Ek sit nou die dag, tydens ons onderwyskongres, oopmond na Braam Malherbe en luister.
Die man is amper so aan die gang soos daai batteryhasie wat net nie tot rus wil kom nie!
Dié dag kry ek baie stof tot nadenke, maar die een gedagte wat regtig my senuweepunte laat kortsluit, is die volgende:
A wonderful definition of Hell: Arriving at the end of your life and meeting the person you could have been.
Whoa! Stop die lorrie!
Wat ’n skok en ontnugtering moet dít nie wees nie!
Veral as jy onder die indruk verkeer dat jy ’n ietwat oraait lewe gelei het.
Dit moet die toppunt van vertwyfeling wees om te besef dat jy soveel meer kon gewees het!
En om dan elke dag en elke oomblik te moet dink aan al die geleenthede wat jy deur jou vingers laat glip het.
Dalk erger nog; om te weet dat net jy hiervoor verantwoordelik is.
Ek dink ek verstaan nou waarom Braam so aan die gang is …
My philosophy is that not only are you responsible for your life, but doing the best at this moment puts you in the best place for the next moment. – Oprah Winfrey
If you are going through hell, keep going. – Winston Churchill
I long to accomplish a great and noble task, but it is my chief duty to accomplish small tasks as if they were great and noble. – Helen Keller