Tag Archives | Legend

Apple every day – The Steve Jobs way!

Daar is al baie oor Steve Jobs gesê en dat daar nog baie oor hom gesê gaan word, is so seker soos dat daar binnekort ’n nuwer weergawe van die iPad sal verskyn.

Dit is egter nie net Steve Jobs se uittrede as CEO van Apple wat my interesseer nie, maar ook sy leierseienskappe.  Wat is dit wat hy het wat gemaak het dat Apple vandag een van die grootste maatskappye in die wêreld is en boonop miljoene fanatiese aanhangers het?

I scrutinised the web and printed media and made the following shortlist of what made Steve so successful:

  • Steve Jobs may not be the greatest technologist or engineer of his generation. But he is perhaps the greatest user of technology to ever live.
  • He is able to see a company from the outside, rather than inside as most managers do.
  • Steve trusted his instinct. Some may call it vision. That required an ability to think first and foremost as someone who lives with technology rather than produces it. And he was willing to gamble based on that instinct.
  • He was Apples’ biggest fan. If you listen to Steve’s legendary presentations over the years, he comes across not as the creator of a product so much as its very first fan.
  • Steve has a great eye for talent and the bigger picture. He taught his organization to develop a product for the second or third generation rather than a once off.

Apple was onder Steve nie altyd die maklikste plek om jou brood te verdien nie.  Mense wat hom ken en ook die binnewerke van Apple beleef het, beskryf Jobs so toeganklik soos ’n junkyard dog.

Onder Steve Jobs se leierskap was Apple a brutal and unforgiving place, where accountability is strictly enforced, desicions are swift, and communication is attriculated clearly from the top.

In baie organisasies sou bostaande korporatiewe kultuur reglynig bots met wat van ‘n leier verwag word: geloofwaardigheid, bedagsaamheid, sensitiwiteit, nederigheid asook ’n goeie dosis kreatiwiteit, intelligensie en ’n strategiese brein soos Napoleon.

Maar hoe het Steve dit dan reggekry om net met die helfte van bogenoemde eienskappe te oorleef? Kenners beweer dat mense hom sy gebreke vergeef het, want wat hy aan takt en sensitiwiteit ontbreek het, het hy opgemaak met sy ongelooflike en helder visie vir dít wat hy vir Apple wou hê.

Die vertrek van Steve Jobs laat Applewerknemers en -aanhangers met ’n bekommernis oor die pad wat vir hulle geliefde produk wag, want met Steve besig om aan die appel te kou, kon hulle rustig slaap …  en wag vir nog ’n WOW-produk!

Miskien is dit gepas om Steve die laaste woord te laat inkry (party sal sê, soos gewoonlik):  Your work is going to fill a large part of your life, and the only way to be truly satisfied is to do what you believe is great work. And the only way to do great work is to love what you do. If you haven’t found it yet, keep looking. Don’t settle.

Nog ‘n paar aanhalings van Steve Jobs:

Being the richest man in the cemetery doesn’t matter to me … Going to bed at night saying we’ve done something wonderful… that’s what matters to me.

I want to put a ding in the universe.

We made the buttons on the screen look so good you’ll want to lick them.

Your time is limited, so don’t waste it living someone else’s life. Don’t be trapped by dogma – which is living with the results of other people’s thinking. Don’t let the noise of other’s opinions drown out your own inner voice. And most important, have the courage to follow your heart and intuition. They somehow already know what you truly want to become. Everything else is secondary.

Source:

Cliff Kuang: FastCompany

Joe Nocera: New York Times

Image: Nutdanai Apikhomboonwaroot

 

Continue Reading

Legends

Die polemiek woed weer in die pers oor wie die beste is of was.  Wie gee wie die reg om hom of haar as die beste ooit te klassifiseer?  Amper tot legendestatus te verhef …

Tydens ’n besoek aan die KKNK het ek ontdek dat sommige mense soos oom Gert van Tonder skielik ‘n legend geword het, want al die jonges wat saam met die oom gesing het, het hom ‘n legend genoem.  Is dit dalk omdat hulle hom van hulle doek- en Wielie-Walie-dae onthou, want oor sy sang kan dit nie wees nie.

Hierdie kwistige gebruik van legend voor en agter het my laat wonder oor wie en wat nou eintlik ‘n legend is. 

Volgens my beskeie mening is Staal Burger, tannie Evita  Bezuidenhout en die Toyota-bakkie ‘n legend.  Maar om sommer links-regs enige iemand met die titel legend te bekroon, wil vir my ‘n bietjie goedkoop voorkom.

Ek vermoed die mense probeer eintlik sê die betrokke persoon is ‘n held. Maar in hierdie tyd waar alles cool is, het held ook seker êrens in die stof gebyt?  Legend is nou die woord op die tong.

Nou hoe lyk ‘n legend dan nou eintlik?

Om as ‘n legend geklassifiseer te word, voel ek, moet die persoon as eerste vereiste darem sy/haar eie leeftyd kan oorleef.  Daarmee bedoel ek, jy moet darem lank na jy die tydelike met die ewige verruil het, nog altyd oor gepraat of onthou word.

Legends moet ook ‘n bietjie opgeoffer het vir ‘n saak groter as hulself. Om net op ‘n KKNK-verhoog te verskyn en liedjies met drie versreëls te sing, plaas jou nie summier in dié klas nie. Nostalgie of te not!

Legends moet ook guts hê.  Soos ‘n Wolraad Woltemade wat ten koste van homself sy perd die branders inry om absolute vreemdelinge te red.  Om net Kaptein span die seile te sing, laat jou nog nie eens uit die hawe kom nie!  Sarah Palin het die eienskap netjies raakgevat toe sy die volgende opmerking gemaak het: “…the difference between a pit bull and a hockey mum; it’s only the lipstick.”

Wat vir my egter die belangrikste aspek rondom ‘n legend is, is die stories wat hy/sy vertel.  En ook die stories wat van hom/haar vertel word.

Suid-Afrika het vandag genuine legends nodig. Nie kunstefees- legends nie.  Legends wat ook leiers is. Mense wat bereid is om stories, wat as ‘n morele barometer sal dien, vir die kinders en mense van Suid-Afrika, te vertel. Mense wat ons onvoorwaardelik as morele voorbeelde aan die wêreld kan voorhou.

Fred Harburg meen as leiers die krag van ‘n storie verstaan, maak hulle ‘n blywende verandering. Hy verwys in dié aanhaling na ‘n maatskappy, maar ek dink dis net so van toepassing op enige land in die wêreld. When a company is blessed with leaders who express compelling stories about things that matter — grounded in fact and reason, tied to values that are widely embraced, constructed with logic and expressed in positive, emotionally passionate terms — people not only listen, but are moved to action. 

As ons leiers hierdie tipe stories begin vertel, kan ons almal lustig saam sing met al ons helde op die verhoë dwarsdeur Suid-Afrika. Ek sal dan weet dat die legends van hierdie land se stories ‘n verskil gaan maak wat langer as die 90 minute van die vertoning sal duur.

There used to be a time when the idea of heroes was important. People grew up sharing those myths and legends and ideals. Now they grow up sharing McDonalds and Disneyland. (New York, 1989) – Bob Dylan

True Legends never die. – Unknown

Image: mieliestronk

 

 

Continue Reading