Lekker in die Kaap

Die Kaap is ‘n lekker plek!

Hier is ’n berg, die see en baie wyn.

En boonop is ons mense snaaks. Ons praat snaaks en ons doen ook snaakse dinge.

As die Stormers op Nuweland speel, dan skree van ons selfs vir die ander span! En as dit nie werk nie; dan foeter ons mekaar sommer daar en dan.  Een vir jou ma en …

Maar dit bly lekker in die Kaap!

My vriend Braaitang besluit ’n tydjie terug om weer met die trein Kaap toe ry. Sommer om net weer die nostalgie van die Sokker Wêreldbeker te herleef.

By Parow klim ’n vrou op en kom sit oorkant hom.

Toe sy groet (Ja, ons doen dit in die Kaap!), sien hy sy het nie voortande in haar mond nie.

’n Tydjie later haal sy ’n appel uit haar inkopiesak en begin dit blink vryf.

By Goodwoodstasie blink die appel toe nou al soos een van daai glitterbolle in ’n disko en hy begin wonder wat haar plan met dié appel is.

Net toe die trein weer wegtrek, hou sy dit na Braaitang toe uit en sê: Start hom net vir my asseblief!

Dit bly maar lekker in die Kaap.

’n Sakkie biltong en ’n samoesa …

A joke is a very serious thing. –  Winston Churchill

When humor goes, there goes civilization. – Erma Bombeck

A humorist is a person who feels bad, but who feels good about it. – Don Herold

(Visited 278 times, 1 visits today)

, , ,

12 Responses to Lekker in die Kaap

  1. Erich April, Thursday 4 2013 at 2:07 pm #

    Love it,Rian!

    • Rian Truter April, Thursday 4 2013 at 2:31 pm #

      Dankie, Erich! Hoop jy rus lekker.

  2. magda basson April, Thursday 4 2013 at 2:09 pm #

    Dit was ‘n goeie een. Ja nee ek sê altyd die Kaap bly die beste – of dit nou die weer, die wyn of die sêgoed is!!

    Geen ander provinsie in ons pragtige land en beter sêgoed as die Kapenaars nie.

  3. Altus Tolken April, Thursday 4 2013 at 2:55 pm #

    Skreeuw!

    • Rian Truter April, Thursday 4 2013 at 3:35 pm #

      Waar’s dit lekker? Hier’s dit lekker! Dankie, Altus!

  4. Erich April, Thursday 4 2013 at 6:11 pm #

    Ja,ja moet nou net nie te veel oor die mooie Kaap aangaan nie hoor. Netnou kom klop die Bulle julle op Nuweland!

    • Rian Truter April, Thursday 4 2013 at 6:36 pm #

      Alles is moontlik met die Stormers!

  5. Jacob Rheeder April, Friday 5 2013 at 11:13 am #

    Hehe, dit bly classic. In my rookdae het ek ook ‘n maat gehad wat laataand eers sy vrou koetnait soen en dan saam met my sit en ‘n paar trekke vat terwyl die kole grys word. Maar hy kon nie ‘n siggie so uit die blokke rook nie, so ek moes hom ook eers altyd vir hom start.

  6. Pierre Hauman April, Tuesday 9 2013 at 11:23 am #

    Lekker, ja – baie lekker, maar die Maties hoef dit darem nie SO lekker vir die Tukkies te gemaak het nie.
    Groete

    • Rian Truter April, Tuesday 9 2013 at 4:16 pm #

      Ai, Pierre. Lyk my hulle het die omgee vir jou naaste te letterlik opgeneem?

Leave a Reply