Tag Archives | Creativity

Maak jou olifant los!

Hoe baie keer hoor jy dat iemand nie iets kan doen nie. 

Nie dat hulle nie instaat is om dit te doen nie, want liggaamlik en verstandelik is hulle meer as kapabel om dit te kan doen.  Hulle het hulself eintlik net self ontmagtig om die taak suksesvol af te handel.  Selfs om net te probeer om dit aan te pak.

In die meeste gevalle is dit volwassenes wat só reageer.  Dit is hulle wat nie kan dans nie, nie kan valskermspring nie, wat nie met oorgawe kan sing nie … 

In skrille kontras met die kleintjies, wat sonder enige twyfel in hul eie  vermoëns, op die verhoog spring om hulle sangtalent aan die hele wêreld te openbaar.  Altyd met ’n groot applous as beloning.

Wat het dan gebeur dat ons só geword het? 

Is dit iets wat saam met die ouderdom gekom het, of is dit soos Nataniël in een van sy gedigte skryf dat ons bang grootgemaak is?  Of het ons saam met die grootword vergeet dat ons tot baie meer instaat is?

Ek dink dit is iets wat êrens tussen te klein wees om te weet en grootwees en weet, in ons brein lêplek kom kry het.  Amper ’n soort pleister teen moontlike seerkry of dalk ’n geestelike staightjacket.

Ken Blanchard noem hierdie verskynsel assumed constraints en hy illustreer dit met die skitterenede voorbeeld van ‘n sirkusolifant.

Daar word vertel dat as die sirkusolifant nog baie klein is, hy met ’n meneer van ’n ketting om die voet en ’n baie dik ysterpaal vasgemaak word.  Hoe hard hy ookal stoei om los te kom; niks help nie.  Die ketting en paal is net sterker as hierdie olifantjie se jeugdige krag.

Dit is ironies dat hoe groter die olifant word, die ketting nie groter of dikker word nie.  Inteendeel; die ketting bly dieselfde.  Al wat regtig gebeur, is dat die olifant opgehou het om te probeer loskom. 

Hy het nou al so baie keer sonder sukses probeer om homself los te ruk, dat hy begin glo dat dit onmoontlik is om die paal uit die grond te pluk.  Hy het nou al begin aanvaar dat hierdie ketting en paal deel van sy lewe geword het.

Die kenners beweer dan ook dat as hierdie olifant volwasse is en ’n paar ton weeg, dat hy met ’n baie dun toutjie en ’n verskoning vir ’n paaltjie vasgemaak kan word.  Hierdie olifant het lankal oorgegee, want hy aanvaar dat hy nie gaan loskom nie. 

Wat die tragiese van hierdie olifant se lewe is, is dat hy elke dag die wonderlikste toertjies binne die tent doen.  Elke dag laat hy mense na hul asem snak met sy uitsondelike talent en vernuf.

Maar as die applous in sy groot ore stil geraak het, staan hy weer vasgemaak aan ’n paal met ’n ketting om sy voet.  Êrens op ’n verlate dorpsveld.

In baie van ons se lewens is daar ook iets wat ons, soos die ketting aan die olifant se voet, weerhou om te doen wat ons regtig wil doen.  Ons het al begin aanvaar dat ons dit nie kan doen nie of dat dit net nooit gaan gebeur nie.  Ons het ophou spartel en aanvaar nou maar net dat ons oud is, of nie kan sing nie, of nie kan skilder nie of nie …

Ek wil jou vandag uitdaag om ’n slag weer aan daardie ketting te gaan pluk.  Miskien verras jy jouself deur agter te kom die ketting is al tot niet geroes… of baie dunner as wat jy ooit gedink het!

 

If you think you can do a thing or think you can’t do a thing, you’re right. – Henry Ford

Soos wat jy dink so is jy.  Soos dit wat jy jou kan verbeel, so kan jy word. – Anoniem

There are no constraints on the human mind, no walls around the human spirit, no barriers to our progress except those we ourselves erect. – Ronald Reagan

Know your limits. Also know how to break them. – Geraint Starker

Image: Castillo Dominici/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading

Die lesse wat cupcakes en kuikens ons leer

 

Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!

 

 

Ek wens die skole waarin ek was, het my iets van entrepreneurskap geleer.

 

 

Sommige skole dink hulle bevorder entrepreneurskap deur ’n sogenaamde entrepreneursdag te hou.  Die skooldag se program word op ’n dag ’n bietjie aangepas en siedaar … ons het ’n tydjie beskikbaar waar ons toekomstige entrepreneurs hulle talente kan kom uitstal!

Mammie bak cupcakes en Pappie maak vir ’n vale draadkarre van al sy ophooprommel in die garage.  Op entrepreneursdag staan Telg breed agter die tafel in die vierkant en pleeg entrepreneurskap.  En die skool tik nog ’n boksie as afgehandel af.  Dit gaan goed met ons volk, want ons kinders kan steeds nie vir hulself sorg nie. (Met verskoning aan Totius).

Miskien verstaan ons die begrip entrepreneurskap nie goed nie?  Miskien dink ons dit is iets teoreties wat jy moet leer.  Iets soos Ekonomie of Bedryfsekonomie? 

My mening hieroor is dat entrepreneurskap eerder gedemonstreer word, as wat dit onderrig word. 

Organiseer dan liewer in plek van die entrepreneursdag ’n volbloed entrepreneur wat aan die kinders kom verduidelik hoe hy/sy dit reg gekry het om buite die boksie te dink en sodoende iets volhoubaar kon skep wat hom/haar aan die lewe hou.  Moet asseblief tog nie hierdie mense by die universiteite gaan soek nie; hulle werk ook maar soos die meeste van ons vir ’n salaris.  Soek hulle sommer êrens op straat; hulle ís daar, as jy fyn kyk.

My goeie vriend, Heinie Brand van Laerskool Eversdal, het eendag tydens so ’n dag die praktyk van ware entrepreneurskap ervaar.

Nico Nel, die storieverteller, was op daardie stadium ’n ouer van Laerskool Eversdal en was nie lus vir koekbak of draadkarre buig nie.  Inteendeel; sy entrepreneurskapgene het totaal uit hul nate gebars en nie net buite die boks gaan draai nie, maar ook sommer buite Bellville.

Die beplande entrepreneursdag het aangebreek en gewapen met stellasies vol dagoudkuikens het Nico se kind die wêreld van die vrye mark ekonomie betree.

Binne vyf minute het die tou klante by Willem (skuilnaam) se tafel rondom die skool gestaan, want watter kind kan die aantrekkingskrag van ‘n kuiken weerstaan?  En dit nogal teen die winskoopprys van R3 een. By die ander aspirant-entrepreneurs se tafels het sake nie so rooskleurig gelyk nie.  Die cupcakes se icing het soos sneeu op ’n warm dag op die Drakensberge begin smelt, maar nog steeds het die kopers weggebly.

Toe die klok vir die einde van die markdag lui, was al die kuikens verkoop.  Omtrent elke kind in die skool het met ’n bruin kardoes, met twee gate vir vars lug, in die vuis rondgeloop.  In die kardoes – een van die kuikens.

Heinie het hierdie proses gadegeslaan en Willem gaan gelukwens met sy poging, min wetende wat gaan volg.

Teen 11:00 het die eerste juffrou benoud laat weet iemand moet kom help, want van die kuikens is beseer.  Óf hulle word versmoor omdat hulle te styf vasgedruk word, óf hulle kry seer omdat daar te rof met hulle gespeel word.  Noodgedwonge moes die adjunkte van hierdie kuikens na die hoenderhemel aanhelp.  Natuurlik tot groot ontsteltenis van die nuwe eienaars.

Teen 12:45, toe die eerste leerders huiswaarts keer, was die Dierebeskermingsvereniging by die voorhek om te verneem van wie die skool toestemming vir die nuwe hoenderboedery gekry het.  Teen 15:00 was laerskool Eversdal se skakelbord geblok met ouers wat die hoenders in vir Heinie is, want hulle stuur hulle kinders skool toe om cupcakes te koop; nie hoenders nie!

En dan huil ons as ons kinders nie op eie stoom die mas kan opkom nie… 

If opportunity doesn’t knock – build a door. – Milton Berle

Everything you want is just outside your comfort zone. – Robert Allen

Business opportunities are like buses, there’s always another one coming. – Richard Branson

The critical ingredient is getting of your butt and doing something. It’s as simple as that. A lot of people have ideas, but there are few who decide to do something about them now. Not tomorrow. Not next week. But today. The true entrepreneur is a doer, not a dreamer. – Nolan Bushnell, founder of Atari and Chuck E. Cheese’s

Image: africa/FeeDigitalPhotos.net

Continue Reading

Creativity-The Missing Piece of the Puzzle

Terwyl hardwerkende onderwysers ’n bietjie kon asemskep, het die minister van onderwys, me. Angie Motshekga, die nasionale asseseringstoetse vir geletterdheid en syfervaardigheid (Gr. 3 en Gr. 6) bekend gemaak. (Waarom doen die departement altyd sulke aankondigings tydens vakansies?)

Hierdie keer met veel minder trompetgeskal as die martiekuitslae van verlede jaar. Want soos dr. Wilmot James tereg sê daar is geen rede tot feesviering nie. Wie wil na ’n dokter toe gaan wat net vier uit tien vrae reg kan beantwoord? Motshekga het die uitslae as hartseer beskryf, maar gesê dit was te verwagte. (Die Burger 29/6/11).

Hierdie toetse evalueer maar net, soos wat my oupa gesê het, optel lees en skryf. Wat nog te sê van die ander belangrike goed soos byvoorbeeld kreatiwiteit? ‘n Vaardigheid wat noodsaaklik geword het in ons moderne samelewing en ekonomie.

In the USA the conference Board and Americans for the Arts, in partnership with the American Association of School Administrators, surveyed public school superintendents and business executives to identify and compare their views surrounding creativity.

They gave them a list of 11 skills or observable behaviours and ask them to rank which ones best demonstrate creativity.

The two groups agreed that the ability to identify new patterns of behaviour or new combination of actions and integration of knowledge across different disciplines are foremost in demonstrating creativity.

They also agreed that innovation is crucial to competition, and creativity is integral to innovation. And that arts training – and to a lesser degree, communications studies – are crucial to developing creativity.

But as with a lot of these theories it’s not so easy to put your money where your mouth is; or to walk your talk.

The findings of the survey also indicated that most high schools and employers provided such creative training and studies only on an elective or “as needed” basis.

When asked to name the educational backgrounds and experiences deemed creators of creativity, school superintendents ranked arts study as the highest indicator of creativity, followed by experience in performing arts/entertainment. The employers rank arts study second, topped only by self-employed work, as an indicator of creativity.

When the superintendants were presented with a list of 12 creativity-promoting educational activities/experiences, more than three-quarters reported that each one (excluding study-abroad programs) is supported within their high schools. However, in more than half of these schools, only three of these experiences/activities are part of the required curriculum.

Teen hierdie tyd dink ek weet ons almal al dat kreatiwiteit niks met kleinspierkoördinasie te make het nie. 

Kreatiwiteit het te make met die aanbied van die regte vakke in ons skole en blootstelling aan aktiwiteite wat die kreatiwe deel van ons leerders se brein stimuleer.

Al wat oorbly om te vra, is: Hoe ingestel is Suid-Afrika se skole op kreatiwiteit? Meer nog: Hoe kreatief is jou skool?

(Bron: Ready to Innovate: Are Educators and Executives Aligned on the Creative Readiness of the US Workforce? James Lichtenberg, Christopher Woock, Mary Wright. The Conference Board, Research Report 1424, 2008.Report)

Ten slotte:

A public school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler, a protractor, a compass, a slide-rule and a calculator. At a morning press conference, the Attorney General said he believes the man is a member of the notorious Al-Gebra movement. He did not identify the man, who has been charged by the Hawks with carrying weapons of math instruction.

“Al-Gebra is a problem for us’, the Attorney General said. ‘They derive solutions by means and extremes, and sometimes go off on tangents in search of absolute values. They use secret code names like X and Y and refer to themselves as unknowns, but we have determined that they belong to a common denominator of the axis of medieval with coordinates in every country. As the Greek philanderer Isosceles used to say,There are 3 sides to every triangle.”

When asked to comment on the arrest, President Zuma would not comment.

Not everything that counts can be counted and not everything that can be counted counts. Albert Einstein

Creativity is the power to connect the seemingly unconnected. – William Plomer

Creativity is allowing yourself to make mistakes.  Art is knowing which ones to keep. Scott Adams

Image: Salvatore Vuono/FreeDigitalPhotos.net

Continue Reading

Huisie by die see

Wie van ons het nog nie tydens ’n strandvakansie geloop en huise kyk nie? Meer spesifiek, na die name van die huise gekyk nie.

Hoekom ’n huis ’n naam moet hê, weet ek ook nie mooi nie. Die bousel het mos ’n naam. Huis. Waarom dit nog iets anders gaan noem? As jy dan meer as een het, noem die een huis, die ander strandhuis en as jy nóg het, plaashuis, dorpshuis en só voorts.

Wat my die meeste van hierdie naamgewing ontstem, is die eienaars se gebrek aan kreatiwiteit. (Seker weer die arme juffrou in graad 3 se skuld wat hul kleinspierkoördinasie opgefoeter het!)

Daar is veral drie kategorieë wat die witwaks uit my irriteer:

Eerstens daardie name wat met die see te doen het. Klaarblyklik het niemand hulle geleer jy spel see met ’n S nie. Lekker by die C, Come C why, C uitsig en ….

Die tweede groep is daardie arme drommels wat totaal en al nog nie eens die woord kreatief gehoor het nie. Hulle beste poging is om dele van almal in die gesin se name tot een of ander monstrositeit tevervoeg. Jomasage. Vang jy dit? Nie? Dis maklik; kom ek ontrafel dit vir jou. Dit is ’n neologisme van pa Johan, ma Marie, sus Sarie en kleinboet Gert! Dom van jou, né!

Laastens is daar die met die bousels wat die koningin skaam maak om te sê sy woon in Buckingham Paleis. Hierdie mense is tog só nederig met name soos Ookmaar-net, Trek-maar-swaar, Pondok en Nessie.

Maar die nommer een op my terefferparde bly nog Hier wurg Willie … terwyl die branders saggies in sy ore klots.

Erens, nie te ver van Willie se wurgery nie, is daar mense wat niks het om aan te wurg nie.

Wat nog te sê om hulle sinkplate ’n naam te gee!

Foto: Kleinmond

Continue Reading