Alles loop verkeerd … verkeerd!

Ek is seker jy het ook al sulke dae beleef.

Dae wat jy glo iemand of iets het ‘n vendetta teen jou.  Teen jou persoonlik, want dit voel of alles wat die gees kan gee dit nogal met groot genot en vreugde doen. Van die swembadpomp tot die huis se trip switch.

En dan lyk dit my of hulle dit beplan. In die geheim; ‘n sameswering om saam te breek of op te hou werk.  So asof hulle jou wil spite en sê kyk nou hoe kom jy sonder ons klaar. Jy waardeer ons mos in elk geval nie! Ons ís mos net daar.

Donderdag was weer só ‘n dag in my lewe. Meer donder as dag.  Alles wat kon breek, het.  Weg was Toyota se klingel van alles loop reg. Amper meer soos Murphy se wet wat beweer dat as iets verkeerd kan loop, dit beslis sál.

Dit was toe ek amper ‘n paar goed uit frustrasie, en woede, ook op die totniet-lysie bygevoeg het, dat ek Havard Busines Review se raad vir presies sulke situasies onthou. Die raad is eintlik vir sakemanne bedoel, maar dit werk net so goed vir wasmasjiene, geysers en ander irritasies.

When the unexpected arrives at your door, do these three things:

Stop. If you feel pressured to make a decision, stop what you’re doing. Give yourself a chance to think before acting.

Assess your options. Don’t waste time wishing things were different. Think about the best outcome in the given situation, the information you have at hand, and the available resources. Then lay out your options.

Move forward. Based on your new assessment, make a decision and commit. Even if the decision isn’t ideal, accept that it’s the best under the circumstances

Ek wens nou net as my volgende Donderdag aanbreek, ek darem verder as die eerste punt sal kom!

 

Moenie toelaat dat dit wat jy nié kan doen inmeng met wat jy wel kan doen nie. – John Wooden

A man who carries a cat by the tail learns something he can learn in no other way. – Mark Twain

Great events make me quiet and calm; it is only trifles that irritate my nerves.  – Queen Victoria

Image: www.funnycorner.net

 

(Visited 263 times, 1 visits today)

,

5 Responses to Alles loop verkeerd … verkeerd!

  1. Este January, Monday 23 2012 at 8:17 am #

    🙂

  2. Marlise January, Saturday 28 2012 at 10:57 am #

    En ‘n impromptu braai met die regte geselskap help darem ook! 🙂

    • Rian Truter January, Sunday 29 2012 at 4:30 pm #

      100% reg Marlise! Was goeie medisyne.

  3. Nina February, Thursday 2 2012 at 9:45 am #

    Het dit nou so nodig gehad. Ek ervaar ‘n erge “Donder-dag”. Bietjie perspektief. Baie dankie.

    • Rian Truter February, Thursday 2 2012 at 2:05 pm #

      Vasbyt! Dit gaan verby… tot vlg Donderdag!

Leave a Reply