Lesse uit die Siekeboeg

My pa saam met my en Beyers

Ek het so pas Mitch Albom se boek Have a Little Faith klaar gelees. Sy besoeke aan sy rabbi het my opnuut aan my besoeke aan my oorlede pa in die siekeboeg laat dink. Hier volg my gewaarwordige:

Ek kan nie sê dat die besoeke aan my pa in die siekeboeg van die aftree-oord, die opwindendste oomblikke van my week nie is nie.

Enige mens wat sê dat siekte, swaarkry en hulpeloosheid hom opgewonde maak, lewe beslis nie; hy voer slegs ‘n bestaan.  Net soos die omies in my pa se kamer in die siekeboeg.

’n Bestaan in ’n wêreld van hulle eie.  ’n Wêreld waar alles wat jy eens was deur tyd van jou afgestroop is tot waar jy nou deur vreemde mense gebad en gevoer word.  Waar jy nie meer weet wat jy het, wie jy is en hoe laat dit is nie.  Waar alles wat eens baie belangrik was, nou tot ’n ronde nul vervaag het.

Maar dit is tydens hierdie keel-toetrek-besoeke, want dit is asof die gordyn van môre vir my so ’n bietjie eenkant toe geskuif word, dat ek opnuut besef dat die lewe kort en kosbaar is. 

Dit is dan dat ek weet hoe bevoorreg en geseënd ek is.  En meer as alles, dat ek hopeloos te swaar dra aan aardse dinge.  Dat ek moet afgooi en begin ligter leef.  Met eenvoud en oorgawe leef, want dalk sal ek dan met groter dankbaarheid omgaan met dit wat ek so alledaags en as ’n gegewe reg beskou.

Phillip Yancey vertel in sy boek Where is God when it Hurts? dat Bruno Bettelheim sê die konsentrasiekampe van die Tweede Wêreldoorlog het die gevangenes die volgende lewenslesse geleer: Our experience did not teach us that life is meaningless, that the world of the living is but a whorehouse, that one ought to live by the body’s crude claims, disregarding the compulsions of culture.  It taught us that, miserable though the world we live in may be, the difference between it and the concentration camps is as great as that between night and day, hell and salvation, death and life.  It taught us that there is meaning to life, difficult though that meaning may be to fathom – a much deeper meaning than we have thought possible before we became survivors.

En dit is wat my pa en sy kamerade in die siekeboeg geword het: survivors!  Mense wat met elke bietjie krag bly vasklou aan die lewe.

Hoekom? Waarom? Watter sin is daar om so te lewe?  Dit is tog nie regtig lewe as jy só swaar kry nie.  Hoe kan enige iemand sulke lyding met die lewe verwar?

Monika Hellwig, ’n Rooms Katolieke non, het in haar skrywes die voordele van armwees besing.  Yancy het op sy beurt gegaan en ook diegene wat swaarkry by haar armes gevoeg:

  • Those who suffer rest their security not on things, which often cannot be enjoyed and may soon be taken away, but rather on people.
  • Those who suffer have no exaggerated sense of their own importance, and no exaggerated need of privacy. Suffering humbles the proud.
  • Those who suffer expect little from competition and much from cooperation.
  • Suffering helps us distinguish between necessities and luxuries.
  • Suffering teaches patience, often a kind of dogged patience born of acknowledged dependence.
  • Suffering teaches the difference between valid fears and exaggerated fears.
  • To suffering people, the gospel sounds like good news and not like a threat or a scolding.  It offers hope and comfort.

As ek later by die voordeur van die siekeboeg uitstap en my oë opslaan na Tafelberg in die verte, dan weet ek dat die lewe aan hulle behoort wat huil, want hulle sal lag en rondspring van vreugde, want “aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”. (Matt. 5 en Luk. 6)

Dan weet ek waarom hulle almal nog so verbete vasklou aan die lewe.  Daar is tóg sin in die lewe.  Dalk nie meer vir hulle nie, maar vir my wat elke keer met ligter tred uit daardie siekekamer stap.

Soos die geluid van my skoensole op die blink vloer, hoor ek die  meester in Kung Fu Panda aan die oorgewig beertjie sê: You are too concerned about what was and what will be.  There is a saying: Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today is a gift.  That is why it is called the “present”.

Een lewe, leef dit!

 Die sin van die lewe lê in die sinmaak van die lewe. – Willie van der Merwe

 

I walked a mile with Pleasure;

She chatted all the way;

But left me none the wiser

For all she had to say.

I walked a mile with Sorrow,

And ne’er a word said she;

But, oh! The things I learned from her,

When sorrow walked with me.

      Robert Browning Hamilton

  

(Visited 279 times, 1 visits today)

, , ,

6 Responses to Lesse uit die Siekeboeg

  1. Cari September, Sunday 4 2011 at 4:59 pm #

    Baie mooi!

  2. mona September, Sunday 4 2011 at 6:07 pm #

    Die persone wie na die bejaardes moet omsien is ware engele! Daar word n besondere persoonlikheid vereis om die trauma en morbiediteit (laat ons eerlik wees!) dag na dag te moet aanskou , hanteer en dan nog die inwoners met soveel deernis te behandel soos wat hulle wel doen. Ek dank die Vader vir sulke engele ook oor my ouers se pad gestuur!

  3. Erich September, Sunday 4 2011 at 7:27 pm #

    Ongelooflik hoe sterk die familietrekke tussen jou, jou pa en Beyers is. Om so ‘n situasie te hanteer, waar die wat eens was nou net is, vereis genade en sommer baie daarvan. maar dis soos jy aanhaal….self in die trane, miskien juis daar, is God se teenwoordigheid op sy sterkste.

    • Rian Truter September, Sunday 4 2011 at 10:03 pm #

      Ja, die Truters lyk nogal baie na mekaar. Hoe ouer hoe meer dieselfde!

  4. Pierre September, Monday 12 2011 at 11:02 am #

    Ek stem saam, Rian. Leef voluit, want dit is n kort lewetjie. 80 of 90 jaar klink lank, maar kan in n oogwink verander. Mooi bly.

  5. Este September, Tuesday 13 2011 at 9:00 am #

    Baie mooi!

Leave a Reply