Die leerders, ouers en onderwysers van die Laerskool Moregrove in Port Elizabeth het Piesangs & Jellietots se oproep om gister kaalvoet te loop, ter harte geneem. Hulle laat weet dat almal ‘n ball gehad het en dat hulle hoop hulle poging sal ‘n paar kinders se harte bly maak.
Ek twyfel nie vir ‘n oomblik daaraan nie! Dankie Moregrove! Julle is kaalvoetysters.
Hier is ‘n paar foto’s om te wys hoe hulle dit gedoen het.
(Visited 1,177 times, 1 visits today)
Dankie Rian
Dit is jy wat die dankie moet kry. Dankie vir jou organisasie en bereidwilligheid om iets te doen en die voorbeeld te stel. Geluk!
Mooi so, naamgenoot – en dankie, Moregrove!
So kan ‘n man mos! Geluk Piere van ‘n ou wat nou elke dag kortbroek dra en kaalvoet loop.Groete.
Dit is regtig baie oulik. Mens sien dit min dat ‘n hele skool saamstaan met so-iets. Well done!!!!