Tag Archives | Riebeek Cellars

Eric Saayman maak magic by Riebeek!

Hy behoort aan ons! Saam met Eric en die gesogte generaal Smuts-trofee.

Die atmosfeer wat jy in die Riebeekvallei in die Swartland aantref, is volgens kenners so na aan meditereens in Afrika as wat jy sal kan kom.

Nie alleen spog die vallei met ‘n asemrowende natuurskoon, olywe en gastehuise nie, maar ook met besondere wyne.  Soos onder andere die wat vernoem is na hul eie Kasteelberg en die alombekende A few Good Men wat beide deur Riebeek Kelder geproduseer word.

Om die kroon op die vallei se prestasies te span, het Riebeek Kelder vanjaar met die gesogte Generaal Smuts-trofee vir die beste jongwyn in SA weggestap.  Nogal met ’n houtverouderde Viognier – ’n eerste vir dié kultivar sedert die trofee vir die eerste keer in 1952 toegeken is!

 
 

Die Riebeek-vallei.

En die man wat hiervoor verantwoordelik is, is Eric Saayman.  Wyn- en kosmaker par excellence!

Eric is op Robertson gebore en ’n deel van sy grootword vind in die Strand plaas, maar hy matrikuleer aan die Hoërskool Clanwilliam.  En dit is hier tussen die lemoene dat hy hoor wynmakers word baie betaal!

Na skool is hy weermag toe.  Genieskool in Kroonstad waar hy dan ook instrukteur word.

Hierna volg Universiteit Stellenbosch waar hy wingerdbou en wynkunde studeer. Bly in Wilgenhof en speel rugby. Losvoorspeler en voorry!

 

Riebeek Kelders

Sy professionele loopbaan begin by Stellenbosch Farmers met ‘n drie maande grensdiensonderbreking. Du Preez Estate, Zevenwacht en Lateganskop Kelder volg.  Neil Ellis vertek intussen van Zevenwacht en Eric keer as wynmaker terug waar hy vorder tot keldermeester en direkteur. Van Zevenwacht skuif hy na Riebeek Kelders waar hy die afgelope 15 jaar sy magic verrig.

Ek moet die wynmakery hier onderbreek, want Eric is intussen met Alta getroud en hulle verwagte eersteling word toe ’n drieling!  Drie dogters; later het daar ook ’n seun sy opwagting gemaak.

Eric het gedurende sy loopbaan verskeie toekennings ontvang. Veritas, Michelangelo, maar die jongste, die Generaal Smuts-trofee vir die beste jongwyn in die RSA,  lê hom baie na aan die hart.

Om Eric, die man agter die wyn, beter te leer ken, het ek hom die volgende vrae gevra:

•  Hoekom het jy ’n wynmaker geword?

Iemand het my op skool vertel dat wynmakers baie geld maak.  Tot R1000 per maand!  Dit was meer as genoeg motivering vir my om ‘n wynmaker te word.

•  Wat is die beste wyn wat jy gemaak het?

Twee Zevenwachtwyne. Die 1991 Zevenwacht Sauvignon Blanc en die 1994 Zevenwacht Pinot Noir.

•  Wat is die beste wyn wat jy al gedrink het?

Ek het êrens in die grotte van Burgandy ’n Sauvignon Blanc gedrink wat ouer as twintig jaar oud was.  Dit was ’n openbaring! Die naam weet ek nie, maar hier plaaslik sou ek sê die 1994 Cloudy Bay Sauvignon Blanc.

•  As jy nie ’n wynmaker was nie, wat dan anders?

Beslis ’n chef.

•  Wat is nog op jou bucket list oor?

Dalk ’n buitelugrestaurant of wyn onder my eie etiket.

•  Watter troetedier?

Ek hou van katte en honde.  Ons het nou ’n kat, Johnny, wat ek by die DBV gekry het. Johnny gaan selfs saam Waenhuiskrans toe.

•  Wat is jou geliefkoosde TV-program?

Definitief die Food Channel.  Maar ek word dit belet, want ek sal dit heeldag kyk! En dan nog die CSI-programme.

•  Wat sing jy in die kelder/stort/kar?

Ek sing nie eintlik nie.

•  Wat is jou lewensmotto?

Aanvaar die lewe soos dit is en speel die kaarte soos dit vir jou gedeel word.

•  Wat dink jy van bokswyn?

Dit hang af waarvan jy praat. Ons het nou begin om cabernet/merlot in ’n drie liter te verpak. Toets eintlik bietjie die mark. Dit is ’n handige verpakking vir kamp, maar die mense sê daar is te min in, want dit raak net so gou leeg soos ’n bottel!

•  Wat drink jy as jy nie jou eie wyn drink nie?

Brandvlei Kelder (BC Wines)

•  Wat was die kultivar van die water wat in wyn verander is op die troue in die nuwe testament?

Hanepoot

•  Tent of Hotel

Nie een van die twee nie.  My huis.

•  Hoe ontspan jy?

By die see.  Om regtig net te sit. Vuur te maak en wyn te drink. Duik ’n bietjie en vang vis.

In die proeglas:

KASTEELBERG VIOGNIER

This oak-matured Viognier is a voluptuous wine with lovely nutty and light buttery flavours well balanced by a floral perfume on the nose. The style is rich and ripe and well-structured to result in an elegant wine, ideally suited to complement suave dinners.

Made from hand selected berries, the wine was matured in first fill 500 liter French barrels for almost a year.

This is a style of white wine that will age beautifully and is the perfect partner to pork, duck, curries and bowls of creamy risotto.

 

Serving Suggestion

Well-chilled, the small and vivacious bubbles of the Kasteelberg will turn any occasion festive. Serve in elegant sparkling wine glasses to see the bubbles run and enjoy with any decadent treat you can imagine. Lovely with oysters and sushi.

 http://www.riebeekcellars.com

Tel:  022 448 1213

 

For when the wine is in, the wit is out. – Thomas Becon

A bottle of good wine, like a good act, shines over retrospect. – Robert Louis Stevenson

I have taken more out of alcohol than alcohol has taken out of me. – Winston Churchill

  

Continue Reading