Ek erken ek weet nie veel van boerdery nie, maar dit gaan my nie keer om vandag ’n kersie vir die meerderheid boere in Suid-Afrika aan te steek nie. Veral nou dat dit lyk of die stof in die wingerde en boorde van die Wes-Kaap vir ’n tydjie loop lê het.
Gelukkig ken ek nie daardie boere waarvan Tony, en die ander man met die swart keps en die graad twee-retoriek, praat nie. Dié boere wat hulle werkers te min betaal en hulle teen hul sin in onmenslike omstandighede laat werk nie.
Dat daar seer sekerlik sulke boere is, dit betwyfel ek nie. Waar daar mens is, daar sal dié onmenslikes wees.
Die boere wat ek ken, van hulle het ek nooit oor die TV gehoor nie. Die boere wat al lankal, so ver as dertig jaar gelede, hulle werkers veel meer betaal as waarvoor hulle vra. Wat aan hulle werkers behuising, en hier praat ek nie van ondergeskikte huisies nie, voorsien. Vir hulle pensioen, mediese fonds en selfs aandele in die plaas gee. Voordele wat nie vir werkers by sommige privaat maatskappye, of party onderwysers wat deur beheerliggame aangestel word, beskore is nie.
Boere wat saam met hulle werkers grootgeword het en wat hulle familie so goed soos sy eie ken. Wat hulle kinders by die sogenaamde ou model C-skole laat leer en hulle selfs universiteit toe stuur.
Maar die man met die keps swyg oor hierdie boere …
Gee die arbeider sy loon, want hy is dit werd. Dit sê die Bybel. Maar die Bybel sê ook dat jy jouself nie op die skouer moet klop nie, laat dit aan ander oor om te doen.
Ek het gewag dat Tony en die kepsman die goeie boere op die skouer moet klop, maar daar het dadels van gekom. Miskien is goeie stories nie goed vir kwaadstokery nie?
Laat ek dit dan vandag maar doen.
Dankie aan al die boere wat lank voor swart keps en sy gehuurde boelies oor die minimum loon begin dink het, reeds hulle werkers met liefde en regverdigheid behandel het.
Nie omdat een of ander wet of staking hulle gedwing het om dit te doen nie. Maar omdat hulle wou.
Want almal op die plaas, is mos onse mense.
The ultimate goal of farming is not the growing of crops, but the cultivation and perfection of human beings. – Masanobu Fukuoka
Farming is a profession of hope. – Brian Brett
Good farmers, who take seriously their duties as stewards of Creation and of their land’s inheritors, contribute to the welfare of society in more ways than society usually acknowledges, or even know. – Wendell Berry
Foto: vitasamb2001/FreeDigtalPhotos.net
Ek stem volkome saam met jou – waar gaan Tony en die kepsman kos kry as die boere dit nie verskaf nie – hulle sal nie eens ‘n ou stukkie vleisie kan braai nie!!!
Net vir interessantheidshalwe sal ek nogal wil weet waar die kepsman sy geld kry om sy mense te betaal as dit so swaar met hom gaan en hy hulls sulke vet salarisse betaal met sy 2 pampoene!!
Wonner self, Magda. Wil liewer nie weet nie, want dit maak my nog net kwater.
Nou praat jy, Rian. Dit is net ‘n politieke opswepery. Die ANC wil die Weskaap he ten alle koste.
Groete Pierre
Yebo my maat! Mooi loop!
Mooi, Rian
So ‘n bek kort “jem!”
Groete
Hennie
ns: Ek dink soms die WKOD kort ook so ‘n bietjie roskam.
Dankie vir die lees Hennie!
Dankie hiervoor, Rian!
Groete
Net een groot vreugde, Pierre!