’n Vriend van my stuur my nou die dag hierdie ysingwekkende nuus oor ’n familielid van hom. Lees die onderstaande gedeelte wat in Beeld verskyn het en kyk of jy nie in ’n koue sweet uitslaan nie. (Dubbelkliek om te vergroot)
Wat as dit jou kind was? Ons kind ís in Abu Dhabi!
Om Francois terug te bring gaan baie gebede en geld kos. Gebede is maklik, want jy kan dit sommer daar waar jy dié storie lees doen, maar geld is ook wat hulle nou nodig het.
Dit is dan ook om die rede dat my vriend Erich Cloete ’n nuwe manier van fondsinsameling op die proef stel.
Crowdfunding.
Dadelik hoor ek jou sê, wat is dit?
Crowdfunding is ’n manier om fondse in te samel deur vir baie mense, waarvan jy die meeste nie ken nie, vir ’n klein bydrae te vra. Jy hoef dus nie jou erfporsie weg te gee nie. Elke rand is ’n spreekwoordelike druppel in die emmer.
Op dié oomblik het hy al R 8 350 ingesamel, maar dis nog baie ver van wat nodig is. As as jy weet van iemand wat n passie vir so iets sal hê, of wie se hart op die regte plek sit, stuur asseblief hierdie storie aan. Aan so veel mense as wat jy ken. Dankie.
Hier is die skakel: https://gogetfunding.com/free-francois/
Kom ons bring vir Francois huis toe… waar hy hoort.
The purpose of human life is to serve, and to show compassion and the will to help others. – Albert Schweitzer
Love and compassion are necessities, not luxuries. Without them humanity cannot survive. – Dalai Lama
True compassion means not only feeling another’s pain but also being moved to help relieve it. – Daniel Goleman