Tag Archives | Ken Robinson

Waar kry jy die meeste vis?

Andrew, my energieke koerantverkopervriend, vra my nou die dag: Wa kry djy die meeste vis, laanie?

Onmiddellik is ek op my hoede, want ’n verkeerde antwoord gaan my onnosel laat lyk. ’n Verkeerde antwoord kan my ’n goue ster kos en die hoek-van-die-straat-flinkdinktrein laat verpas.

My gegradueerde brein laat alle sinapse gelyk snap, crackle en pop (NASA sou jaloers wees!) en my antwoord word half versigtig op die tafel gesit: Seker in die see…

Nei, laanie! Tussen die kop ennie stert, da kry djy die meeste vis!

Natuurlik! Logies; waar anders?

En toe laat Andrew my wonder. Waarom soek ons altyd die antwoord by die kop? Hoekom jaag ons gedurig van die kop na die stert en mis die meeste vis in die middel?

Miskien is dit omdat ons kultuur, gemeenskap en skole ons só programmeer. Of dalk word ons gebreinspoel dat net die kop saak maak. Net dié met die goue sterre tel. Die name op die erebord in die saal is die uitverkorenes. Dit is hulle, en nét hulle, wat êrens gaan kom in die lewe.

Ek dink elke dag meer en meer die antwoord lê êrens in die middel… Soos Andrew sê. Of  dalk soos Boerneef gedig het:

Tussen die katel en die koppenent /Ennie katel se voetenent/Daar lê die begin/En daar lê die einde/Die begin vannie ding/Ennie end vannie ding… (Palissandryne)

Ken Robinson slaan vir my die spyker op die kop as hy die volgende oor skole te sê het: Schools have a narrow view of ability, school systems usually promote a very wide view of disability.

Die vraag ontstaan nou hoe ons te werk moet gaan dat skole ’n groter begrip vir elke kind se moontlike ability ontwikkel?

Eerstens moet onderwysers (en ouers) meer van elke kind verwag. Beslis meer as net dit wat die kurrikulum voorskryf. Hierdie verwagting moet egter realisties wees, want ’n verwagting wat nie aan die werklikheid gekoppel is nie, is net valse hoop. Maar daarteenoor is verwagtinge wat te klein is, ook weer sonde.  Sulke verwagtinge  mis die meeste van die vis in die middel.

Ons is vandag op soek na volwassenes wat kinders diep sal laat delf tussen die kop en die stert.  Na waar hul die meeste vis sal kry. Rolmodelle wat ons kinders sal laat ontdek waartoe hulle werklik in staat is.  En hulle dan sal lei om dié te potentiaal te verwesenlik. Of dit nou by die kop, middel of stert is!

Seth Godin sê op sy beurt: The mirror we hold up to the person next to us is one of the most important pictures she will ever see.

Nou, meer as ooit te vore, is dit nodig dat ouers en onderwysers dié spieël so sal hou dat kinders die volgende sal sien:

  1. Elke mens is intelligent en uniek. Maar nie almal is op dieselfde manier intelligent nie.
  2. Almal is kreatief, want ons word met hierdie eienskap gebore.
  3. Jy is verantwoordelik vir jou lewe. Aanvaar dié verantwoordelikheid.
  4. Leef met liefde.

Meer nog; dat dit nie net die goue ster en die eerste span is wat tel nie, want Andrew, Boerneef, Ken en Seth het gesê jy kry die meeste vis in die middel.

Miskien sal ons dan ophou om van die een punt na die ander te jaag. Van die A-klas na die eerste span na die goue ster. Ophou glo die geluk lê vir ons aan die einde van die reënboog en wag, want as ons dít glo, gaan ons die mooiste kleure van die reënboog in die middel glad nie raaksien nie!

 

Free the child’s potential, and you will transform him into the world. – Maria Montessori.

I was never top of the class at school, but my classmates must have seen potential in me, because my nickname was “Einstein”. – Stephen Hawking

Focus on your potential instead of your limitations. – Alan Loy McGinn

 

Image courtesy of duron123 at FreeDigitalPhotos.net

Continue Reading

Is skool ‘n dinosourus?

As jy vandag met mense oor die onderwys praat, frons hulle onwillekeurig. Dit is nou net nadat hulle hul so vinnig moontlik uit die voete gemaak het!

Almal is dit egter eens dat sake nie te rooskleurig lyk nie. Van prof Jonathan tot swanger Sannie, wat nou reeds wroeg oor na watter laerskool sy hulle kind na toe moet stuur.

Almal het ‘n verklaring vir die onderwysmoeras waarin ons ons bevind. Dit is die regering se skuld dat dinge nou só lyk in die onderwys. Gerieflikheidshalwe word vergeet dat dié probleem reg oor die wêreld bestaan. Die verandering van die kurrikulum moet die skuld kry en dan praat ons nie eens van swak en lui onderwysers nie!

Die koppe knik, soos die hondjie in die Cortina se agterruit, instemmend saam.

Maar niemand het regtig ’n sinvolle oplossing nie. 

Niemand sê hardop soos Seth Godin dat large-scale education was not developed to motivate kids or to create scholars. It was invented to churn out adults who worked well within the system. Scale was more important than quality, just as it was for most industrialists.

En as jy hierdie feit vir hulle uitlig, knik die koppe nog meer verwoed saam.  Die hondjie in die Cortina begin soos die energizer hasie lyk.

Maar niemand doen iets hieraan nie. Môre gaan onderwysers weer terug klas toe en doen dieselfde as al die jare tevore. Ouers stuur steeds hulle kinders na skole wat dieselfde prosesse as 150 jaar gelede volg. En niemand staan vir ’n oomblik stil en bevraagteken wat besig is om te gebeur nie!

Hoe kan enige iemand dan verwag dat onderwys moet beter word?

Gelukkig is daar twee stemme wat opgaan en pleit dat mense dringend en indringend na onderwys moet kyk. Voor dit heeltemal te laat is.

Hulle is Seth Godin en sir Ken Robinson.

Seth Godin het pas ‘n 30 000 woord manifes die lig laat sien waarin hy die rol en die doel met/van skole onder die vergrootglas plaas.

The economy has changed, probably forever.
School hasn’t.
School was invented to create a constant stream of compliant factory workers to the growing businesses of the 1900s. It continues to do an excellent job at achieving this goal, but it’s not a goal we need to achieve any longer.
In this 30,000 word manifesto, I imagine a different set of goals and start (I hope) a discussion about how we can reach them. One thing is certain: if we keep doing what we’ve been doing, we’re going to keep getting what we’ve been getting.
Our kids are too important to sacrifice to the status quo.

Gaan lees asseblief wat hy te sê het by www.squidoo.com/stop-stealing-dreams  Die hele dokument, eintlik ’n e-boek, kan gratis en verniet afgelaai word.

Sir Ken Robinson sê op sy beurt in Changing Education Paradigms ook soos Godin dat ons steeds besig is om dieselfde metodiek, soos net na die industriële rewolusie, in ons skole te volg en toe te pas.  Die wêreld het verander, maar ons gebruik steeds ‘n onderwyssisteem wat 150 jaar gelede toepaslik was!

It used to be simple: the teacher was the cop, the lecturer, the source of answers, and the gatekeeper to resources. All rolled into one.

The internet is making the role of the gatekeeper unimportant. Redundant. Even wasteful.

If there’s information that can be written down, widespread digital access now means that just about anyone can look it up. We don’t need a human being standing next to us to lecture us on how to find the square root of a number or sharpen an axe.

What we need is someone to persuade us that we want to learn these things, and someone to push us or encourage us or create a space where we want to learn to do them better. (S.Godin)

Gaan laai asseblief Seth se manifes af.  Lees dit en gee dit vir skoolhoofde, onderwysers en ouers.

En begin vrae vra oor waarmee ons in ons skole besig is.

Insanity: doing the same thing over and over again and expecting different results. – Albert Einstein

Nothing in the world is more dangerous than sincere ignorance and conscientious stupidity. – Dr. Martin Luther King, Jr.

The difference between school and life? In school, you’re taught a lesson and then given a test. In life, you’re given a test that teaches you a lesson. – Tom Bodett

 

Continue Reading

Prof Botman verwag aksie van Jeugleiers

 
 
 
 

Prof Botman en Quintin van Staden

Ek was ’n paar weke gelede bevoorreg om by Universiteit Stellenbosch – JIP Matrikulant van die Jaar-kompetisie betrokke te kon wees. En ek gebruik die woord voorreg nie sommer ligtelik nie!

Na ’n ontmoeting met die finale 22 jong volwassenes, het ek gevoel die woorde van Timbuk3 se liedjie the future’s so bright I gotta wear shades behoort die perfekte slagspreuk vir hierdie kompetisie te wees.  Nie alleen het hierdie jongmense opnuut ‘n hoop vir die toekoms by my laat opvlam nie; hulle laat jou selfs daarna uitsien!

Prof Russel Botman het tydens die toekenningsgeleentheid die volgende aan die finaliste gesê:  “My generasie het die gat in die osoonlaag veroorsaak, julle generasie moet dit weer toemaak. My generasie het oorloë veroorsaak, julle moet ‘n stop daaraan sit. Julle is die mense wat hierdie land in die toekoms moet lei.”

Dat hulle sy opdragte gaan uitvoer, daaroor het ek geen twyfel nie. Waaraan ek wel twyfel, is of ons generasie genoegsame leiding aan hulle gee om dit wel suksesvol te kan doen?

Sir Ken Robinson, kreatiwiteitsghoeroe, is van mening dat dit onderwys is wat ons die onbekende toekoms in moet neem.  Amper soos ’n ontdekkingstog die vreemde in.

Wat moet ons dan nog vir hierdie jong reisigers, benewens die basiese onderwyskennis soos lees en skryf, optel en aftrek, inpak?

Ek meen die volgende vier sake is noodsaaklik as hulle al die gate wil toestop:

  • ’n Heilige respek vir die Omgewing
  • ’n Verstaan en begrip van Diversiteit
  • ’n Eerlike en nederige begrip van Leierskap
  • ’n Stel ingekoopte Waardes.

Boonop sal elkeen van hulle ook moet besef dat Jason Ohler se woorde …adding value becomes everything.  I don’t care what the business is – selling education or selling cars – if you are not adding value, you are out of the game ononderhandelbaar vir hulle en ons toekoms is.  

Baie geluk aan Universiteit Stellenbosch en JIP vir die inisiatief met hierdie projek geneem!

 

It’s education that’s meant to take us into this future we can’t grasp …    – Sir Ken Robinson

Imagination is more important than knowledge. – Albert Einstein

Human intelligence is richer and more dynamic than we have been led to believe by formal academic education. – Sir Ken Robinson

Foto: Justin Alberts

Continue Reading