Uiteindelik! ‘n Steakhouse met Styl.

Ek vang ‘n groot gly aan restourant- en kosresensies wat vir my in die fynste detail alles wil vertel.

Van die wurmgehapte, organiese slaaiblare wat agter die linkerwiel van die ou trekker gepluk word tot die hoofsjef se kleinkind met die kroephoesie laat in die nag.

Al wat ek eintlik wil weet, is die plek OK?

En The Hussar Grill in Stellenbosch is OK.  Inteendeel, dit is baie meer as OK.  Dit is besonder OK.  Só OK dat ek genoodsaak voel om iets daaroor te skryf.

 
 
 

Saam met die WOW-mense van Hussar Grill in Stellenbosch.

 

The Hussar Grill is definitief ‘n besoek werd.  En moenie dink jy kan net daar opruk en hulle gaan ‘n traan wegpink omdat jy by die voordeur is nie.  Nee, bespreek liewer, want hulle bly tjokkenblok vol geboek.

Vir my is die grootste pluspunt dat hulle nie ‘n kurkfooi vra nie.  Iemand het uiteindelik gesnap dat ons in die Kaap bly en dat die meeste van ons nie net vir die WP skree nie, maar ook ons eie wynversameling het.  En dat ons  graag daardie spesiale bottel wil drink sonder om nog ekstra te moet betaal. Volpunte aan Hussar!

Met die eerste hap aan my rib eye was ek terug in Argentinië. Die smaak,  geur en reuk het my teruggevat na ‘n vleishemel êrens in ‘n steakhouse in Beunos Aires. Ek het amper omgekyk op soek na die gaucho en sy meisie wat die tango gaan dans. Olé, Señor!

Die nagereg is iets waarvoor ‘n mens maar ‘n week of twee ekstra by Weight Watchers sal moet bly. Ons het, behalwe die gewone crème brûlée, ook hul Choclate Vodka oor die lippe geneem. Laat ek dié skepping net opsom deur te sê dié nommertjie sal ‘n kerkmens laat sonde doen … baie sonde, só lekker is dit.

Die atmosfeer van The Hussar Grill is statig sonder om jou aan die parlement te laat dink.  En die diens is van die beste wat ek in ‘n lang tyd ervaar het.  Persoonlike diens wat jou laat voel hulle het toe regtig nét vir jóú gewag.

Die eienaars, Graig Foxcroft en David Pieterse, kry dit reg om ‘n ete by The Hussar Grill in ‘n WOW-ervaring te omskep.  Dit help natuuurlik ook as die kelnerin ‘n oud-Dee Effer is!

My raad: moenie wag nie!  Gryp daardie spesiale bottel en sit oop-en-toe af na The Hussar Grill.  Onthou net om eers jou plek te bespreek!

My favourite animal is steak. Fran Lebowitz

A recipe has no soul. You as the cook, must bring soul to the recipe. – Thomas Keller

If more of us valued food and cheer and song above hoarded gold, it would be a merrier world. – JRR Tolkien

(Visited 393 times, 1 visits today)

, , ,

4 Responses to Uiteindelik! ‘n Steakhouse met Styl.

  1. Cari August, Tuesday 9 2011 at 9:46 pm #

    Wanneer ons?!!??

  2. Gerda August, Wednesday 10 2011 at 1:49 am #

    Willowbridge Mall het ook ‘n Hussar – not too shabby maar definitief nie in die klas waarvan Rian hier skryf nie.

  3. Attie August, Wednesday 10 2011 at 1:59 am #

    Rian,jou positiewe kommentaar op die Hussar is die russeltaat van daardie 2 skoonseuns en dogter van ons se harde werk sedert hul ‘n Maart besluit het om dit in CL te open.Dan moet ek ook darem noem dat daar deeglike navorsing gedoen is.Ons dink hul pluk die vrugte van ‘n goed deurdenkte besluit en belanning (veral die adres ) en is ons baie trots op hulle.

    Ek vind jou loslip “resensie” nogal humoristies.

    Groetnis

    Attie Fourie

    Wellington

    • Rian Truter August, Wednesday 10 2011 at 9:32 pm #

      Dankie, Attie! Julle kan met reg trots wees op julle kinders. Hou P&J dop vir my gesprekke met wynmakers wat vlg week afskop. Mooi loop.

Leave a Reply