Cornel sê gister op sy 60 ste verjaarsdag dat hulle die paartie vir ons hou. Vir al hul vriende, want dit is hoe hulle wil dankie sê vir dit wat hulle vriende tot hulle lewenspad bygedra het.
Hulle wil hul vriende se bydra tot hul lewe vier en daarom ruk hy en sy vrou al die stoppe uit. Hulle gee vandag graag met oorgawe weg, want hulle het dan so baie ontvang.
Sy woorde het my aan Stephen Covey se oorvloedmentaliteit herinner. Volgens Covey is daar mense (soos Cornel en Suzél) wat met hierdie mentaliteit, dat daar vir almal oorgenoeg in die wêreld is, leef. Maar ongelukkig is daar ook mense wat met die skaarsheidmentaliteit lewe en glo daar sal net nooit genoeg wees nie en daarom moet hul bymekaarmaak en versamel om te oorleef.
Hierdie mense kán of wíl die oorvloedmentaliteit net nie begryp nie. Vir hulle is die Scrooge-mentaliteit net baie makliker om te verstaan. Hou alles baie dig teen jou bors. Opgaar en vasklou is baie makliker as weggee en deel.
Wees gewaarsku! Die Scrooge-mentaliteit is verslawend en selfs dodelik. Voor jy jou kom kry, neem jy na ’n bring-en-braai die minimum. Hou jy jou bring in die mandjie en kyk jy eers of die ander sin nie genoeg is om mee te kuier nie, want dan kan jy jou kosbare proviand weer huis toe neem. En jy kamoefleer hierdie inhalige daad onder die vaandel van spaarsamigheid (of wat jy ook al wil glo).
Covey se abundance mentality sê daar is genoeg vir almal. Moenie worrie nie. Jy sal jou deel kry. Jy hoef nie ander uit die pad te storm om eerste die winskopie te gryp of jou bydrae laaste uit die mandjie te haal nie. Wees daarom vrygewig, deel uit en verbly jou in ander se sukses en goeie geluk.
Die Bybel sê ook dat jy jou brood op die water moet werp en dit nie in jou mandjie moet los nie.
Truter sê as iemand van jou twee uie vra, neem drie. Want slegs deur meer te gee as wat daar van jou gevra word, sal jy die vreugde van oorvloed ondervind. En kan jy daardeur dankie sê dat jy so baie ontvang het.
Wakker loop, want voor jy jou kom kry, verander spaarsamigheid in suinigheid en suinigheid in ingatheid.
En ingatheid is ’n lelike ding; dit wys op jou gesig!
It is preoccupation with possessions, more than anything else, that prevents us from living freely and nobly. – Thoreau
Three great forces rule the world: stupidity, fear and greed. – Albert Einstein
He is no fool who gives what he cannot keep to gain what he cannot lose. – Jim Elliot
Voel altyd sleg om WEER kommentaar te lewer, maar puik,Pappa! En nie skaam om so te se nie, trots en dankbaar.
Dankie, M! Waardeer die opmerking en lees van P&J.
So waar ou Rian. Die dag toe my ma my toga om my skouers hang by my bevestiging as leraar in my eerste gemeente, het sy gesê:”‘n Hand wat toe is en nie wil gee nie, kan nie ontvang nie.” Sal dit nooit vergeet nie.
Seënwense
Dankie, Nico! Mooi loop daar in OL!
Baie waar! “To give/serve” is wat ooral in die bybel ook ge-“promote” word! Ek het ‘n stuk oor “our life path” geskryf wat ook die aspek aanraak. Ek sal dit graag wil aanstuur (dis in PDF), maar ek kan nie hier ‘n “attachment” aanheg nie (jammer vir die meng van tale… dalk moet jy iets daaroor eendag skryf?). My e-pos is verskaf om my te kontak vir die stuk wat ek geskryf het. Groete
Dankie, Eugene! Stuur vir my by truterrian@gmail.com
Mooi loop en dankie vir die kommentaar.
Ware woorde en sal graag wil hê dat dit êrens gesê moet word waar soveel meer mense hierdie woord hoor.
Ek glo nog altyd hoe meer jy gee hoe meer ontvang jy – selfs as jy jou laaste gee sal jy in oorvloed ontvang.
Dankie!
Dankie, Magda! Ek dink daar is net te veel mense wat eers wil ontvang voor hulle sal gee. Groete.