’n Mens kan by almal iets leer.
Selfs by die swakste en onkapabelste base.
Loutere snert! was my eerste reaksie as jong onderwyser op hierdie stelling. Eers later het ek besef jy leer by dié mense wat om nié te doen nie!
Gedurende die week vertel iemand my van sy kind wat so onsensitief deur ‘n baas behandel word. Amper onmenslik.
’n Mens sou nou dink dat ek teen hierdie tyd begrip vir base moet hê, maar as dit my kind was, sou ek dié baas ’n paar spreekwoordelike taai klappe gaan gee het!
Nie net omdat dit my kind sou wees nie, maar omdat iemand wat die baasbadge dra darem die 101-kursus van hoe om met mense te werk, moes geslaag het. Dit is darem die minimum vereiste wat van enige baas verwag kan word.
Maar helaas, miskien in ’n volmaakte wêreld!
In ’n wêreldwye navorsingstudie deur Towers Watson is daar bevind dat minder as 30% van werkers voel dat hulle base opreg in hulle persoonlike welstand belangstel. In ander navorsing oor hierdie onderwerp is bevind dat werknemers wat gedurig deur hul base gekritiseer word ‘n 30% groter kans op hartsiektes het as die gelukkiges wat ’n baas het wat na hulle luister en wie hulle af en toe ’n bietjie lof toeswaai.
En dit is nie net komplimente wat saak maak nie. Dis meer as dit.
Werknemers wil weet dat hy/sy as persoon waardeer word. Dat dit wat hulle by die werk doen, waardeer word en dat dit bydra tot die groot geheel. En dat hul poging(s) raakgesien word.
Nou hoekom sukkel base dan so met hierdie eenvoudige vaardigheid?
Volgens Tony Schwartz is dit omdat ons nie die taal van positiewe emosies by die werkplek vlot kan praat nie. Heartfelt appreciation is a muscle we’ve not spent time building, or felt encouraged to build.
We’re more experienced at expressing negative emotions – reactively and defensively, and often without recognizing their corrosive impact on others until much later, if we do at all.
Nou as die baas nie omgee vir ander nie, waarom sal die werkers dan? Of omgee vir die maatskappy, skool of gesin? En voor ons kan sê Ghernobyl is ons kniediep in toksiese, emosionele afval.
Seth Godin meen dat omgee nie geld kos nie. Dit verg net inspanning. (miskien is dit die bestuur van die sogenaamde bottomline wat baie base se omgee stomp maak?)
Caring, it turns out, is a competitive advantage, and one that takes effort, not money.
Like most things that are worth doing, it’s not so easy at first and the one who cares isn’t going to get a standing ovation from those that are merely phoning in. I think it’s this lack of early positive feedback that makes caring in service businesses so rare.
As my kind vanjaar moes begin werk, sou ek gehoop het hy kry ‘n baas wat omgee en verstaan. Omdat hy/sy omgee, sou my kind as gevolg van sy /haar eerlike omgee gemotiveerd wees. Hy sou geborge voel en daarom sou hy vry kon wees om sy beste te lewer. En baie meer te gee as wat die salaristjek groot is.
Ek laat die laaste woord aan Leo Buscaglia oor:
Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around.
Wil base dan nie ook goeie base vir hul eie kinders hê nie?
Wonder net?
The trouble with the world is that the stupid are so confident while the intelligent are full of doubt. – Bertrand Russell
The best leaders talk with people, not at them. – Susan Scott
Compassion is not religious business, it is human business, it is not luxury, it is essential for our own peace and mental stability, it is essential for human survival. – Dalai Lama
Image: Michelle Meiklejohn/FreeDigitalPhotos.net
Rian
Baie goed…het my ook bietjie aan die dink gesit:
We’re more experienced at expressing negative emotions – reactively and defensively, and often without recognizing their corrosive impact on others until much later, if we do at all.
Net so waar en dan:
Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around.
Groete
Jy weet natuurlik dat die ouens wat hieroor dink, eintlik die mense is wat dit nie nodig het nie! Die wat eintlik daaroor moet dink, dink dis nie vir hulle bedoel nie, want hulle is OK! Ironies, ne?
love hierdie post, wens ek kan dit vir ‘n paar van my vorige base stuur:)
Dit kom maar net weer terug na opvoeding by die huis. Hoe tree ouers op teen oor mekaar hoe word konflik in die gesin hanteer.Hoe word die tuinwerker en huiswerker behandel. Indien ouers in n bestuurspos is watse opmerkings maak hulle by die huis die huis oor hulle werkers.
n Aantal jaar gelede was daar nie lewensafrigters en alerande afrigters nie want die ouers kerk en skool het die take verrig.
My oorle pa het gese jy kan nie vewag n ander mens moet jou respekteer as jy hom nie respekteer nie.
Doep, jou pa was reg. Gaan alles oor wedersydse respek. En doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil he. Dankie vir die opmerking!