Tag Archives | Mental

Maak jou olifant los!

Hoe baie keer hoor jy dat iemand nie iets kan doen nie. 

Nie dat hulle nie instaat is om dit te doen nie, want liggaamlik en verstandelik is hulle meer as kapabel om dit te kan doen.  Hulle het hulself eintlik net self ontmagtig om die taak suksesvol af te handel.  Selfs om net te probeer om dit aan te pak.

In die meeste gevalle is dit volwassenes wat só reageer.  Dit is hulle wat nie kan dans nie, nie kan valskermspring nie, wat nie met oorgawe kan sing nie … 

In skrille kontras met die kleintjies, wat sonder enige twyfel in hul eie  vermoëns, op die verhoog spring om hulle sangtalent aan die hele wêreld te openbaar.  Altyd met ’n groot applous as beloning.

Wat het dan gebeur dat ons só geword het? 

Is dit iets wat saam met die ouderdom gekom het, of is dit soos Nataniël in een van sy gedigte skryf dat ons bang grootgemaak is?  Of het ons saam met die grootword vergeet dat ons tot baie meer instaat is?

Ek dink dit is iets wat êrens tussen te klein wees om te weet en grootwees en weet, in ons brein lêplek kom kry het.  Amper ’n soort pleister teen moontlike seerkry of dalk ’n geestelike staightjacket.

Ken Blanchard noem hierdie verskynsel assumed constraints en hy illustreer dit met die skitterenede voorbeeld van ‘n sirkusolifant.

Daar word vertel dat as die sirkusolifant nog baie klein is, hy met ’n meneer van ’n ketting om die voet en ’n baie dik ysterpaal vasgemaak word.  Hoe hard hy ookal stoei om los te kom; niks help nie.  Die ketting en paal is net sterker as hierdie olifantjie se jeugdige krag.

Dit is ironies dat hoe groter die olifant word, die ketting nie groter of dikker word nie.  Inteendeel; die ketting bly dieselfde.  Al wat regtig gebeur, is dat die olifant opgehou het om te probeer loskom. 

Hy het nou al so baie keer sonder sukses probeer om homself los te ruk, dat hy begin glo dat dit onmoontlik is om die paal uit die grond te pluk.  Hy het nou al begin aanvaar dat hierdie ketting en paal deel van sy lewe geword het.

Die kenners beweer dan ook dat as hierdie olifant volwasse is en ’n paar ton weeg, dat hy met ’n baie dun toutjie en ’n verskoning vir ’n paaltjie vasgemaak kan word.  Hierdie olifant het lankal oorgegee, want hy aanvaar dat hy nie gaan loskom nie. 

Wat die tragiese van hierdie olifant se lewe is, is dat hy elke dag die wonderlikste toertjies binne die tent doen.  Elke dag laat hy mense na hul asem snak met sy uitsondelike talent en vernuf.

Maar as die applous in sy groot ore stil geraak het, staan hy weer vasgemaak aan ’n paal met ’n ketting om sy voet.  Êrens op ’n verlate dorpsveld.

In baie van ons se lewens is daar ook iets wat ons, soos die ketting aan die olifant se voet, weerhou om te doen wat ons regtig wil doen.  Ons het al begin aanvaar dat ons dit nie kan doen nie of dat dit net nooit gaan gebeur nie.  Ons het ophou spartel en aanvaar nou maar net dat ons oud is, of nie kan sing nie, of nie kan skilder nie of nie …

Ek wil jou vandag uitdaag om ’n slag weer aan daardie ketting te gaan pluk.  Miskien verras jy jouself deur agter te kom die ketting is al tot niet geroes… of baie dunner as wat jy ooit gedink het!

 

If you think you can do a thing or think you can’t do a thing, you’re right. – Henry Ford

Soos wat jy dink so is jy.  Soos dit wat jy jou kan verbeel, so kan jy word. – Anoniem

There are no constraints on the human mind, no walls around the human spirit, no barriers to our progress except those we ourselves erect. – Ronald Reagan

Know your limits. Also know how to break them. – Geraint Starker

Image: Castillo Dominici/FreeDigitalPhotos.net

 

Continue Reading

Wat die hoep-hoep my geleer het!

My hoep-hoep

Ek het ‘n hoep-hoep wat die afgelope twee jaar in my garage se dak kom nes maak.  Reg op die hoek.  Elke nou en dan sien ek hom (haar) onder die dakteël inkruip.  En dan voel ek lekker, want ek het my eie hoep-hoep! Die klein hoepie het ek nog nie te siene gekry nie, maar ek wag in spanning!

’n Geheel en al ander spanning as laas Sondag se rugby.  Want, sê ek vir myself, dit is mos maar wat almal al ’n jaar of twee lank voorspel het gaan gebeur. Maar as dié voorspellings waar word, dan bly dit steeds nie lekker nie.  Die hoop het dan net weer begin opvlam dat ’n wonderwerk saam met Peter tog dalk nie onmoontlik is nie.

Terug by my hoep-hoep. Sy tuismaak in my dak (en die rugby) het my laat dink aan iets wat Dee Hock eens op ‘n tyd gesê het: The problem is never to get new innovative thoughts into your mind, but how to get the old ones out! En hoe waar is dit nie!

Soms kom ons so ontvanklik vir nuwe idees voor en sien onsself as vrydenkend, maar in die praktyk gaan ons voort en doen presies dit wat ons nog altyd gedoen het. Ek dink ons merk meestal vir onsself die oopkopboksie af as ons moet kies tussen dít of die  verkrampboksie.  Maar in praktyk oordonder ons ou manier van doen so baie kere die nuwe idees wat ons wil doen of selfs net wil probeer.

Kry nou net ’n idee!  Miskien moet ek êrens ’n opname van die wedstryd in die hande kry en met ‘n oop gemoed bekyk? Bekyk sonder dat my Vlak 2-afrigtingsertifikaat die manne in groen en die skeidsregter beoordeel. Miskien moet ek my nie te veel verknies oor die feit dat Peter baie leë beloftes maak nie, want hy is mos eintlik ’n spreker van formaat.  Baie flinker met die die mond as met die afrigting!

Terwyl ek dan nou so radikaal wil raak.  Miskien moet ek sommer vriend Vincent Koekemoer oornooi om saam met my na die wedstryd se kykweer te kom kyk.  En daarna kan ons saam braai. En terwyl ek nooi; wat van Steve en Julius?

Al wat my van my nuwe flinkdink-idee bekommer, is dat hierdie mense gewoonlik nie alleen kom kuier as jy hulle nooi nie.  Amper soos familie, want as jy hulle nooi, kom al die aangeplaktes saam.  Dit kan amper soos ’n Mighty Men saamtrek word!  En waar parkeer die busse?  En wat daarvan as my hoep-hoep skrik en besluit om te voertsek as gevolg van al die gebraai en gedansery terwyl ons na die wedstryd kyk?

Nee wat, los maar!  Dit sal in elk geval nie werk nie.  En terwyl my nuwe gedagtes terug koers kry êrens heen en my oues hulle hande soos nat vlieë van lekkerkry vryf, mis ek uit op ’n moerse braai en vriende wat ek nooit sal ken nie.

My hoep-hoep kom sit op die geut en sing: Hoep-hoep hoep-hoep… hoera vir die jollie bobbejaan!

Verbeel ek my of koggel die bleddie voël my?

Every mind is a room packed with archaic furniture. – Dee Hock

Ideas are like wandering sons.  They show up when you least expect them.  – Bern Williams

Old beliefs die hard even when demonstrably false. – EO Wilson

        

Continue Reading

You can beat Djokovic!

We are the champions my friend …

While watching the epic Wimbledon men’s final yesterday these words of Queen’s iconic song echoed through my head.

At the end of the match there could only be one champion and that was Novak Djokovic.  But the way Djokovic and Rafael Nadal played and conducted them selves showed that you can be a champion even if you lose.

During the match both players illustrated that the game, and becoming a champion, was much more than just physical. Becoming a champion also depends a lot on mental fitness.

Even Rafael admitted that the mental part is a little dangerous for me. (The Telegraph 4/7/2011)

Its not just athletes that have to act like a champion. At some or other stage of our lives there will come a moment that we will have to be the champion. Even if we never see or touch the grass of Wimbledon.

For just that moment I have compiled the following thoughts to help you collect your trophy, promotion, prize or what ever it may be:

 

1. The first and great command is, don’t let them scare you. – Elmer Davis.

2.  The minute you start talking about what you are going to do if you lose, you have lost. – George Schultz

3.  The desire to win is born in most of us. The will to win is a matter of training. The manner of winning is a matter of honour. – Margaret Thatcher

4.  Always imitate the behaviour of the winners when you lose. – George Meredith

5.  A winner makes commitments. A loser makes promises. – Unknown

6.  Defeat is not the worst of failures. Not to have tried is the true failure. – George E. Woodberry

7.  The difference between losing and winning is usually the difference between doing little things nearly right and doing them exactly right. – Edward Simmons.

8.  A winner focus; a loser sprays. – Sydney Harris

9.  You only get one chance. – William Wallace

Game, set and match!

Image: nixxphotograpy

Continue Reading