‘n Onderwyser vra my nou die dag of ek regtig glo dat daar lig in die onderwystonnel is? Of sê ek sommer net so om hulle beter te laat voel?
Sy sê sy byt nou nie meer aan daardie seesterstorie nie, want daar is net te veel seesterre wat teruggegooi moet word. En boonop is daar net hopeloos te min hande vir die teruggooislag!
Natuurlik glo ek dit! Ek glo dit met my hele hart en verstand, maar ek is ook nugter genoeg om te weet die lig gaan nie sommer môre al só helder skyn dat ek ’n donkerbril moet dra nie!
Haar vraag het my onwillekeurig aan my goeie vriend Claude Moller se geliefkoosde gesegde, it’s better to light the candle than to curse the darkness, laat dink.
Hoe dan gemaak om die flou liggie helderder te laat brand?
Daar is baie moontlike antwoorde op dié vraag. Baie geesdrif, passie, omgee, regte pedagogiek, visie, missie, tonne geloof en al dié begrippe is van toepassing. Maar as die branders voel of dit net te veel word en die liggie al dowwer skyn, wil ek die volgende voorstel.
Gaan soggens vroeër skool toe. Ja, jy het reg gehoor. Vroeër.
Moenie personeelkamer toe gaan nie. Gaan reguit na jou klas toe. Maak die deur toe en gaan sit in een van die banke voor jou lessenaar. Sit nou eers net ’n tydjie daar. Staan dan op en gaan sit heel agter waar Mixit Maans en Facebook Francine wegkruip. En dan wonder jy …
Of die volgende Nelson Mandela dalk nie vandag in hierdie bank gaan sit nie? Of dalk die volgende Louis Pasteur? Of die volgende Moeder Theresa? Mahatma Gandhi? Of dalk jou kind of my kleinkind?
Steek dan jou hand uit en verbeel jou jy raak aan die volgende Nelson Mandela.
Wow! Jy is bevoorreg! Jy raak aan die toekoms!
Nie die tandarts, dominee, burgemeester, of self president JZ, kan dieselfde sê nie. Net jy!
‘n Laaste oefeninkie voor jy personeelkamer toe gaan: Klim bo-op een van die banke (moenie bang wees dat iemand jou sien nie) en kry die groter prentjie van waarmee jy besig is. Staan stil. Moenie vroetel of selfbewus wees nie. Maak toe jou oë en vergeet ’n slag van al die assessering en ander departementele rompslomp. Jy is hier vir ’n groter taak as net dít.
Jy is nie hier vir ’n job nie, jy het ’n roeping. Jy is by die naam geroep om ’n onderwyser te wees. Die Here wil jou daar waar jy nou is gebruik. Jy hoef nie weg te foeter na ’n sendingveld wie weet waar nie. Hierdie is jou sendingveld. Moenie een oomblik aan die belangrikheid van jou werk twyfel nie. Moenie dat moangatte, slapgatte en natbroeke jou vlammetjie blus nie.
Onthou die volgende woorde van Marianne Williamson: Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won’t feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It’s not just in some of us; it’s in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.
Ja, jy gaan moeg en geirriteerd raak. Jy gaan soms twyfel. Jy gaan dink jy word nie genoeg betaal nie, maar onthou altyd net dit: as jy eendag in die hemel kom (onderwysers gaan volgens my soontoe, want hulle hel was op aarde J) gaan die grootste onderwyser van alle tye vir jou wag en Sy hand na jou uitsteek en sê:
O Captain! My Captain!
OK. Klim van die bank af. Jy is nou gereed!
Sit jou donkerbril op en gaan personeelkamer toe.
En as mense jou vra wat is dit dan nou met dié bril, dan klap jy hulle met Oprah W: die toekoms skyn so helder dat ek ’n donkerbril móét dra!
I touch the future. I teach – Christa McAuliffe
Teachers can change lives with just the right mix of chalk and challenges. – Joyce A. Myers
A teacher affects eternity he can never tell, where his influence stops. – Henry B. Adams
Foto: adamr/FreeDigitalPhotos.net
Hello Rian
Dankie, ek het dit sommer vir my alledaagse uitkyk ook gebruik. Moenie vir die geleenthede wag nie, MAAK hulle
Dankie, Jakkie! Shake rattle en roll my maat!
Hi Rian
Baie dankie vir bemoedigende woorde! My strewe vir die jaar is ook om elke dag voluit te leef en dit te geniet!! Ons leef net een keer!!!
Dankie, Pierro! Een lewe; leef dit!
Baie mooi boodskap en sterkte aan alle onderwysers. Ons sal moet leer om alles wat ons doen in die mooi land in geloof te doen. Ek sit ook sommer nou my donkerbril op!
Dankie, Stoney! Dra daai shades!
NOUprajy !
Dankie!
Dankie Rian. Ek gaan die stof maak die jaar en die wat nie wil stof eet nie moet dood eenvoudig bybly.
Dankie vir jou positiewe boodskappe.
Pierre
Gaan groot! Was goed om jou weer te sien! Lekker in die Baai gekuier gister.
Dankie hiervoor. Ek is voorsitter van Governing Body van Holy Cross Primary in George. ek het jou voorbeeld gebruik in n bemoediging aan hulle met baie positiewe terugvoer. Ek glo ons onnies het mense soos jy se woorde van bemoediging so nodig. Dankie daarvoor
My vreugde, Jannie! Gebruik soos nodig en druk op my nommer as ek kan help!