‘n Hond soos Kerneels

Kerneels

Hy was nie net ‘n hond nie. Hy was soos Koos Kombuis oor Kytie sing, ’n vriend vir my.

Dit is nou amper vyf maande dat Kerneels se hart sommer net een skielike dag besluit het om op te hou om bloed te pomp. En ek waag nou eers om daaroor te skryf. Miskien is dit selfs nog te gou, want my trane maak dat en nie die letters op die rekenaar se skerm kan sien nie.

Nie te min. Kerneels was groter as die goue Spaniel wat hy was. Hy was ons leeu, die braaikaptein, Spanjaard en die oortreffende trap van die Energizer Bunny.

Ek moes geweet het dat Kerneels nie normaalweg sou dood nie, want hy het alles met oorgawe en op volspoed gedoen. Selfs op 80 km per uur uit die bakkie geklim. Op sy kop geval. Hom ’n keer of wat geskud en begin aanstap in die teerpad waar hy te lande gekom het. Tipies, Kerneels. ’n Lewende getuienis van pick yourself up, dust yourself off, and start all over again. (Dorothy Fields)

Maar dat hy só skielik dood is, dit kan ek vandag nog nie my kop om kry nie. Of laat ek eerder sê, my hart om kry nie. Oor die gat in my hart wil daar nét nie ’n roof groei nie. Miskien is dit omdat ek nie daar was om  afskeid te neem nie. Om regtig die ou leeu te kon  groet nie, want sien hy is dood toe ek besig was om die Taj Mahal te bewonder.

Of is dit omdat ek in die hele besigheid my eie verganklikheid sien? Kerneels en ek sou saam oud word. En nou is hy weg. Skielik. Alleen. Sonder om te groet…

En nou moet ek alleen braai.

En oud word …

A dog is the only thing on earth that loves you more than he loves himself. – Josh Billings

If there are no dogs in Heaven, then when I die I want to go where they went. – Will Rogers

Heaven goes by favor. If it went by merit, you would stay out and your dog would go in. – Mark Twain

(Visited 316 times, 1 visits today)

, , , , , ,

14 Responses to ‘n Hond soos Kerneels

  1. Eugene August, Thursday 29 2013 at 6:36 pm #

    As ‘n mens “Dog” se woorde van agter na voor lees, dan spel dit “God”…

    • Rian Truter August, Thursday 29 2013 at 9:33 pm #

      Jy is so reg, Eugene! Dankie vir die lees en kommentaar. Mooi loop! Hoop jy het ‘n hond wat in jou spore loop…

  2. Erich August, Friday 30 2013 at 8:34 am #

    Ek verstaan die gevoel Rian..die sommer ophou van die hart wat klop….en ook die dink van die saam oud word…..dis waar ons die ekstra lekker vleisbene en kos moes gegee het..die erkenning, die woorde!

  3. pikkie August, Friday 30 2013 at 9:05 am #

    Rian, ek weet wat Kerneels vir jul huishouding en spesifiek vir jou beteken het en wens jou sterkte toe.
    Dit was miskien nie toevallig dat jy besig was om die Taj Mahal te bewonder het nie want Kerneels was vir jou net so “groot”.
    Groete
    Pikkie

    • Rian Truter August, Friday 30 2013 at 2:40 pm #

      Tank you verie much, ou Pikkie! Weet jy verstaan. Mooi loop!

  4. Erik Möller August, Friday 30 2013 at 9:34 am #

    My vriend; ‘n Hond het mos geen bedrog in hom nie. Hy dink jy is die koning. Hy praat nie terug nie en hou hom nie slim nie. Hy praat ook nie uit nie, veral nie die goed wat jy vir hom vertel terwyl jul ry of saam braai nie. Hy tel ook nie hoeveel glase wyn jy gedrink het nie.
    Sterkte!

    • Rian Truter August, Friday 30 2013 at 2:41 pm #

      Sien jy verstaan honde, Erik! Dankie!

  5. Ian August, Friday 30 2013 at 9:45 am #

    Dit is baie hartseer Rian. Hoop die gat in jou hart word heel.

  6. Este August, Friday 30 2013 at 9:53 am #

    Ek kan nie glo dis al 5 maande nie. Ons sal hom seker maar altyd mis, maar moet nooit dink pappa word alleen oud nie, daars ‘n spul braaikapteine wat tou staan om saam met hul oupa te braai en te kuier;)

    • Rian Truter August, Friday 30 2013 at 2:42 pm #

      Dankie, Este! Laat die braaikapteine kom…

  7. cari August, Friday 30 2013 at 1:54 pm #

    🙁

Leave a Reply to Ian Click here to cancel reply.