Charles Hopkins is, soos die ouer mense sal sê, ’n man van statuur. Nie net in sy beroep nie, maar ook in voorkoms.
Charles is op Somerset-Wes gebore. Hy bring sy laerskooljare op Bredasdorp in die Overberg deur, maar verhuis later na die Strand waar hy aan die Hoërskool Strand matrikuleer.
Hierna volg die pad van menige jongman van daardie tyd: weermag en daarna verdere studie. Hy besluit om Elsenburg-landboukollege toe te gaan om landbou te studeer. Die grond, beeste en al wat dier is, was in sy bloed.
Terwyl hy op Elsenburg is, kruis sy paaie met die van Jan Boland Coetzee en hy ontdek wyn… Die beeste word eenkant toe geskuif vir die vrug van die druif. En die res is geskiedenis.
Charles se pad as wynmaker begin by Uniewyn in Wellington. Daarna volg Bellingham Wyne, Graham Beck in Franschoek en in 2005 word hy as wynmaker by De Grendel aangestel.
Soos die meeste ander wynmakers, het Charles ook ’n oes of twee in Kalifornië en Frankryk meegemaak. Verskeie ander oorsese studiebesoeke het intussen gevolg.
Charles is nie iemand wat graag oor toekennings of pryse praat nie, maar op sy kerfstok is daar verskeie dubbelgoud-toekennigs by Veritas en vele by ander kompetisies. Hy beskou egter die feit, dat meer as die helfte van sy studente wat by hom van wyn geleer het vandag vooraanstaande wynmakers is, as een van sy grootste toekennings. Dit is ook vir hom belangrik dat hulle weet dat daar geen kompromis aangegaan word as dit by kwaliteit kom nie.
Vir hom gaan dit oor die gee; beslis nie oor die ontvang nie.
Charles is ‘n realis. Iemand wat volgens hom reeds genoeg foute gemaak het om daaruit te kon leer. En omdat hy aandagafleibaar is (sy woorde), pas die beroep van wynmaker met sy vele fassete hom soos ’n handskoen.
Om meer van die mens, Charles Hopkins, te wete te kom het ek hom die volgende vrae gevra:
- Waarom het jy ‘n wynmaker geword?
Ek is ’n natuurmens en die landbou was nog altyd vir my belangrik. Maar dit was eintlik as gevolg van Jan Boland Coetzee en Billy Hofmeyer wat oor my pad gekom het, dat ek in die rigting beweeg het.
- Wat is die beste wyn wat jy ooit gemaak het?
Koetshuis Sauvignon Blanc 2007
- Wat is die beste wyn wat jy gedrink het?
Chavel Blanc 2000. Veral omdat die wyn van Cabernet Franc gemaak is.
- As jy nie ‘n wynmaker geword het nie, wat dan anders?
Beesboer of ’n Sielkundige.
- Wat is onafgehandel op jou bucket list?
Dalk ’n eie besigheid en internasionale prestasies.
- Troeteldier(e)?
Ek vrek oor honde en het twee Chocolate Labradors – Chompie en Nonnie.
- Gewildste TV-program?
Veral Sport en Nuus. Crime and Investigation en Hartland
- Watter liedjie sing jy in die kelder/stort/kar?
Ek hou van Phil Collins, Andrea Bocelli, UB 40, Eric Clapton en Leonard Cohen.
- Jou lewensmotto?
Voluit vir lewensvreugde. Die lewe is een vreugdebol! My ma het my geleer dat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang en my pa dat ek elke dag iets nuut moet leer. Ek probeer …
- Wat dink jy van bokswyn?
Daar is plek daarvoor, maar ek haat papsakke.
- Watter wyn drink jy as jy nie jou eie drink nie?
Kanonkop Paul Sauer, sauvignon blanc van Cape Point Vineyards en Jordan se 9 Yards Chardonnay.
- In watter wynkultivar het Jesus die water by die troue in die Nuwe Testament verander?
’n Jong Sauvignon Blanc.
- Tent of Hotel?
Hotel
- Hoe ontspan jy?
By die see met my vrou en kinders. As ek die oggend 11-uur koerant lees en aan die slaap raak; dan ontspan ek. Hulle sê mos ‘n sleg dag by die see is nog altyd beter as een op kantoor!
In die proeglas:
Koetshuis Sauvignon Blanc 2011
Vinification: Satellite images were used to classify the vineyards according to growing patterns. Picking times were established based on analysis, phenolic ripeness and flovour compositions. Three lots, selected from Darling and De Grendel, were vinified individualy, as potential Koetshuis components, and blended afterwards to ensure complexity and depth. Due to the excellent quality we were able to utilize all three components. The Koetshuis Sauvignon Blanc grapes handled differently, in both vineyard and cellar, ensuring a bigger and bolder wine. It is picked riper; it receives longer skin contact and cold settling as well as extended lees contact after fermentation with more frequent batonage intervals.
Tasting Notes: This wine is an explosion of tropical fruit with pronounced flavours of passion fruit, white peaches and ripe figs. The fruit follows through on the palate, resulting in full well balanced mouthfeel and ends off with crisp dry acidity, leaving you in anticipation for your next glass!
Ageing Potential: Up to 3 years.
Platter: 4½ stars
Tel: (021) 558 6280
Wine improves with age. The older I get, the better I like it. – Anonymous
A bottle of wine begs to be shared; I have never met a miserly wine lover. – Clifton Fadiman