Corius Visser en die uwe
Op die N2 lê Tafelberg deinserig in die verte en wag. Ek is oppad terug na my besoek aan Corius Visser op Croydon Estate en eensklaps onthou ek die volgende woorde uit Opperman se gedig Carrara:
… met beitels en die hamer brok vir brok
die klipkors óm hulle heen wegkap.
Miskien het dié onthou opgevlam omdat die ooreenkomste tussen die beeldhouer en die wynmaker net te vanselfsprekend is om mis te kyk. Meer spesifiek, hulle totale nederigheid om die sukses van hul skepping nie aan hulle eie vermoëns toe te reken nie, maar aan dié van oorvloedige genade.
Soos Michelangelo voel Corius Visser, wynmaker van Croydon, dat hy maar net die onsluiter van die skepping is wat reeds voor en sonder hom deur die natuur gevorm is. Net soos Michelangelo die vlermuis en Dawid uit die marmer verlos, so verlos Corius die die wyn uit die korrel. Beide reeds deur God gevorm.
Die ooreenkomste hou eintlik hier op, want anders as Michelangelo het Corius in Goodwood grootgeword en matrikuleer hy gedurende 1993 aan die Hoërskool President. Hy sê skool was vir hom lekker en hy het wyd deelgeneem; van rugby (Cravenweek) tot sing in die koor en debat. Maar hy het reeds op skool geweet hy wil gaan wyn maak. Of gaan boer, want die grond en boerdery was in sy bloed.
Corius in die wingerd op Croydon
Amper iets geneties, hierdie beheptheid met die grond. As ’n mens op Corius se stamboom sou terugloop, sal jy vind dat sy voorgeslagte almal iets met die grond te doen gehad het. Mense wat naby die aarde leef en met hulle hande kan werk. Sy oupa was ’n houtkapper in die Knysnabos en op een van sy ooms se plaas, is hy van kleins af stelselmatig in die landboubedrywighede ingelyf.
Geen wonder dat hy besluit het om na skool Elsenburg Landbou Kollege toe te gaan nie. Daar het hy Wingerd en Wynkunde, asook grootvee bestudeer.
Na Elsenburg het hy op Vredendal by Lausanne Melkery met die wingerd, groente en sommer alles wat voor gekom het, gaan werk. Corius sê, alhoewel hy nooit diensplig gedoen het nie, glo hy sy vyf jaar in die Olifantsriviervallei was so na aan dit as wat jy kan kry. Van vroegdag tot laat aande gewerk en baie ondervinding opgedoen.
Teen die jaar 2000 het die skeppende muse in hom hom weer beetgepak en hy het geweet hy kan nie net boer nie. Hy wou iets maak. Iets skep. Hy gaan werk op Kleine Zalze en leer verder van die wingerd. Hierna kom Knorhoek aan die beurt waar hy meer van die wynmakery leer en later begin hy saam met Beyers Truter en Abri Beeslaar wyn maak op Kanonkop. Gedurende die dag geboer en saans wyn gemaak.
Aangesig van die kelder op Croydon
Sy groot kans breek in 2005 aan toe hy as wynmaker op Croydon Estate aangestel word. By Croydon was hy van die begin af deel van alles wat daar gedoen en beplan is. Van die aanplant van die wingerd tot by die uitleg van die kelder. Die eerste wyn van die wingerd wat hy help aanplant het, was ’n oomblik in sy lewe wat hy nooit sal vergeet nie.
Corius is nie iemand vir pryse en toekennings nie, maar hy laat val darem dat sy wyne vanaf 2008 nog nooit minder as vier sterre in die bekende Platterwyngids gekry het nie!
Om Corius nog beter te leer ken, het ek hom die volgende vrae gevra:
1. Hoekom het jy ’n wynmaker geword?
Ek was my hele lewe lank geïnteresseerd in wynmaak. Ek hou daarvan om iets te skep. As ek ’n melkboer was, sou ek seker kaas gemaak het. Of konfyt as ek met tamaties geboer het!
2. Wat is die beste wyn wat jy gemaak het?
2003 Cabernet Sauvignon van Knorhoek en die 2009 Croyden Covenant.
3. Wat is die beste wyn wat jy al gedrink het?
2006 Château Latour Premier Grand Cru en ‘n 1998 Kanonkop Paul Sauer
4. As jy nie ’n wynmaker was nie, wat dan anders?
Dalk ’n onderwyser? Ek geniet mense en deel graag kennis.
5. Wat is nog op jou bucket list oor?
Om nog ’n great wyn vir Croydon te maak. ’n Top Cape Blend en Top Tien pinotage.
Verouderingskelder op Croydon
6. Watter troeteldier(e)?
Ek is hooked op Bassets. Ek het twee.
7. Wat is jou geliefkoosde TV-program?
Ek luister liewer radio.
8. Wat sing jy in die kelder/stort/kar?
Ek is baie lief vir musiek, veral klassiek en my belangstelling is wyd. Maar ek sing nie sommer nie.
9. Wat is jou lewensmotto?
Om elke aand my oë te kan toemaak en vrede te hê met die dag wat verby is.
10. Wat dink jy van bokswyn?
Enige wyn kan lekker wyn wees. Ek het geen vooroordeel teen bokswyn nie.
11. Wat drink jy as jy nie jou eie wyn drink nie?
Beyerskloof of Kanonkop. Ek is ’n rooiwyndrinker met net hier en daar wit.
12. Wat was die kultivar van die water wat Jesus in wyn verander het?
Pinotage
13. Tent of Hotel?
Tent
14. Hoe ontspan jy?
Duik. Sit op my skoonouers se plaas op Uniondale en braai elke dag skaapribbetjies. Luister mooi musiek of gaan stap in die berg.
In die proeglas:
Covenant 2009 Pinotage
Climate: The weather of 2009 growing season was ideal for the production of quality grapes. The season started off with a good wet and cold winter andrain that carried on well into spring. These cooler conditions carriedforward in to the summer and created the opportunity of longer ripeningperiods. This resulted in well structured and balanced wines with good colour, intensity and fruit.
Soils: A mixture of sand, clay and stone on a bed of solid clay
Trelissing: Six wire hedge system
Age : Young vineyards planted in December 2005
Production: 5 Tons per Hectare
Vinfication: Five days on the skins in open fermenters. Fermented at 27 degrees Celsius. Punched down and pump overs on regular intervals. Aged in small 225 Liter barrels for twenty months.
Description: Croydon lies under the gaze of the Helderberg Mountains and has been established as the first Beyers Truter Signature Residential wine estate. Uniquely, its vineyards and wine are co-owned by the home owners of the estate who enjoy being part of the winemaking process. The soils and breezes of Falsebay make Croydon perfectly suited for red wine production. This full-bodied elegant wine has rich black berry flavours, with hints of herbs and dark fruit flavours on the palate. Hand selected from the best barrels, this wine will age for years to come. Best suited to enjoy with ostrich or venison.
Cultivars: Pinotage (100%)
Analyses: Alk % RS TA Va Tot So2 Free So2 pH
13.69 1.2 6.4 0.80 113 28 3.65
**** John Platter 2012
www.croydon-estate.co.za
Tel: (021) 483 3610
The discovery of a wine is of greater moment than the discovery of a constellation. The universe is too full of stars. – Benjamin Franklin
What is the definition of a good wine? It should start and end with a smile. – William Sokolin
When it comes to wine, I tell people to throw away the vintage charts and invest in a corkscrew. The best way to learn about wine is the drinking. – Alexis Lichine