Twee belangrike besigheidsbeginsels is, volgens my beskeie mening, in Die Bybel opgeteken. Nie in ’n selfhelp-treffer of in die een of ander handleiding oor leierskap nie.
# 1: Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. (Pred 11: 1)
# 2: Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. (Matt 7:12)
En dit is oor die tweede een wat ek iets op die hart het.
Ek verstaan nie hoe leiers nie dié eenvoudige konsep onder die knie kan kry nie. Was dit nie deel van hulle MBA nie of is dit net ’n basiese tekortkoming in hulle menswees?
Tom Peters skryf dat acknowledgement beslis die sleutel tot mense se harte is.
Yes, we all want to matter, to register, to be at the heart of things. And, moreover, we want to be seen by others as mattering and as at the heart of things. And yet, in my experience, even the smartest bosses don’t “get it” as often or more often than not.
Hy vertel dié storie van president Ulysses S. Grant (1869 – 1877):
General U.S. Grant, during his presidency, made giant steps, the last, alas, for a long time, toward healing the Union after the Civil War. Grant’s approach was deeply imbedded in his belief system. A quote from a Confederate soldier’s diary, at the end of a bloody battle that had resulted in a Confederate surrender, is highly illuminating. Grant biographer Jean Edward Smith explains: “The [Union senior] officers rode past the Confederates smugly, without any sign of recognition, except by one. ‘When General Grant reached the line of ragged, filthy, bloody, despairing prisoners strung out on each side of the bridge, he lifted his hat and held it over his head until he passed the last man of that living funeral cortege. He was the only officer in that whole train who recognized us as being on the face of the earth.’”
En dan sê Tom: I’m an old man, and an old soldier (sailor, actually), and whenever I read that aloud in a seminar, I tear up. What can I say? I can say: Oh, the power and the glory of human acknowledgement! And hats way off to General Grant!
Hoe dan nou gemaak meneer/mevrou die CEO?
Vergeet bietjie van jouself en onthou die betekenis van Ubuntu: ’n Mens is eers mens deur ander mense.
Begin vandag nog om in die mense wat vir jou werk (regstelling; saam met jou werk!) belang te stel. Vergeet ’n bietjie van die bottom line en onthou generaal Grant op die front line.
Antwoord die volgende eerlik:
- Hoeveel keer sê ek dankie? (Opreg bedoel?)
- Hoeveel dankie-sê-briefies of sms’e stuur ek?
- Hoe spoedig doen ek bogenoemde?
- Groet ek almal? (Van die skoonmaker tot die visie-president?)
- Ken ek almal? (Leer by David Kramer: Sê vir my wie is u/’n Hofmeyer van Montaqu/getroud met ’n van Deventer van Barrydale/Ek ken jou pa se tante op Bonnievale/Ja, sy was la Grange van Ladysmith/Rossouw is sy getroud, ja nou verstaan ek dit…)
- Hoe luister ek? Afgesaagde een dié, maar steeds duik ons lelik in die hek met hierdie ou toetsie. Konsentreer volgende keer en ek wed jou jy gaan ontdek dat jou gedagtes gedurende die gesprek afdwaal. Of erger nog dat jy reeds halfpad die oplossing/antwoord het!
- Celebrate ek small victories? (Van die netjiese beddings tot die miljoen dollar kontrak.)
- Stap ek voor? Of praat ek net voor?
- En as jy praat, praat jy ék of ons?
- Is ek daar waar die tekkie die teer tref? (Teenwoordigheid is alles.)
Met goed soos die is dit maklik om jouself amper net regmerkies te wil gee, want ek is mos nie só nie! Maar wees ’n bietjie braaf en vra ander of jy nie dalk tog só is nie? Dalk net ’n klein bietjie. En net soms?
Wat ook al die uitslag mag wees; begin vandag om aan ander te doen soos wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.
Jy sal verbaas wees!
Gaan lees Tom Peters se volledige artikel by http://www.tompeters.com/docs/Acknowledgement.BECKER.0730.12A.4234.doc.4234.doc
The deepest principal in human nature is the craving to be appreciated. – William James
A soldier will give you his life for a bit of colored ribbon. – Napoleon
I’ve learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel. — Maya Angelou
It doesn’t take a hero to order men into battle. It takes a hero to be one of those men who goes into battle. – Norman Schwarzkopf
Image: FreeDigitalPhotos.net
So ‘n eenvoudige menswees beginsel maar so selde met opregtheid toegepas!
Stem saam. Praat maklik, maar ons doen moeilik!
Ek wens ek het die guts om hierdie storie vir baie mense te stuur – maar ek dink ek gaan want vandag draai alles mos net om “ek”. Geen base besef waar hul sukses vandaan kom nie! of moet ek sê weinig van hulle besef dit, want ons moet ook nie veralgemeen nie – daar is tog nog mense wat aan ander dink en met hulle gaan die BAIE goed.
Baie dankie vir jou altyd bemoedigende stukkies wat ek uitgestuur word.
Dit is lekker om dit te lees.
Dankie, Magda! Stuur aan almal.
Daar is die grappie van die man wat vir die tuinwerker se hy moet moet vinniger loop, die kruiwawiel se geskree moenie tjeeee tjeeee tjeeee maak nie, dit moet tje tje tje klink soos hy hom stoot. Ja se die tuinwerker, praat is afdraend, werk is opdraend!
Netjies, Carla!