En die nuus oor die kaalvoetdag hou nie op nie!
Laerskool Van Riebeeckstrand (Melkbos) het laat weet hulle kaalvoetdag was ‘n groot sukses en Russel Pitchers van Laerskool Warrenton skryf:
Môre Rian
Ons, Laerskool Warrenton, het ook jou uitdaging aanvaar en toe sommer self met die Potato Foundation geskakel. Wat ‘n lieflike inisiatief en projek!
Ons het ons dag egter geskuif na die Vrydag, lekker kaalvoet skooltoe gekom, sommer met gewone klere ook. Die geld wat ons met die dag gemaak het gaan ons aan hulle gee en die 352 pare skoene het ons aan ‘n welsynsorganisasie op die dorp(Thabisho) gegee om te versprei. Toe val ons Vrydag, 19de, ook nog so dat dit sommer lekker koud was.
Ou tannies van die dorp se VLV het ook hiervan gehoor en sommer ook kom deel in die pret. Ek stuur so twee foto’s – die res sal volg.
Dankie ook weereens vir Piesangs en Jellietots.
Groetnis
No comments yet.