Sometimes.

Baie jare gelede was daar ‘n foto van ‘n padwerker wat mismoedig met sy kop in sy hande in ‘n bushalte sit.  Sy graaf so eenkant neergegooi. 

Op die een paneel van die halte was daar ‘n advertensie vir Life-sigarette met die klinkreël, Life is great! 

Wat my egter tot vandag toe dié foto laat onthou, is nie die foto self nie, maar die ironiese onderskrif: Sometimes …

Life is Great! Sometimes … Hierdie sometimes tref jou soms op die onverwagste oomblike van die lewe.  Soos wanneer ‘n waterpyp laat in die nag in jou erf bars.

Dit is dán wat jy al jou positiewe versies en slagspreuke hardop moet sê, want die why me’s wil soos ’n tsunami oor jou spoel.  Weg is die great lewe!

Maar as ek weer tot verhaal kom, onthou ek skielik ’n gedeelte uit Scott Peck se boek The Road Less Traveled.

Life is difficult.

This is a great truth, one of the greatest truths.

Once we truly know that life is difficult – once we truly understand and accept it – then life is no longer difficult.

Because once it is accepted, the fact that life is difficult no longer matters.   

As ’n mens hierdie waarheid regtig onder die knie het, dan is life nie meer net sometimes nice nie.

Life is great al bars die pyp, al is die battery net voor die lewensbelangrike vergadering pap, al is…

Al hierdie dinge is deel van die somtotaal van die avontuur van die lewe.

Geronimo!

Photo: Simon Howden

(Visited 351 times, 1 visits today)

,

No comments yet.

Leave a Reply