‘n Skool vra my nou die dag om oor standaarde met hulle te kom praat. Makliker gesê as gedaan, want mense se begrip van wat goeie standaarde is verskil so baie van mekaar soos die Stormers en die Bulle. En tog speel beide rugby.
Om nie eens van skole te praat nie. Party dink goeie rugby is die standaard en ander slaan weer die tromme as hulle aan die staat se slaagvereistes voldoen.
Maar laat ek begin deur te vra: wie het al van Alexander the Good gehoor? Of van Henry die Middelste of van Gertjie die Tweede Beste? Ek is seker nie baie nie.
Maar van Alexander the Great en van Henry die 8ste weet ons almal.
Nou wat het Alexander met standaarde uit te waai? Net dit: as jy jou standaard op good instel, gaan dit net so niksseggend soos Alexander the Good wees. Goed is net nie meer goed genoeg as dit by die stel van standaarde kom nie.
Sannie op Bitterfontein se cupcakes kan goed wees en almal op die basaar kan vrek daaroor. Die vraag is of hulle dieselfde aftrek in Upington gaan kry? Of in Kaapstad en of Sanjeev in Deli dit sal ruil vir sy kerrie?
Indien wel; dan is haar cupcakes nie meer good nie maar great! Dan is Sannie se standaard nie meer local nie maar global… En dit is die standaard waaraan ons moet meet.
Jy kan nie (eerder mág nie!) pille, karre of vakansiehuise om die draai van my verhuur of verkoop en sê dat jy nie elke dag jou e-pos of sms’e lees nie! Nie as ek binne minute van Atilla Yurttas in Istanbul kan hoor in watter Hamam ek moet gaan bad nie. Dit is duidelik dat Atilla die Turk besig is om draaie om jou te hardloop.
Jim Collins het gesê dat goed die grootste vyand van great is. Volgens hom is dit dan ook die rede waarom baie dinge net goed bly en nooit uitsonderlik word nie, want dit is net baie makliker om vir goed te skik.
Miskien kan besighede, skole en kerke nog verskoon word as hul standaard net goed is, want almal beskik nie oor ’n MBA nie.
Onverskoonbaar, eintlik krimineel, as die standaard vir jou lewe net goed is. As jy eendag op die ouetehuis se stoep sit en fluister dat jy net ’n goeie lewe gehad het.
Net ’n goeie lewe? wil ek skree. Het jy dan die standaad vir die lewe heeltemal gemis? Strategies verkeerd gelees soos Malema.
Het jy vergeet van Covey se the law of abundance. Dat daar oorvloed in die lewe is. Genoeg vir almal om great te kan lewe.
Jy ken nie my lewe nie, hoor ek jou sê. Jy weet nie waardeur ek is nie.
Reg so my pel, maar miskien was dit net makliker om vir ‘n good life te settle?
Jý wat lees. Hoe lyk jou lewe? Net good?
Kom nou.
Skree Geronimo en vra: Alexander wie?
Don’t try to innovate for the future. Innovate for the present. – Peter Drucker
Excellence means when a man or a woman asks of himself more than others do. – Jose Ortega Y Gasset
Hold yourself responsible for a higher standard than anybody expects of you. Never excuse yourself. – Henry Ward Beecher
Image: koratmember/FreeDigitalPhotos.net
Yes Rian
Ek het gedoen wat min wil….72 visgevang en toe nie 1 ton ingerol nie maar 138kg. Dit was great en ek was daar…SA Kampionskappe vir Karp Hengel. Hel pel dit is taai en nie ‘n plek vir sagte outjies nie. Jy moet taai wees -Taai genoeg deur Jesus!
Goed vs Great? Ek stem saam dat great no 1 is maar “fokken Great” beat dit! Ons kan nie altyd doen wat ander verwag nie en hel pel jy hoef geen MBA te kry om voluit te lewe nie. Standaard is iets wat jy meet as jy “guts” het. Goed genoeg is die “killer” van die lewe…..as jy skrik moet jy net wakker skrik want daar is ongelooflik baie om te doen.
Jy is lank reeds wakker. Vat hom so! Almal wil altyd wen…..sorry daar kan nie ‘n wenner wees as daar nie ‘n verloorder is nie…dus moet jy nie bang wees om te probeer nie. As jy verloor…probeer weer, weer, weer, weer, weer en weer. Al bly jy verloor, deur weer en weer te probeer wen jy al is dit net jou vrees om te verloor.
Ons ondersteun die wenners en kyk na die “top” punte. Standaard is eintlik hoe goed die meerderheid van die mense vaar. In die onderwys is ons mos op die top 10% ingestel of die top 15 rugbyspelers. As daar nie toeskouers opdaag of ondersteuners TV kyk nie sal rugby sterf. As ons net na die top 10% op akademiesevlak kyk mis ons die bus.
Ek daag almal uit om die “bottom” 10% te vat en vir hulle die lewe great te maak. Dit sal nou great (GR 8) wees om Jannie wat 15% vir Wiskunde kry sy volle potensiaal te sien behaal al is dit 25%.
‘n Great lewe is net moontlik deur Jesus…pel…dan lewe jy. Ek is vir niks bang nie en om voluit te lewe is ‘n passie.
Dan natuurlik is daar so baie wat stil bly…ons Dept van onderwys in die Oos-Kaap is nou net mooi in ‘n great gat. Maar so baie bly maar net stil. Die paar wat opstaan en fight…..hulle is melaats. Weet jy hoe great is dit om melaats te wees. Hel pel daar is min van ons.
As dit verkeerd is..fight dit!
Mauritz, go, go go! Jy vertaan die besigheid! Hou aan roer daar in die Oos-Kaap!
Dankie Ran…. Nou die dag wonder ek of jy al gelukgewens is met jou verjaarsdag, dis nou die blog sin en besluit as ek weer ‘n “comment” maak is dit een van die dinge wat ek moet doen. Dus hier is dit nou: “Baie geluk met die blog se verjaarsdag. Ek dink dit is great! – nie goed nie, maar great! Doen so voort, want dit verryk….laat ons dink, krities…. Miskien het iets van die gesukkel om uit die “good” te kom, iets te doen met wat Seth (Godin) noem en ons almal al van gehoor het die “Lizzard” brein. Daardie stem wat ons aanspoor om eerder veilig en gemaklik te voel. O ja…ten laaste – geluk met die Stormers se oorwinning de naweek! Die bloed van Suid Afrika vloei maar dik in my are!
Baie dankie Erich! Veral alles en die ondersteuning van P&J. Ook met die Stormers. Hou aan met wat jy doen daar waar jy is.
Rian, wat ‘n voorreg om deel te wees van Piesangs en Jellietots. Van die eerste keer wat ek jou gehoor praat het, het ek vir baie mense gese: Hier is ‘n “GREAT” ou wat voluit lewe. Jy sal onthou dat ek jou Baai toe gebring het en ons skoolsaal volgepak het. Baie mense praat nou nog oor jou praatjie. Doen so voort: Captain, my Captain.
Baie dankie, Pierre! Waardeer die mooi woorde.
Dankie Rian – vir hierdie insig. Goeie wysheid op die regte tyd. Mag jy nog lank gebless word. Ek moes dit op fb deel. Groete uit Namibie.
Dankie Christine. Geniet Nam namens my. Dit bly my hart se punt.
Hehe, praat jy! Om dieselfde redes koop ek ook nie bargains nie, want ek weet nie hoe om hulle reg te maak nie
Dankie Jakkie. Sien jy’s weer by die huis. Mooi loop!
Rian,’n bietjie laat met my gelukwensing en’n dankie vir P&J. Verlede Woensdag het ons SAPA bestuur ‘n wonderlike spreker, Sean Willard, ‘life coach’, spreker en mentor,opgelei deur John Maxwell, na PE genooi om ‘n groep vam meer as 200 onderwysers te help om ‘n ‘Life attack’ te ondergaan. Sean het pas ‘n wonderlike boek geskryf met die uitdagende titel,”Have a Life Attack,live, love & laugh full out ”. Hy is ‘n apteker van beroep , wat nou sy passie elke dag uitleef en ek voel bevoorreg om op hierdie stadium van my loopbaan opnuut dit te hoor en ook daaroor kan lees! Vir Sean is dit heel eenvoudig, ”Live your Purpose”!
Rian, dankie vir jou openhartige en reguit praat en skryf om ook by te dra om my soms pap battery, sterk te herlaai.
Dankie, Chris! Ek moet sy info by jou kry.