daar opruk en hulle gaan ‘n traan wegpink omdat jy by die voordeur is nie.  Nee, bespreek liewer, want hulle bly tjokkenblok vol geboek.

Vir my is die grootste pluspunt dat hulle nie ‘n kurkfooi vra nie.  Iemand het uiteindelik gesnap dat ons in die Kaap bly en dat die meeste van ons nie net vir die WP skree nie, maar ook ons eie wynversameling het.  En dat ons  graag daardie spesiale bottel wil drink sonder om nog ekstra te moet betaal. Volpunte aan Hussar!

Met die eerste hap aan my rib eye was ek terug in Argentinië. Die smaak,  geur en reuk het my teruggevat na ‘n vleishemel êrens in ‘n steakhouse in Beunos Aires. Ek het amper omgekyk op soek na die gaucho en sy meisie wat die tango gaan dans. Olé, Señor!

Die nagereg is iets waarvoor ‘n mens maar ‘n week of twee ekstra by Weight Watchers sal moet bly. Ons het, behalwe die gewone crème brûlée, ook hul Choclate Vodka oor die lippe geneem. Laat ek dié skepping net opsom deur te sê dié nommertjie sal ‘n kerkmens laat sonde doen … baie sonde, só lekker is dit.

Die atmosfeer van The Hussar Grill is statig sonder om jou aan die parlement te laat dink.  En die diens is van die beste wat ek in ‘n lang tyd ervaar het.  Persoonlike diens wat jou laat voel hulle het toe regtig nét vir jóú gewag.

Die eienaars, Graig Foxcroft en David Pieterse, kry dit reg om ‘n ete by The Hussar Grill in ‘n WOW-ervaring te omskep.  Dit help natuuurlik ook as die kelnerin ‘n oud-Dee Effer is!

My raad: moenie wag nie!  Gryp daardie spesiale bottel en sit oop-en-toe af na The Hussar Grill.  Onthou net om eers jou plek te bespreek!

My favourite animal is steak. Fran Lebowitz

A recipe has no soul. You as the cook, must bring soul to the recipe. – Thomas Keller

If more of us valued food and cheer and song above hoarded gold, it would be a merrier world. – JRR Tolkien

Continue Reading

Meet om te weet

Meet om te weet is ’n spreekwoord wat baie maklik kwistig gebruik kan word.

Só ‘n gemeet kan baie keer tot ontdekkings lei waarvan ’n mens dalk liewer nie wíl weet nie. Soos om op die skaal te klim. In die meeste gevalle is dit baie geriefliker om nie te weet hoeveel jy weeg nie!

Miskien is dit hier aan die einde van die eerste derde van die jaar tog nodig om ten minste iets te meet.

Kom ons vra ons af of dít wat ons gedoen het besonders was of net weer plain doodgewoon?

Om jou hiermee te help, kan jy jou lewe/skool/besigheid aan die volgende verhaaltjie uit Seth Godin se boek The Big Moo meet:

Reggie fixes bikes in Mt. Kisco, New York. For every bike he fixes he does his best. Then he spends five extra minutes doing something special.

During that first hour, Reggie is a perfectly fine bike mechanic. He pays attention to detail and follows established protocol. He is careful and focused and diligent. Like one thousand other very good bike mechanics, he gets the job done and earns his pay.

In the last five minutes, though, Reggie transforms himself from a workman into an artist. In those few extra minutes, he becomes remarkable.

Sometimes, all he does is carefully clean the chain. Other times, he’ll take the bike out to the potholed parking lot and be sure the gears are adjusted properly. And sometimes, especially if the bike is for a cute kid, he’ll attach a horn or some tassels – anything worth noticing.

The astonishing thing isn’t how unusual Reggie is. The astonishing thing is how easy it is what Reggie does, and how many people don’t do it. It doesn’t matter if you’re doing accounts payable or product design. Those last five minutes make it easy for your customers to find the difference between you and everyone else.

It takes 99 percent of the time you spend just to be average. The remarkable stuff can happen in a flash.

Beslis iets om aan te kou.

Foto: m_bartosch

Continue Reading