‘n Briefie vir my juffrou.

My naam is Luca.

My oupa sê ek is van ’n ander planeet.

Ek is vier jaar oud en gaan vanjaar vir die eerste keer na die groot skool toe. Na graad RR.

Dit is daarom dat ons die briefie aan juffrou skryf.

My oupa sê dis nonsens dat ek só gou al in ’n skool moet gaan sit, want ek is reeds slim genoeg. Hy vra dat juffrou my nie slim moet maak nie, maar net slim hou.

Ek kan al tel en ek weet hoe ’n iPad werk. En ek was al in Hong Kong en het al met ’n helikopter gevlieg, maar ek was nog nie op die maan nie.

Oupa vra dat juffrou my nie net van die goed wat juffrou moet sal leer nie, maar ook van myself. En die wêreld en die mense in dié wêreld. Dat juffrou my truuks sal leer van hoe om in 2032 te leef.  Ek sal dan 21 wees!

Truuks van hoe om goed te kan praat, hoe om nie met mense te baklei nie, hoe om vir mense lief te wees, veral vir mense wat anders as ek is. Ook hoe om weer op te staan as ek val en dat dit OK is om buite die lyne in te kleur.

Oupa sê ek gaan baie lief wees vir  juffrou, want jy is ’n superhero. Jy gebruik woorde soos WOW, wonderlik, cool en fantasties.  Jy dra ook baie keer ’n donkerbril, want jy sê ons toekoms is so helder dat dit in jou oë skyn.

Juffrou gaan ook vir my lief wees, want Liewe Jesus het jou spesiaal geva om na my en my nuwe maatjies te kyk. Niemand anders nie.

My naam in Luca.  Luca Dominico Cutino en ek is ’n groot seun.  Ek het die foto van my, sélf geneem. ’n Selfie op die dag toe my sussie gedoop is.

Juffrou kan my ook Superman noem. Of Mannemarak, want dit is wat my oupa my noem.

Lief vir juffrou.

Die superhero-personeel van Laerskool Fairland verwelkom die kinders vir 'n WOW-2015 terug. 14/1/2015

Willie Goosen (Skoolhoof) verduidelik aan die kinders dat daar reeds voetspore op die maan is. Laerskool Fairland gaan hulle om die rede in 2015 verby die maan vat. Go my Captain go!!

I think a role model is a mentor – someone you see on a daily basis, and learn from them.Denzel Washington

I never teach my pupils. I only attempt to provide the conditions in which they can learn.Albert Einstein

I believe this passionately: that we don’t grow into creativity, we grow out of it. Or rather, we get educated out of it. Ken Robinson

 

(Visited 9,827 times, 1 visits today)

, , , , ,

13 Responses to ‘n Briefie vir my juffrou.

  1. Ilze January, Thursday 15 2015 at 10:05 pm #

    Oulik Oupa Truter! Gaan hierdie enetjie spaar vir wanneer my rakker groot skool toe gaan. 🙂

  2. Marleen Coetzee January, Friday 16 2015 at 2:14 am #

    Aah, dis so so kosbaar! Captain, my captain! I salute you!

  3. Jacob Rheeder January, Friday 16 2015 at 6:55 am #

    My boetie was so 5 en op die plaas was een van die werkers se seun sy maatjie, Pappenjan. Eendag kom Pappenjan die kombuis ingehardloop, en huil, want Boeta het hom hard met die vuis geslaan. My Pa roep Boeta toe nader om uit te vra. “Maar Pa, hy kleur dan oor die lyne in!”

  4. John Reyneke January, Friday 16 2015 at 7:40 am #

    Oupa Riaan

    Jy het my vanoggend in trane gehad, my eie een kom Gr. RR toe en is ook 4 jaar, oupa se “RABADOE” Was die week by nasorg om aan te pas voor ons volgende week begin maar het elke dag “weggeraak”, eintlik net tot ontsteltenis van die nasorg personeel. Vir pa in die kantoor kom groet, ek weet mos al hoe lyk die skool en ken al die gange en ompaaie, al het hulle binnedeure begin sluit om my by die nasorg te hou. Verstaan glad nie, “hoekom mag ek nie?”

  5. cari January, Friday 16 2015 at 8:47 am #

    Soooo mooi!!!

  6. Pikkie January, Friday 16 2015 at 9:10 am #

    Luca, dis lekker as jou oupa die taal van die pedagogie ken en verstaan.
    Jou oupa is reeds op die maan so peper hom met vrae.
    Rian geniet jou kleinseun se graad RR
    Mars is volgende.

  7. Ronell January, Friday 16 2015 at 11:46 am #

    Luca,jou oupa is baie wys!sterkte met die grootskool Luca!oupa Rian dis wyse raad vir ons juffies-dankie! 🙂

  8. Niekie January, Friday 16 2015 at 12:48 pm #

    Mooi gestel. Ek stem heelhartig met Oupa Rian saam.
    My kleinseun Gerald is vanjaar in graad 1; hy dink gereeld aan plannetjies om nie skool toe te gaan nie, want dis glo”boring”!

  9. Martina January, Friday 16 2015 at 1:10 pm #

    Baie dierbaar. Wat ‘n voorreg wat die juffrou het om met sulke seuntjies en dogtertjies te werk met sulke oulike grootouers.

  10. Marieka Earle January, Friday 16 2015 at 10:33 pm #

    As hoërskool leerder is ek self deur Rian Truter se hande en was hy vir my ‘n groot inspirasie. Vandag is ek self ‘n grondslagfase juffrou met ‘n liefde en passie vir kinders en dit is my daaglikse missie om die groot ogies wat elke dag voor my sit te laat glo dat hulle enige iets kan doen deur geloof, passie, deursettingsvermoë en harde werk. Dream, believe, dare and do!

  11. Judy van Zyl January, Saturday 17 2015 at 7:31 am #

    ‘n Meester! Luca is so ‘n gelukkige seuntjie met oupa soos Rian. Rian net so gelukkig! Sien weer alles deur Luca se oë! Geniet elke dag ten volle julle twee!

  12. Chris Merts September, Friday 11 2015 at 10:54 am #

    Ek en Johan is oudleerders van Laerskool Fairland. Ek het videomateriaal van die skool wat in die laat 50’s en vroee 60’s geneem is by ‘n atletiekbyeenkoms.

    • Rian Truter September, Friday 11 2015 at 11:13 am #

      Chris, ek het dit nie geweet nie! Great skool! Ek sal dmv FB die skoolhoof se info vir jou stuur. Ek is seker Willie (hoof) sal dit graag wil hê. Mooi loop!

Leave a Reply