Wat is dan fout met nét meneer?

Is dit net ons ou volkie wat só behep is met titels?

Of ly die hele wêreld aan hierdie siekte wat jou menswees en belangrikheid aan ’n titel koppel?

Mense dink jy weet iets van iets as jy doktor of professor só of só is, want ’n gewone meneer is mos amper net soos ons.  Waar sal sy kennis dan nou  vandaan kom en wat sal hy dan nou meer weet as ek?

Maar as hy ’n boek geskryf het… Of ’n CD gemaak het, dan volg ons hom sommer weer ’n keer kaalvoet oor die Drakensberge!

Dit is waarom ek sê, moenie vir jou kind ’n erfposie nalaat nie. Doop hom van die begin af professor Swanepoel. Vir die res van sy lewe sal hy nie eens hoef te leer nie, want die wêreld gaan hom op sy titel takseer en nie op wie hy is nie.

Amper soos onse eie Pallo. ’n Intellektueel het sommige, en koerante, hom genoem.

Miskien was dit omdat ons meer waarde aan die titel geheg het, as aan die ware mens self?

Ons dig so baie waardes en eienskappe aan ’n titel toe, dat die mens dit nie eens as ’n karaktereienskap hoef te besit nie.

Geen wonder dat ons ouer garde beweer die jonger geslag het ’n gebrek aan respek nie.

Maar miskien het die jonger geslag net nie die titelbril op wat die ouer geslag mee geboei word nie.

Ek begin al meer glo hulle is dalk reg, want respek is iets wat verdien moet word en nie saam met ’n titel gekry (of gekoop) word nie.

Waar het ek nou weer gelees, dat al dra ’n aap ’n goue ring, bly hy maar ’n simpel ding?

 

Moenie jou eie beuel blaas nie. Moenie vir almal vertel hoe goed jy is nie. Laat ander mense dit liewer doen. – Spreuke 27:2

When the game is over, the king and the pawn go into the same box.Italian proverb

Whenever I climb I am followed by a dog called “Ego”. – Friedrich Wilhelm Nietzsche


 

(Visited 255 times, 1 visits today)

, , , , ,

4 Responses to Wat is dan fout met nét meneer?

  1. Etienne August, Thursday 14 2014 at 9:13 pm #

    Rian

    Sowaar, jy het my vanaand weer laat dink – soos altyd! Groetenis

  2. Rian Truter August, Thursday 14 2014 at 10:53 pm #

    Dankie, Etienne! Dankie vir die lees. Hou die pot aan die roer daar in CT. Mooi loop!

  3. Pierro Louw October, Tuesday 21 2014 at 4:14 pm #

    Hallo Rian
    Alles so waar!! Party mense neem my mos kwalik dat ek nie as meneer aangespreek wil word nie! Maak nie van my ‘n beter mens om MENEER te wees nie!
    Groete
    Pierro

    • Rian Truter October, Tuesday 21 2014 at 6:25 pm #

      Hou by waarin jy glo, Pierro! Meneer is uitgedien! Mooi loop!

Leave a Reply