Tag Archives | Kanonkop

Abrie Beeslaar skrik nie maklik nie!

 
 
 
 

Saam met Abrie in Kanonkop se verouderingskelder.

Kanonkop word deur die mense wat weet, as een van Suid-Afrika se beste wynplase beskou. Gelykstaande aan ‘n Premier Cru of First Growth êrens in Frankryk.

Groot geeste soos Paul Sauer, Jannie en Mary Krige, Jan Boland Coetzee en Beyers Truter het hulle merk op hierdie besonder vrugbare grond gelaat.  Om dus in hulle voetspore te volg, moet ‘n man by wyse van spreke druiwekorrels van staal hê!

Maar Abrie Beeslaar skrik nie maklik nie. Hoekom sal hy, want hy is van kleins af gewoond om in groot manne se spore te loop.  Louis Leipold, David Kramer en nobelpryswenner JM Coetzee is almal boorlinge van sy geboortedorp Worcester.  Hy is dus gewoond om in die dampkring van legendes asem te haal.

Abrie voltooi sy skoolloopbaan op Worcester en martrikuleer aan Hoërskool Montana. Volgens hom was Worcester net ver genoeg van die Kaap dat hy kreatief moes wees as hy wou stout wees. Hegte vriendskapsbande wat tydens hierdie jare gesmee is, bestaan vandag nog.

Na skool wou hy medies studeer, maar word nie gekeur nie en begin met ‘n graadkursus in Landbou aan die Universiteit Stellenbosch. Volgens hom het hy voor dit nooit aan landbou as beroep gedink nie.  Hy ontdek verkeie fasette in die wingerd en wynbou wat hom stimuleer en kom boonop tot die besef dat hy tegelykertyd kan werk én wyn drink!  Hy sê hy kan nie glo dat daar nie meer mense is wat Wynbou om presies hierdie rede studeer nie!

Na die verkryging van sy graad begin hy by Swartland Kelder werk. Hierna volg Kanonkop in 2002.  Abrie se kreatiwiteit kom op Kanonkop tot sy volle reg en verskeie pryse soos Veritas dubbelgoud en Absa Top 10 Pinotage-toekennings volg. Die hoogtepunt is egter as hy in 2008 as die internasionale wynmaker van die jaar aangewys word en die Wolff-Blass trofee verwerf.

Abrie is ‘n mens-mens. Almal se pêl, soos David Kramer sou sing. Vir hom gaan dit nie oor geld en roem nie, maar om altyd ‘n tjoppie en wyn in die yskas te hê. Dan is hy ‘n skatryk mens.

Om meer van die mens, Abrie Beeslaar, te wete te kom het ek hom die volgende vrae gevra:

Waarom het jy ‘n wynmaker geword?

Heel toevallig.  Ek is nie vir medies gekeur nie en toe het ek begin Landbou swot.

Wat is die beste wyn wat jy ooit gemaak het?

Die 2003 Paul Sauer saam met Beyers Truter en die 2007 Paul Sauer CWG.

Wat is die beste wyn wat jy gedrink het?

1991 Kanonkop Pinotage

As jy nie ‘n wynmaker geword het nie, wat dan anders?

Medies

Wat is onafgehandel op jou bucket list?

Dalk ‘n eie stukkie grond? Eie kelder?

Troeteldier(e)

Beslis honde.  Op die oomblik soek ek weer na een, want my boerboel is onlangs dood.

Gewildste TV-program

Sport

Watter liedjie sing jy in die kelder/stort/kar?

Iets van Bob Marley of  The Smiths.

Jou lewensmotto?

As jy nie vorentoe beweeg nie, dan gaan jy agteruit. Streef altyd na die volgende stap in die lewe. Voed die dryf in jou.

Wat dink jy van bokswyn?

Ek het groot geword daarop. Jy moet eers genoeg daarvan drink om gebottelde wyn te kan waardeer.

Watter wyn drink jy as jy nie jou eie drink nie?

‘n Chenin Blanc uit die Paardebergstreek. Uva Mira se chardonnay. Ettiene le Rich of Morgenster se cabernet.

In watter kultivar het Jesus die water by die troue in die Nuwe Testament verander?

Pinot  Noir

Tent of hotel?

Tent, maar na die pars beslis ‘n hotel!

Hoe ontspan jy?

Braai en drink wyn. Duik ‘n bietjie kreef en vang vis. Probeer gholf speel.

 

In die proeglas:

KANONKOP PINOTAGE 2009

 
 
Pinotage – 2009
Winemaker: Abrie Beeslaar
Varieties: 100 % Pinotage
Origin: Simonsberg Stellenbosch
Climate: Cold, wet winter with a slow steady ripening period.
Age of Vines: Up to 56 years old. Bush vines only.
Irrigation: None dry land to obtain optimal extraction.
Soil: Decomposed granite, Hutton and Clovelly soils.
Yield: 5.1 tons/ha 3315 lit./ha
Vinification: Fermentation took place in open concrete fermenters. Cap was punched manually every 2 hours and was the juice drawn off the skins after 3.2 days.
Maturation: Matured in 225 lit. French Nevers for 15 months, primarily Vicard barrels 70 % new and 30, 2nd fill.
Description: Full bodied wine with a dark purple colour. Intense fruit flavours with soft ripe tannins give this wine maturation potential of up to 15-20 years.
Food Suggestion: Red meat or spicy Asian style dishes. 
   
   

Tel:  +27 21 884 4656

www.kanonkop.co.za

 

He who loves not wine, women and song remains a fool his whole life long.Martin Luther, 1777

My dear girl, there are some things that just aren’t done, such as drinking Dom Perignon ’53 above the temperature of 38 degrees Fahrenheit. That’s just as bad as listening to the Beatles without earmuffs!”  – Bond in Goldfinger (1964)

Wine to me is passion.  It’s family and friends.  It’s warmth of heart and generosity of spirit.  Wine is art.  It’s culture.  It’s the essence of civilization and the art of living.  – Robert Mondavi, Autobiography, “Harvests of Joy”

 

 

Continue Reading