Ek het ‘n rukkie gelede ‘n nuwe woord geleer.
Entropy.
Sê vir my niks, hoor ek jou sê. Wag net, die woord is baie meer potent as die sewe letters wat dit lank is.
Volgens die woordeboeke beteken dit onder andere everything that is left to itself has a tendency to deteriorate. Ek het gedink ek snap dié begrip. Is dit dan nie wat met my lyf gebeur het nie?
Maar eers nou die dag, nadat ons ons swembad ’n nuwe lining gegee het, het ek dit regtig met my volle verstand verstaan en regtig begryp.
Dit was asof die swembad ons skielik ’n klomp ander goed ook laat doen en sien het. Goed wat lankal reggemaak of weggegooi moes gewees het. Maar wat net vir iets of iemand gewag het om die lont aan die brand te steek.
Voor dit was ons amper in ’n vakuum van entropy. Ons weet van al die goed, maar ons sien dit nie meer nie en het geleer om daarmee saam te leef. Dis nou nie wonderlik nie, maar dis OK.
John Ortberg beskryf dié toestand so: When you settle for the path of least resistance in some area of life, entropy set in, dreams die, and hopes fade. Then a terrible thing happens: You learn you can life with mediocrity. It’s not a great life but you can tolerate it.
Die ergste hiervan is dat ons, as gevolg van hierdie ou woordjie, ons drome laat sterf. En saam daarmee verdwyn ons hoop op iets beter. Die groter TV, die ekstra kamer of die eksotiese vakansie of selfs die opgeroesde kruiwa wat weggegooi moet word, ontspoor in iets brandsiek en uitgeteer. En dan gee ons oor…
En eers as die swembad weer diepblou skitter, besef ons Kanaan was toe eintlik op ’n ander plek. Nie daar waar ons onself gaan parkeer het en vir onsself gelieg het dat perdebolle vye is nie!
Die nuwe jaar is nog net ’n maand oud. Het jy vergeet van al daardie beloftes aan jouself vir 2013?
Hou dan dadelik op om dubbel te parkeer! Ortberg het ook gesê entropy is a great enemy of the human spirit!
Kyk bietjie met nuwe oë om jou rond en draai daai entropy-monster soos Siembamba vinnig nek om!
Jou gees is baie groter as dié simpel sewe-letter-woordjie!
There is real magic in enthusiasm. It spells the difference between mediocrity and accomplishment. – Norman Vincent Peale
We must accept finite disappointment, but never lose infinite hope. – Martin Luther King Jr.
Just because a man lacks the use of his eyes doesn’t mean he lacks vision. – Stevie Wonder
Dit het vir my nou op’n besonderse manier ‘n nuwe betekenis gekry. Dankie. Ek begin met ‘n ander entoesiasme. Groete.
Go BIIIIGER, Chris!
Oh my dear!! ENTROPY = Me .. ever so often!!!
My garage en buitekamer en filing en kaste wag terwy ek lê en TV kyk….”môre is nog ‘n dag..”
A nee a…. Gaan nou opstaan en daai entropy-dêng gooi in d sloot … sal laat weet wanneer is hy DOOD!!
Thx Rian… Altyd lekker om jou wys woorde te lees!!! Merleen
Go for it, Merleen! Daai advertensie van die ou met die groot geel telefoon wat se Go BIIIGGEER! Dit is die antwoord!
Dankie. Ek vermoed mens spel dit “ENTROPIè” in Afrikaans. Dewet Watsenaam, n afgetrede National Geographic-fotograaf, het gepraat van : “CHANGE YOUR LENS; CHANGE YOUR LIFE” Om dus met nuwe oè, na die “bestaandes” in ons lewens te kyk; Om raak te sien, wat ons ‘oorsien’. Entropie is waarskynlik die disintegrerende effek van gelatenheid. Bloei, kan ook egter kom uit verval; Lig word altyd in en vanuit donker, gebore. Oooeee, wetterweet, as NAFI-GEIT jou eers beet het, is dit EERSTENS die INSIEN van ons OORSIEN, wat die lelie uit ons ashoop laat blom.
Claude, jy se dit net so mooi soos Ortberg. Gaan definitief met erkenning jou definisie gebruik as ek weer hieroor praat! Dankie!