Toe ek die onderstaande skrywe van prof Johann Coetzee lees, het ek net geweet ek móét dit met die lesers van Piesangs & Jellietots deel! Johann het dan ook goedgunstiglik ingestem dat ek dit in P&J kan plaas.
Een van ons vliegvriende sterf.
Vyfhonderd mense daag op by die begrafnis in Nelspruit. Ons vlieg van oral om die laaste eer te bewys op ’n Donderdagmiddag.
Ons is almal net–betyds-om-te-laat-te-wees. Maar, ons is moreel en hartseer daar om sy familie te omhels en om met mekaar te gesels.
Terwyl ek om my kyk in die kerk, merk ek ’n 100 van my vriende wat topposte beklee en almal buitengewoon besig is. Meteens tref dit my dat almal ’n dag in hulle dagboek kon vind om by ’n dooie mens te kom kuier. Tog hartseer dat ons nie ’n uur vir mekaar kan afknyp terwyl ons lewe nie!
Wat help hierdie onbekwame spoed in die versugting na versameling, eervolle betrokkenheid, produktiewe bydrae, ens. ens. Vanwaar kom die dissipline om met beredeneerde prysgawe en kompromie tyd te vat om juis die mense te besoek en te geniet vir wie jy lief is en om die dinge te doen wat jy verkies, maar so tipies verwaarloos.
Wanneer ruil jy die begrafnis in op die bazaar? Wanneer laas het jy van jou pelle gebel, ’n afspraak gemaak en gewoon net gaan kuier sonder agenda?
Wanneer laas het jy vir van jou maats met die hand (en met ink) ’n brief geskryf?
Ek was dankbaar ek was by die begrafnis, maar intens skaam en skuldig oor die lewe saam wat ons so verskraal en verwaarloos het.
Uit: Van Doerietyd tot Netnou deur Johann Coetzee
I held a moment in my hand, brilliant as a star, fragile as a flower, a tiny sliver of one hour. I dripped it carelessly, Ah! I didn’t know, I held opportunity. – Hazel Lee
Haraka Haraka haina Baraka … (Swahili) If you don’t have time to do it right, how will you find time to do it over?
Yesterday is but today’s memory and tomorrow is today’s dream. – Kahlil Gibran
Dankie Rian.
Vreugde! Groete
Baie mooi, dankie – en BAIE om oor te dink!
Stem saam. Ons moenie kanse mors nie!
Vriende was laas jaar amper 23 jaar getroud. Manlief het ‘n groot viering vir die 25 ste een beplan, maar het op die ingewing van die oomblik besluit om eerder die 23ste soos ‘n silwer bruilof te vier. Sy sterf 3 maande na die viering in ‘n motorongeluk.Hy was betyds!!! Dit het my geleer dat hierdie oomblik spesiaal is, en nie net die een wat in die toekoms wag nie!
Jannie, dankie! So waar dat ons nie moet uitstel nie. Doen nou wat jy wil doen. Mooi loop!