Wil jy vir my wysmaak dat jy nie aan aardverwarming en die ander groenbollie glo nie. Nie eens die sneeu in Beaufort-Wes en die ongewone somer in die middel van die Kaapse winter gaan jou van sienswyse laat verander nie!
Al Gore se jongste inisiatief, The Climate Reality Project, poog om die neem van dringende aksie teen klimaatverandering, nog ‘n keer onder die wêreld se aandag te bring.
Hy beklemtoon dat daar te veel mense en instansies is wat baie geld bestee om die mensdom te laat glo dat daar geen rede tot kommer en vir die neem van aksie teen klimaatverandering is nie.
Op 14 en 15 September skop The Climate Reality Project met ‘n internasionale 24-uur mediagebeurtenis, 24 Hours of Reality, af. Hierdie gebeurtenis sal vir vier-en-twintig uur lewendig en in verskeie tale oor 24 tydsones gebeeldsend word.
Gore hoop om hiermee weereens die aandag op die klimaatsverandering wat deur die mens veroorsaak word, te vestig …
En reeds elke dag deur ons gevoel en waargeneem word.
Gaan kyk asseblief na die video hieroor by http://bit.ly/o7CdH9
All across the world, in every kind of environment and region known to man, increasingly dangerous weather patterns and devastating storms are abruptly putting an end to the long-running debate over whether or not climate change is real. Not only is it real, it’s here, and its effects are giving rise to a frighteningly new global phenomenon: the man-made natural disaster. – Barack Obama
For every expert that says humans are the cause of “climate change” there are 10 more who say we aren’t. – Bradley A. Blakeman
To be clear, climate change is a true 800 pound gorilla in the room. The effects of global warming threaten global environmental upheaval over the coming century. – Debbie Wasserman Schultz
Image: Carlos Porto/FreeDigitalPhotos.net