‘n Nuwe kyk na wat jy doen

Hoekom doen ek dit?

Gewonder waarom hou jy skool, of waarom bak jy cupcakes? Of bloot die wonder of daar nie ‘n beter manier is om te doen wat jy nou besig is om te doen nie?

Baie keer ken jy die antwoord, maar jy soek net weer so ‘n geutjie ekstra inspirasie.  Daardie skop onder die jis, daardie inspuiting van ‘n nuwe kyk na wat jy doen.

Presies so ‘n boek is die The Fortune Cookie Principle deur Bernadette Jiwa.

Of jy nou ‘n skoolhoof of ‘n graad 1—juffrou is, hierdie boek gaan jou nuut na jou besigheid laat kyk.  En daaroor laat wonder.

Laat ek dadelik sê dat The Fortune Cookie Principle nie ‘n onderwysboek is nie. Dit is eintlik ‘n besigheidsboek, maar of jy nou skoolhou, wynmaak, preek of ‘n ma van Mom’s Taxi is, jy bedryf eintlik ook ‘n besigheid!

Tina Roth Eisenberg (stigter van Tattly) som dit knap op: If you’re someone who cares about why you do what you do and how you do it, this book is for you.

Die Fortune Cookie Principle lees maklik en is glad nie in hoogdrawende M.B.A-taal geskryf nie. Jiwa illustreer haar stellings met inspirerende stories oor besighede soos Lego, Airbnb, Kimpton Hotel en vele ander.

Hier volg ‘n paar aanhalings wat jou sommer dadelik aan die dink (en lees) sal sit:

People don’t want to buy a quarter-inch drill. They want a quarter-inch hole. – Theodore Levitt, Harvard Business Professor

We are defined not by what we do but by why we do it. …We need to understand our purpose, and without that we’re just going to set up a company to make money to sell it. In a way, businesses need soul, too, and the why is the soul. – David Hieatt, co-founder, Hiut Denim

Consumers don’t want to understand the story. Increasingly, they want to be part of it … – Robert Fabricant

Lees gerus The Fortune Cookie Principle. Jy sal nie spyt wees nie!

(Visited 321 times, 1 visits today)

, , ,

5 Responses to ‘n Nuwe kyk na wat jy doen

  1. Nico Bezuidenhout September, Tuesday 17 2013 at 5:19 pm #

    Dankie vir jou inspirerende woorde en aanhalings. As predikant beleef ek al hoe meer dat mense ook meer sin in hul geloof vind wanneer jy hulle help om te verstaan dat gellof ook ‘n “daarom-kant” het. Mense vra soveel vrae oor geloof, maar geestelike leiers is bang om lidmate te help om by die daarom-kant uit te kom. Deel van hierdie daarom-kant van geloof ontdek jy wanneer jy ‘n klomp tieners vat om ‘n watertenk te gaan posit by ‘n gemeenskappie wat nie watertoevoer het nie.Wanneer jy vir mense gaan sê ek het die Here life en “daarom” doen ek dit. Ek is deel van God se plan vir die wêreld en “daarom” doen ek dit. En skielik besef jy:”… maar ek vind dan nou meer sin in my geloof!” Christus het my vrygemaak en “daarom” is ek vry om lief te hê, vry nood raak te sien, vry om te wees wie God my bedoel het om te wees.

  2. Nico Bezuidenhout September, Tuesday 17 2013 at 5:25 pm #

    Kom ons probeer weer. Sonder spelfoute!!!
    Dankie vir jou inspirerende woorde en aanhalings. As predikant beleef ek al hoe meer dat mense ook meer sin in hul geloof vind wanneer jy hulle help om te verstaan dat geloof ook ‘n “daarom-kant” het. Mense vra soveel vrae oor geloof, maar baie geestelike leiers is bang om lidmate te help om by die “daarom-kant” uit te kom. Deel van hierdie “daarom-kant” van geloof ontdek jy wanneer jy ‘n klomp tieners vat om ‘n watertenk te gaan opsit by ‘n gemeenskappie wat nie watertoevoer het nie. Wanneer jy vir mense gaan sê ek het die Here lief en “daarom” doen ek dit. Ek is deel van God se plan vir die wêreld en “daarom” doen ek dit. En skielik besef jy:”… maar ek vind dan nou meer sin in my geloof!” Christus het my vrygemaak en “daarom” is ek vry om lief te hê, vry om nood raak te sien, vry om te wees wie God my bedoel het om te wees.

    • Rian Truter September, Tuesday 17 2013 at 5:48 pm #

      Dankie vir die wyse woorde, my Allesverlorenmaat! Hou aan om net presies dit te doen wat jy besig is om te doen. En moenie vergeet om dit te SING nie! Mooi loop!

  3. Erich September, Thursday 19 2013 at 11:15 pm #

    Rian..ek gaan beslis na die boekie kyk….dankie! Sterkte daar by julle.

    • Rian Truter September, Friday 20 2013 at 2:44 pm #

      Erich, jy sal nie spyt wees nie! Mooi loop!

Leave a Reply