Memories, Moments en Magic!

Die lewe is só kort en te veel mense wil net met alle mag aftree. Dié begeerte is amper so groot soos hul Lotto-droom …

My vraag is: Wat dan?

Gaan jy op die spreekwoordelike stoep sit en wag vir die spreekwoordelike koeie om huis toe te kom?

Jy gaan lank wag, want daar is min mense wat dit kan regkry. Ek bedoel; min met genoeg finansies in die agtersak wat dié stoepsittery vroeg kan doen.

Die geheim lê, soos Boerneef dit gestel het, tussen die begin van die ding en die end van die ding. Of eenvoudiger gestel, dit lê in timing.

En om te weet dat ’n mens in die tyd waarin ons leef, nie eintlik gaan aftree nie.  Jy verander net so ietwat van koers en tempo.

Johann Coetzee skryf in sy boek It’s About Time dat ’n mens nie moet wag dat iets dramaties jou tref voor jy oor die tyd tot jou beskikking begin wonder nie.

Moenie wag vir eendag om voluit te begin lewe nie. Moenie wag vir die dag as jy aftree dat jy dít of dát gaan doen nie. Die werklikheid is dat dit dan vir die meeste mense te laat is.

Te laat om valskerm te gaan spring, te laat om die verlore tyd met geliefdes in te haal, te laat om nog te wil sê hoe lief jy hulle het. Te laat …

Die tyd is nou. Nie netnou nie. Nou!

Dit is nóú die tyd to Make memories! Make moments! Make magic!

 

Life is what happens to you while you’re busy making other plans. – John Lennon

Magic is believing in yourself, if you can do that, you can make anything happen. – Wolfgang Von Goethe

Don’t simply retire from something; have something to retire to. – Harry Emerson Fosdick

 

Kontak vir It’s About Time: jjlc@mweb.co.za

Image: FreeDigitalPhotos.net

(Visited 268 times, 1 visits today)

, , ,

2 Responses to Memories, Moments en Magic!

  1. magda basson September, Thursday 20 2012 at 8:41 am #

    Ai, dit is iets wat my nou ook in die gesig staar. Ek wil nie by die huis sit en oud word nie en het al voelers uitgesteek om iets te doen na aftrede. Dit is net so jammer dat ‘n mens MOET aftree as jy 65 jaar bereik. Ek voel solank jou verstand nog helder is moet jy net iets doen wat jou prikkel anders gaan die lewe by jou verby.

    • Rian Truter September, Thursday 20 2012 at 5:54 pm #

      Stem saam, Magda! Baie NB om aan die gang te bly, maar goed te doen wat die moeite werd is! Sterkte.

Leave a Reply