Drome kan gevaarlik wees!

Dit was nadat ek nou die dag weer tydens ’n praatjie iets kwyt geraak het dat ’n mens drome moet hê, dat een van die mense daar my vra om iets oor drome te skryf.

En sonder dat hulle gevra word, sing die Everly-broers in my kop:

Drea-ea-ea-ea-eam, dream dream dream …

Laat ek begin deur te sê dat daar twee tipes drome is. Die eerste soort is die wat nie die werklikheid is nie.  Die wat gebeur as ons slaap.  En in dié drome is alles moontlik.  Ek het weer hare en jy is Twiggy se baas en die Lotto is joune, maar as jy wakker word is al wat jy het, teleurstelling.

Die tweede tipe droom waarvan ek praat, is daardie iets wat jy begeer of wil hê, maar wat amper so ’n ietsie onmoontlik aan hulle het. Amper soos die koekieblik op die kas wat jy net-net nie kan bykom nie.

Maar ons drome kán waar word.  Net soos jy die koekieblik in jou hande kan kan kry.  Al wat nodig is, is ’n stoel om op te staan.

Drome waarin jy vlieg soos Superman, of Charlise Theron word jou buurvrou (wag hierdie kan een kan nog moontlik wees, maar onwaarskynlik) is slegs verbeelding.  Onwerklik en onmoontlik.  Lekker ontvlugting soos ’n storieboek waarin jy jou vir ’n kort tydjie kan inleef, maar only trouble is, gee whiz I’m dreaming my life away… (weer die Everly-boeties).

In dreams you can fly forever, And never miss a turn, In dreams you can spread your wings, And know where to turn. – Yoko Ono

As ek vir iemand sê om aan te hou droom, dan is dit nie dié soort drome nie.  Die drome waarvan ek praat, kán waar word. Maar net as jy iets daaraan probeer doen.

Ek praat van oop-oë-drome. Drome waarin jy kan sien en weet wat is werklikheid en wat is verdigsel. DH Lawrence sê hierdie oop-oog-dromers is gevaarlike mense, want hulle doen iets aan hulle drome.  Hulle wag nie vir die skip om in te kom nie, hulle swem sommer self na die skip toe!

Drome wat waar word sonder dat jy iets daaraan probeer doen, is niks anders as geluk nie. En oor geluk het nie jy of ek beheer nie.

Die belangrikste is egter dat jy droom.

Want wie weet; eendag maak jy dalk net jou oë oop en begin regtig skaaf aan jou lugkasteel in die wolke.

All men dream, but not equally. Those who dream by night in the dusty recesses of their minds, wake in the day to find that it was vanity: but the dreamers of the day are dangerous men, for they may act on their dreams with open eyes, to make them possible. – TE Lawrence

A dream doesn’t become reality through magic; it takes sweat, determination and hard work. – Colin Powell

The world needs dreamers and the world needs doers. But above all, the world needs dreamers who do. – Sarah Ban Breathnach

(Visited 765 times, 1 visits today)

, , , , ,

2 Responses to Drome kan gevaarlik wees!

  1. Pierro Louw November, Friday 8 2013 at 8:08 am #

    Dit is opvallend hoe kinders hulle vermoë om te droom, verloor het. As ons ophou droom, is ons soos mense wat leef sonder hoop! Katlego Maboe, televisie aanbieder op ontbytprogram, Expresso op SABC 3 en lid van Potch-sanggroep, Flip a Coin, vertel van ‘n onnie van hom, juf. Kennedy, wat altyd gesê het:”As jy dit kan droom, kan jy dit leef”! Hy sê verder dat hy nooit illusies gehad het dat die pad na jou drome maklik gaan wees nie, maar wees sterk; jy kan dit doen! Dis jou plig om jou talente te gebruik! Hou aan droom! Slagspreuk wat sê: “You can call me a dreamer, jip I am. Because a life without dreams is like a guitar without strings!”

    • Rian Truter November, Friday 8 2013 at 5:14 pm #

      Dankie vir die saam gesels, Pierro! Waardeer dit. Rian

Leave a Reply